Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Tuesday, March 17, 2009

Wanneer die feite gevaarlik is

Leon Boshoff, die Leeus-rugbyspan se voorspeler-afrigter, is geskors agv beweerde "rassistiese" aanmerkings teenoor twee spelers. 

Ek het die Beeld se berig gelees oor sy skorsing, maar ek kan nie mooi verstaan wat sodanig rassisties sou wees aan sy opmerkings soos in Beeld aangehaal nie.

Boshoff het volgens die berig bloot gesê dat Earl Rose en Lawrence Sephaka dit nog ver sal bring agv hulle velkleur.

Wat is rassisties daaraan? Dit is bloot 'n feitelike stelling, een wat uitwys hoe miljoene swartes deur regstellende aksie bevoordeel word. Dis nie nuus vir enige iemand in Suid-Afrika nie; dis inteendeel regeringsbeleid. Dit gebeur elke dag, in elke staatsdepartement, onder andere. Is dit nie juis die bedoeling van regstellende aksie om anderskleuriges op grond van hul velkleur bo blankes te bevoordeel nie?

Waarom sou die maak van 'n feitelik-korrekte stelling Boshoff dus moontlik sy werk kos? Is dit op een of ander manier gevaarlik? Verbeel die bestuur van die Goue Leeus of die owerhede dat mense dit nie weet nie? Of mag slegs blankes nie uitwys dat die regering se beleid van regstellende aksie juis effektief werk nie?

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator