Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Sunday, March 22, 2009

Weer eens 'n sensasionalistiese berig oor ras in Rapport

Ek is nie 'n groot bewonderaar van die Universiteit van Stalinbos nie, veral nav die gebeure rondom die Woordfees enkele jare gelede.

Vandag het Rapport egter 'n sogenaamde "berig" op sy webwerf se hoofblad oor sogenaamde "rassisme" (sic) by die universiteit, wat in der waarheid niks van die aard is nie. Dit lyk egter as jy die opskrif lees, asof die ganse instansie een groot versameling Ku Klux Klan-lede is.

By nadere inspeksie blyk dit egter dat daar slegs twee klaers is en dat die ganse berig eintlik oor niks handel nie. Daar is geen rassesweer by die universiteit nie.

Een student is deur 'n groep mans aangerand, waarvan 2 toevallig studente was. Daar was egter enkele jare gelede 'n tandarts wat sy vrou vermoor het in Kemptonpark. Hy was 'n Tuks-gegradueerde. Volgens die Rapport se redenasie, sou alle Tuks alumni dus vrouemoordenaars wees?

Die ander klaer is 'n Rastafariƫr, jy weet, daai ouens met 'n geweldige parasietlading in hulle hare en wat gewoonlik met bolle ganjarook geassosieer word.

Hy is verbaas omdat die polisie hom telkens uitsonder om deursoek te word. Tog vreemd dat die polisie juis vir hom sal verdink van daggabesit, nie waar nie? Gans en al onverstaanbaar - vir 'n gestremde onder 2. Hoe op dees aarde het hierdie moroon toelating tot 'n universiteit gekry as hy nie verstaan dat daggarook is ten nouste verbind word met Rastafariƫrs nie? Nietemin word die ganse universiteit se beeld skynbaar agv die optrede van die polisie deur die rassekwas bygekom.

Bostaande is nie nuus nie - dis goedkoop sensasiesoekery, 'n berig oor niks nie. Dis die skryfwerk van 'n verveelde joernalis wat te lui is om regte nuus te gaan uitsnuffel.

Weer eens het ons 'n voorbeeld van die glyende standaarde van "joernalistiek" waaraan Rapport hom onder leiding van Liza Albrecht toenemend skuldig maak.

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator