Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Wednesday, March 11, 2009

Swart vrouens is 'n duur stokperdjie

Hierdie rubriek in die Mail & Guardian was vir my nogal interessant. Dis deur 'n swart vrou geskryf, wat die gebrek aan hubare mans in Sandton bekla. Dis is seker 'n universele verskynsel, maar dit lyk of om veral met swart vrouens uit te gaan of getroud te wees, nie 'n goedkoop stokperdjie is nie. Selfs die armste weeklikse arbeider moet derduisende rande aan lobola betaal.

Ek het saam met 'n swart programmeerder gewerk wie se aanstaande 'n B. Com graad gehad het, wat haar markwaarde beduidend verhoog het. Laas toe ek hom gesien het, was hy aan't spaar vir die R150,000 lobola wat haar pa-hulle vereis het. Ook Carl Niehaus moes sowat R30,000 opdok. Carl is een ou wat eerstehandse ervaring het van die kostes van dié stokperdjie.

Nádat Carl Niehaus van sy vuurvreter voormalige vrou, Jansie, geskei is, het hy twee keer met swart vrouens getrou. Indien sy finansiële moeilikheid nie daar begin het nie, het dit duidelik bygedra tot sy huidige verknorsing. Ek probeer steeds bedink hoe mens dit kan regkry om R100,000 in een week op 'n eilandvakansie kan verkwis. Eet jy oggend, middag en aand kaviaar en kreef? Drink jy liters Johnny Walker Blue Label of Veuve Cliquot uit?

Verklaar bostaande die grypsug van die SEB-begunstigdes? Snuffel varke soos Smuts Ngonyama by die trog ten einde 'n hele paar vrouens en 'n string bywywe te onderhou? Dis presies waarom Shaik tronk toe is – Zuma het hierdie einste probleem en Shaik het hom gehelp om sy horde vrouens te befonds.

In die jare negentig was ons nagraadse Stads- en Streeksbeplanningsdosent van mening dat vigs nie net 'n verskynsel onder die armes gaan wees nie. Sy woorde sal my bybly: "Wie gaan die maklikste regkom – 'n werklose of 'n ou met 'n Porsche?" Dit was profeties van hom. Een van die groot redes hoekom vigs versprei, is die sogenaamde "sugar daddy" verskynsel.

In sommige kulture is meisies in skooluniforms skynbaar onweerstaanbaar sexy. Ouer mans, selfs diegene in hulle vyftigs en sestigs, koop dan skoolmeisies met ontwerpersklere en kontant om om seks met hulle te hê. Dikwels het hierdie mans vrouens (selfs meer as een soos ons eerwaarde volgende president) in landelike gebiede. Die virus word sodoende vanaf die provinsie met die hoogste MIV syfer op aarde, KZN, na ander provinsies versprei.

Ek sê al lankal swartmense trek veel beter aan as ons. Daar's nie 'n manier dat jy 'n selfrespekterende swart sakeman in my verslonste jeans en ou skoene sal sien nie. Dit kos egter geld, en as jy met 'n swart vrou wil uitgaan, sal jy moet hoes, boet.

Miskien moet ons Afrikaners dankbaar wees dat nie al ons vrouens so high-maintenance is nie.

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator