Jy vermoed jou werkgewer is een van die slagoffers van die subprimakrisis. Jy sien daagliks die skrif teen die muur by die werk. Julle mag nie meer sonder toestemming skryfbehoeftes trek of fotostate maak nie. Kapitaaluitgawes word gestaak. Mense wat bedank, word nie vervang nie, al bly die werkslas dieselfde. Jy doen egter niks nie en hoop dit gaan weg.
Eendag roep jou baas jou egter ook in en lig jou in jy is van Maandag af sélf werkloos. Jy het nie 'n plan B nie. Jy weet nie waar jy geld gaan kry die einde van hierdie maand nie. Jy, jou vrou en jou kinders sit binne 3 maande op straat. Dis slegs jou eie skuld. Jy het die ding sien kom, maar nie beplan nie.
Die bostaande was hipoteties. Die volgende is werklik.
Op 'n makroskaal sien jy daagliks voor jou oë hoe die land stelselmatig in duie stort. Die Britte stel visumvereistes in omdat Binnelandse Sake hopeloos korrup is. 'n Misdadige veelwywer, die pion van die SAKP, gaan binnekort president word. 45000 blankes soos jy is in 'n orgie van ongebreidelde wetteloosheid vermoor oor die afgelope 15 jaar. Sowat 75000 blanke vrouens is verkrag. Diegene wat misdaad pleeg maar verbintenisse met die regime het, word egter op sogenaamde mediese parool vrygelaat, terwyl derduisende aan vigs sterf in die tronk.
Is ek onnodig negatief / rassisties / ekstremisties? Dink weer. Die volgende woorde kom nie van my nie, maar van William Gumede, met verwysing na Suid-Afrika se toekoms: This is our tipping-point. From here things will go downhill; no liberation movement has moved upwards from this point.
Of wat van die volgende donker dreigement deur Anthony Butler: If white political leaders do not persuade their constituencies to participate in rethinking the post-apartheid social contract, it may be remade without them, and in a fashion that will benefit nobody in this still divided society.
Nóg Gumede, nóg Butler is lid van Praag of selfs Afrikaners nie.
Soos die werknemer hierbo doen jy egter steeds niks aan die situasie nie. Jy maak geen planne nie. Inteendeel: soos 'n wafferse ryk musikant wat hom nie te erg verknies oor blote blanke skoolmeisies wat doodgery word deur taxi's nie, traak die hele spul jou nie veel nie. Jou strategie is doen niks nie en hoop vir die beste. Jy leef in 'n staat van ontkenning.
Eendag, binne die bestek van 'n paar dae, tuimel die hele kaartehuis ineen. Bendes MK-veterane loop rond en neem jou huis, jou kar en selfs jou plek langs jou vrou in julle bed oor, a-la Zimbabwe. Anders as Rhodesië se blankes is daar slegs die see suid van jou. Jy kan nie vlug nie. Die Weste voel presies net soveel vir jou lot as wat hulle vir Zimbabwiese boere gevoel het. Daar is geen Amerikaanse vliegdekskip wat jou teen die veterane beskerm nie.
Dan, my vriend, is dit te laat om te wil plan maak. Jy is soos die ou hierbo wat sy werk verloor het en nou skielik op straat sit, behalwe dis nie net die dak oor jou kop wat op die spel is nie. Dis jou lewe en voortbestaan, ook jou familie s'n.
Ek is een van diegene wat nie vóór 1992 na waarskuwings wou luister nie. Ek het soos 'n groot gek "ja" gaan stem en is dus net so aandadig aan die dilemma waarin Afrikaners vandag sit as die volgende ou. Ek is egter vasbeslote om hierdie keer nie weer so dom te wees nie.
Dink gerus 'n volkstaat is 'n slegte idee. Om diegene wat 'n volkstaat voorstaan egter as rassiste af te maak, is egter erger as om niks te doen nie, en spreek bloot van jou eie gebrek aan idees. Jy het 'n keuse: vrek in vrede of neem kennis van die skrif aan die muur en beplan daarvolgens.
No comments:
Post a Comment