Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Thursday, March 5, 2009

Wat nou gemaak?

Siende dat my vorige blog gehandel het oor my ja-stemmery in die 1992-referendum, help dit seker nie om nou passief te sit en jou lot te bekla nie. Wat nou gemaak?

Vir my is dit nie so moeilik om te bedink nie, mits jy 'n paar feite aan jouself wil erken. Daardie feite is:

1. Ons is Westerlinge op 'n kontinent waar die Afrika-"mindset" en kultuur dominant is, iets wat lynreg met ons s'n bots. East is east and west is west, and never the twain shall meet.

2. Wat in my as Afrikaner se belang is, is meestal nie in 'n Afrikaan se belang nie. Regstellende aksie word verafsku deur 'n groot meerdeheid blankes, maar is egter baie gewild onder swartes, veral die middelklas wat voordeel trek daaruit.

3. Afrikane is 'n oorweldigende groot demografiese meerderheid. Dus: in 'n een-man-een-stem opset, kan 'n minderheid met lynreg-verskillende belange nooit iewers kom nie. Cope, die ANC-Lite, gaan ons ook nie help nie. Hulle is maar net die Mbeki-faksie van die ANC, maar met narre soos Boesak as deel daarvan, is dit naief om ons hoop op hulle te vestig.

1, 2 en 3 dui daarop dat die Nuwe Suid-Afrika miskien voordele inhou vir die Afrikaan-meerderheid, maar beslis nie vir die Westerse minderheid nie. Hoe gouer ons daarmee vrede maak, hoe gouer ons die kopskuif ondergaan, hoe gouer kan ons Plan B maak.

Wat is Plan B?

a) Skryf die idee van 'n reënboognasie af as 'n "bad job." Dit was 'n idealistiese idee wat toe nou nie gewerk het nie. Dis soos 'n huwelik wat nie uitgewerk het nie - daar was fout aan albei kante, maar dis nou tyd om aan te beweeg en die egskeiding amptelik te maak.

b) Soek na 'n alternatiewe bedeling en model vir blanke Westerlinge - of dit nou 'n volkstaat of selfbeskikking binne die landsgrense is soos die Baske het is, maak nie saak nie. Kry net een wat haalbaar en werkbaar is, al is dit dan 'n Afrikaner-owerheid, soortgelyk aan die
Palestynse Owerheid, vir wie ons kan stem, aan wie ons belasting gaan, en wat na ons belange omsien.

Die Palestynse Owerheid sien ook om na 'n volk wat in 'n gebied woon wat beset word deur 'n ander volk. Nes die geval in Suid-Afrika is, is daar wel Israeliese nedersettings tussen die Palestynses op die Wesoewer.

c) Konsentreer op die bereiking van (b) en vermy hopelik in die proses 'n burgeroorlog, maar moet andersyds nie terugdeins as jy met een gedreig word nie. Soos Beert 'n ander blogger, sê: g'n politiek is moontlik sonder die dreigement van oorlog nie.

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator