Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Thursday, March 5, 2009

'n Ja-stemmer bieg

Ek glo daaraan dat mens dikwels jou grootste lesse leer uit jou foute. As jy nie foute maak nie, is jy nie net ‘n superman nie, maar leer jy ook waarskynlik nie veel nie.


Daar is in die Beeld ‘n briewewisseling onderweg tussen diegene wat “ja” en “nee” gestem het in die referendum van 1992. Die “nee” stemmers verwag van die “ja” stemmers om om verskoning te vra.


(Die referendum se vraag was terloops of daar onderhandel mog word. NP het destyds belowe dat daar ‘n opvolgreferendum sou wees wat die resultaat van die onderhandelinge sou bevestig, maar dié het toe nooit gematerialiseer nie.

Aangesien die blanke kiesers dus nooit weer soos belowe geraadpleeg is nie, is daar dus ‘n goeie argument te maak dat die ganse Nuwe Suid-Afrika ‘n onwettige bestel is, siende dat ons nie die geleentheid gegun is om protes oor die uitkoms van Kodesa uit te bring nie. Daarom oorweeg ek dit sterk om op te hou belasting betaal en om die landswette te gehoorsaam, want die ANC-bewind is uiteraard ‘n onwettige regime met nie die geringste reg om oor my of ander blankes soos te regeer nie… Indien hulle wel daardie reg opeis, dring ek aan op 'n opvolgreferendum vir blankes, en sal ek groot geld verwed dat die "nee" stem hierdie keer 90% plus sal wees.)


Nietemin moet ek bieg: ek het destyds nie veel belangstelling in die politiek getoon nie, en het toe soos ‘n groot gek “ja” gestem. Wat ‘n fout was dit nie! Praat van om ‘n lat vir jou eie gat te pluk.


Vyftien jaar later sit ons met die gebakte pere van my en idiote soos ek se “ja” stemme. Skreiende rassisme soos regstellende aksie verjaag baie blankes landuit. Die geplundery van blankes se bates in die naam van SEB. Eksdom. 2000 plus slagoffers van plaasmoorde. 3000 blankes elke jaar vermoor, byna almal deur swart moordenaars. Die disintegrasie van Binnelandse Sake en munisipaliteite; bykans die ganse staatsdiens is in sy moer in getransformeer en derhalwe nutteloos.


Die KP en ander regses hét ons destyds gewaarsku teen presies wat nou gebeur, moet ek voorts erken.


What were we thinking?

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator