Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Sunday, March 1, 2009

Waarom regs reg is

Enkele jare gelede het Phillip du Toit, met die hulp van Gaye Derby-Lewis, sy boek The Great South African Land Scandal uitgebring. Du Toit is allerweë as 'n rassis uitgekryt (groot verrassing.) Daar is behoorlik in sy karakter ingeklim. Sy akademiese kwalifikasies is byvoorbeeld bevraagteken. Die aanvalle het, soos gewoonlik, nie juis probeer om die feite soos in sy boek opgehaal te betwis nie. Dit was eerder 'n geval van skiet die boodskapper en pleeg karaktermoord op die skrywer, as om in debat te tree oor die aktuele punte in sy boek.

Sedert Du Toit se boek verskyn het, het sy voorspellings akkuraat blyk te wees, tot só 'n mate dat die Departement Grondsake stilletjies erken het dat sy 2014-teikens onrealisties was. Jy kan eenvoudig nie ongeskooldes sonder hulp op 'n lappie grond neerplak en hoop hulle oorleef nie. 'n Swart joernalis skryf vandag in die Sunday Times 'n verbasende berig wat net sowel uit Phillip du Toit se boek gehaal kon word, wat handel oor die ineenstorting van helfte of meer van al die getransformeerde plase.

Baie van ons kla al baie lank oor die rassisme van regstellende aksie en veral oor die baantjies-vir-boeties tipe aanstellings wat plaasvind. Mosiuoa Lekota klink deesdae self na 'n closet regse in hierdie verband.

Baie regse kommentators sê al vir donkiejare dat die ANC 'n korrupte kleptokrasie is. Met Yengeni, Zuma, Niehaus en andere is ook daardie opmerking as 100% korrek bewys. Natuurlik. Wat het ons anders verwag toe die NP 'n spul terroriste aan bewind geplaas het?

'n Paar jaar gelede sou enige iemand wat 'n brief gerig het aan 'n koerant wat enige van die bostaande geopper het, sou hy a) beslis as 'n rassis uitgekryt gewees het, en b) heel moontlik van haatspraak aangekla word.

Vandag is dít wat die regses al vir jare sê egter toenemend die heersende ideologie, buiten binne die ANC self. Al die belangrike opposisiepartye, vanaf Cope tot by die OD, gaan die regses se denke gebruik om die verkiesing mee te beveg. Die enkele oorblywende randeiers wat nog steeds weier om die voor-die-hand-liggende in te sien, is jammerlik geïsoleerd. Hulle een, en inderdaad hulle enigste, verweer is om steeds sporadies en flouerig "rassisme" te skree, maar met so min oortuiging dat selfs nie eens hulself hulle eie krete eens meer glo nie.

Dit is duidelik dat die regses die leiers is wat toekomsvisie aanbetref, vir 'n hele aantal jaar al. Dit was óns wat die ding lankal sien kom het, toe die naïewes hulle ANC-lidmaatskapkaarte gaan afhaal het.

Daarom verwonder ek my aan diegene wat nog so dapper wil wees om ander regse gedagtes of voorspellings soos oa 'n volkstaat summier as onmoontlik af te maak. Regtig? Wat sal gebeur as daar 2 miljoen blankes oor is en Suid-Afrika word 'n tweede Zimbabwe, met 'n algehele ineenstorting van die staat, byvoorbeeld omdat die einste grondhervorming die land se ekonomie vernietig het? Dit sal 'n dapper persoon, of 'n groot gek, neem om te voorspel dat dit nooit, ooit kan gebeur dat blankes noodgedwonge sal moet afstig of konsolideer in een gebied nie, al is dit bloot om te oorleef.

Never say never.

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator