Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Monday, March 9, 2009

Indien nie selfbeskikking nie, wat dan?

Dis uiteraard maklik om die idee van 'n volkstaat of selfbeskikking af te skiet. Die beste stuurmanne staan mos altyd aan wal, en daar is heelwat besware wat mens telkens teen 'n volkstaat hoor.
 
"Blankes is te lui om hulle eie werk te doen."
 
"Dit is reeds probeer en het platgeval."
 
"Daar is te min Afrikaners en hulle is versprei oor die land."
 
Nou goed, kom ons neem vir die doeleindes van die argument aan dat 'n volkstaat vir welke rede ook al nie haalbaar of werkbaar is nie. (In welke geval ons onmiddelik moet sê Lesotho of Montenegro het ook nie 'n bestaansreg nie, maar nietemin.)
 
Wat dan?
 
Kom ons kyk wat die toekoms vir Suid-Afrika waarskynlik sal inhou:
 
1. Die getransformeerde staatsdiens gaan nie wonderbaarlik op sigself herstel nie. Soos die ou blanke toppies aftree wat die plek nog op 'n manier aan die gang hou, gaan dinge inteendeel net al hoe erger raak. As jy gedink het beurtkrag was erg, wag tot jy beurtwater en beurtriool het. Kyk bloot na enige land noord van ons grense. Dis ons voorland.
 
2. Wie dink eerlikwaar 'n ANC onder Zuma en veral met die SAKP aan die stuur van dinge, gaan minder korrup en meer liberaal-demokraties word? Julle bedoel soos Nigerië?
 
3. Toon misdaad enige beduidende afname? Ek praat nie van 'n paar persent hier en daar nie, ek praat van 'n daling van 50 moorde per 100,000 bevolking per jaar na Westerse vlakke, van sê 2 per 100,000 per jaar.
 
4. Gaan onwettige immigrasie verdwyn? Daar is 'n haas onuitputlike bron van immigrante noord van die Limpopo en geen effektiewe grensbeheer nie.
 
5. Gaan regstellende aksie verdwyn onder 'n ANC regering? Dis eintlik maar dieselfde as vraag 1, want die oorlog teen kundigheid gaan nie ophou nie, en daarom is daar geen hoop op herstel in oa die staatsdiens nie.
 
6. Gaan die aanslag teen Afrikaanse moedertaalonderrig einde kry?
 
Weer eens, dis maklik om ander mense se idees af te skiet. Wat stel diegene voor wat nie van selfbeskikking hou nie, of is hulle tevrede om saam met die Titanic na benede na 'n tweede Zimbabwe te sink?
 
 
 

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator