Clive Derby-Lewis se paroolaansoek is met koste van die hand gewys. Een van die groot redes hiervoor is dat Chris Hani, sy slagoffer, se familie by die paroolverhoor beswaar aangeteken het. As iemand 'n politikus omkoop, is daar 'n slagoffer wat onder die misdaad gebuk gaan? Ja, ek sou dink daar is derduisende of miljoene slagoffers. Omkopery vind plaas ten koste van ewewigtigheid en regverdigheid. Jy koop 'n politikus om juis met die gedagte dat jy onbehoorlike gunsies en gawes by hom kan bekom, tot die nadeel van andere wat ewewigtige behandeling hoort te kry. Schabir Shaik het Zuma omgekoop. Terwyl moord en omkopery nie heeltemal vergelykbaar is nie, is die beginsel wel. Ek en miljoene ander is slagoffers van hierdie omkopery - Shaik se maatskappy kon byvoorbeeld onregverdig ten koste van myne bevoordeel word in 'n tendersituasie. Siende dat Hani se gesin insae gehad het in Derby-Lewis se parool, waar is MY reg om protes aan te teken teen Shaik se vrylating? Die antwoord ken ons almal. Die arrogante, sigaarrokende Shaik word parool op 'n skinkbord gegee, want hy is glo "dodelik siek" (sy mediese toestand word uiteraard "die lewe", ook bekend as 'n gestadigde dood, genoem.) Sy misdadige maatjie, die veelwywer TMNT-lookalike Zuma, word beloon met die presidentskap. Derby-Lewis moet bly sit. Some animals are a lot more equal than others... |

Tuesday, March 17, 2009
Is omkopery 'n slagofferlose misdaad?
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment