Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Thursday, March 5, 2009

'n Volkstaat is nie die enigste model vir selfbeskikking nie

Ek is bly die debat oor die volkstaat het weer opgevlam. Ek, Dan Roodt en andere ploeg nou al 'n paar jaar met die gedagte. Ek het tot al 'n openbare onderonsie met die voormalige voorsitter van die statutêre Volkstaatraad, hulle wat R15 miljoen van ons belasting verkwis het sonder 'n resultaat, gehad oor die onderwerp.
 
Dat die volkstaat praktiese probleme sal veroorsaak, is gewis. Nee, dis nie luiigheid aan die kant van Afrikaners nie, maar eerder byvoorbeeld die geografiese verspreiding van Afrikaners oor 'n land van 2 miljoen vierkante kilometer. Andersyds is territoriale selfbeskikking tog eerste prys. Een rede hoekom so baie Afrikaners vermoor word, is omdat ons 'n grondgebied moet deel met ander volke. As ons vreemdes uit ons gebied kon hou, het die moordkoers onmiddelik na Wes-Europese vlakke gedaal. 
 
Let egter op dat ek verwys na selfbeskikking. Selfbeskikking is die ding wat ons nie tans het nie, en dis selfbeskikking wat aan die kern van die volkstaatgedagte lê. Ek en ander Afrikaners betaal belasting, maar Zoeloes en Xhosas besluit wat om daarmee te doen. My belasting betaal dus vir ander volkere se child grants, en die Zoeloe-Xhosa regime gebruik my geld om teen my te diskrimineer. Dis nie 'n houdbare situasie nie en oa die Amerikaanse Rewolusie is hieroor gevoer: "no taxation without representation", onthou?
 
Die volkstaat is nie die enigste manier om selfbeskikking te verkry nie. Iemand het gister gepraat oor prof Marinus Wiechers en ander se gedagte oor 'n virtuele Afrikanerstaat. Ek stel veral belang in die Palestynse Owerheid (PO) se model. Interessant genoeg sit die Palestyne, veral op die Wesoewer, in 'n baie soortgelyke posisie as wat Afrikaners is.
 
Israel beset die Wesoewer fisies, nes die Xhosas en Zoeloes tans die voormalige Voortrekkerrepublieke se grondgebied beset. Daar is ook Israeliese nedersettings op die Wesoewer tussen die Palestynse dorpe, nes daar swart nedersettings in voormalig blanke gebiede soos Pretoria is.
 
Die Palestyne is ook grootliks onmagtig om iets in die aangesig van 'n Israeliese oormag te doen, nes Afrikaners g'n kans het teen 'n demografiese oormag van ander volke nie. Tog kan die Palestyne vir die PO stem, en aan die PO belasting betaal, al beheer Israel die Wesoewer geografies. Die PO het ook sy eie polisiemag en regeringstrukture. Ek wonder of Marinus Wiechers se model, gekoppel aan die PO se gedagte, nie een alternatief bied nie?
 
Dit sal beteken dat Afrikaners vir ons eie owerheid, die AO ipv die PO, sal kan stem, dat ons belasting aan die AO sal betaal, eerder as aan die Xhosas of Zoeloes, en dat die AO na ons belange sal kan omsien. Regering vir Afrikaners, oor Afrikaners, deur Afrikaners, in stede van dwingelandy oor Afrikaners deur Xhosas en Zoeloes. Soos die geval met die PO is, beteken dit nie noodwendig die geografiese afsplitsing van 'n volkstaat nie, alhoewel dit miskien 'n voorganger kan wees daarvoor, nes die uiteindelik doel met die PO die sg tweestaatoplossing vir Palestina is.
 
 

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator