Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Tuesday, March 10, 2009

Naspers se voordurende propagandaveldtog oor Belhar

Neels Jackson, Beeld se godsdiensredakteur, skryf opnuut 'n lang en huilerige stuk oor die wenslikheid van eenwording met Allan Boesak-hulle se VGK. Hierin word hy ondersteun deur die ekstreem-linkse voormalige dominee, Nico Smith – lees Smith se antwoorde op Jackson se blog. (Wat IS dit met NGK teoloë en hulle gatlekkery? Beyers Naudé, Coenie Burger, Nico Smith en les bes Carl Niehaus.)

 

Hier het ons alweer die tiperende Naspers-propaganda, die blindelingse aanbidding van die afgod van multikulturalisme, die Baal wat ten alle koste eerbiedig móét word.

As jy wil argumenteer dat dit gaan oor eenheid, dat blote tweespalt tussen Christelike broers op sigself onwenslik is, waarom doen Jackson en Smith dan nie ook beroepe vir die NGK om 'n afvaardiging na Rome te stuur om oor eenwording tussen die Katolieke en die Christene in die NGK te onderhandel nie?

Nee; dit gaan oor Naspers en die ekstreem-linkses soos Smith se obsessie met die multi-kulti afgod, wat God as hulle nuwe objek van aanbidding vervang het. Dit gaan oor gewaande wit skuld en die afgod bekend as "inklusiwiteit." Dit gaan allermins oor Christelike eenheid.

As dit oor eenheid gegaan het, was daar soortgelyke druk op die NGK en Gereformeerde Kerk om saam te smelt. Dis makliker om oor die sing van psalms saam te stem as om die NGK lidmaat te oortuig waarom ons ons enigsins moet steur aan korrupte bedrieërs soos Boesak wat ons wil meen te vertel hoe die lewe werk.

Tog is die voortdurende propagandaveldtog, ook Jackson s'n, spesifiek gefokus op Belhar, 'n afstootlike politieke traktaatjie wat niks meer of minder is as die refrein: "blank=rassis" nie. Dit gaan oor die linkse se verbetenheid om multikulturalisme teen wil en dank in ons kele af te forseer, om die raskitaar tot die dood toe te slaan.

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator