Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Monday, March 30, 2009

Pleeg selfmoord as jy regtig iets vir die aarde wil doen

Ek is heel skepties oor inisiatiewe soos die Earth Hour van die pas afgelope Saterdag. Iets soos die Earth Hour het blote simboliese waarde, vir 'n hele aantal redes.

Een is dat beligting slegs sowat 10% van alle elektrisiteit in Suid-Afrika verbruik. Veel groter verbruikers soos aluminiumsmelters het nie, sover ek weet, hulle oonde afgeskakel nie. Tweedens is Earth Hour nie iets wat genoeg herhaal kan word om 'n groot impak te kan maak nie. Dis nie realisties om van mense te verwag om elke tweede aand vir 'n uur in die donker te moet sit nie.

Die hele groen-beweging is te politiek-korrek om die ware oplossing vir die aarde se omgewingsprobleme aan die hand te doen. Daar is nie te min elektrisiteit of hulpbronne nie. Daar is wel te veel mense wat te veel hulpbronne opgebruik en in die proses te veel besoedeling skep. Ek het gegrap oor selfmoord in die titel (moet nou asseblief tog net nie gaan slaappille drink agv my voorstel nie), maar daar is nietemin groepe wat dit ernstig as 'n alternatief voorhou.

Die ware oplossing vir besoedeling en omgewingsprobleme is 'n einde van die oorbevolking  van die spesie Homo Sapiens dmv radikale geboortebeperking, veral in die Derde Wêreld (die ontwikkelde wêreld se geboortekoers is, uitgesonderd immigrasie, alreeds negatief.)

China het die weg gebaan hiermee met sy een kind per gesin beleid. Die een gróót guns wat jy die aarde kan doen, is om nie voort te plant nie, of, as jy moet, slegs een kind te hê. Elke Amerikaner produseer byvoorbeeld sowat 24 ton koolstofdioksied per jaar, oftewel sowat 170 ton CO2 oor sy leeftyd. 'n Amerikaner vereis ook 9.4 hektaar se landbougrond om sy vetsug in stand te hou. Dink net hoe bly sal Moeder Aarde wees as jy verantwoordelik optree.
 
Die heel, heel beste ding wat jy dus kan doen om die aarde te red, is om voorbehoedmiddels pligsgetrou te gebruik, en om ander mense ook aan te moedig om nie soos hase aan te teel nie.
 

Tuesday, March 24, 2009

Is die taxibestuurders te blameer?

Taxibestuurders is nie juis die gewildste landsburgers op die oomblik nie, veral nie ná vandag se kaskenades in Johannesburg en Sandton nie.

Die ou cliché lui egter dat daar g'n so 'n ding is soos 'n slegte kind nie – daar is bloot slegte ouers. My mening is dat presies dieselfde geld mbt taxibestuurders. Taxibestuurders is myns insiens blote kinders, wat die slegte voorbeeld van hul ouers (miskien is die Engelse "elders" meer akkuraat in die konteks) navolg.

Ons almal, ek inkluis, vererg ons weliswaar daagliks vir die wettelose taxibestuurders. Ek het 'n broertjie dood daaraan as ek in die verkeer moet vassit, maar Sipho die taxibestuurder beskou homself as bo die gereg verhewe, en Sipho skiet verby my in die noodlaan.

Die vraag is egter: wie se faling is dit? Wie moet blameer word as Sipho geen ontsag vir die reëls koester nie? Is dit uitsluitlik die skuld van taxibestuurder self?

Ek glo nie. Ja; daar is 'n element van minagting vir gesag in taxibestuurders se eie geledere, maar ek dink dis veral 'n mislukking in hulle leierskap, en veral 'n faling in leierskap vanuit die swart gemeenskap.

Die provinsie met die laagste moord- en verkragtingsyfer is Limpopo. Dis ook die naas-armste provinsie. (Daar gaat die mite van armoede wat glo misdaad veroorsaak, terloops.)

Limpopo is egter juis dié provinsie met die sterkste tradisionele leierskap. Toe ek in die weermag was, het ons met die kgosi, die hoofmanne, gaan onderhandel om hulle rammetjie-uitnek jong mans in die bek te ruk, iets wat baie effektief gewerk het. Daar was kennelik jong bokke wat 'n paar houe lyfstraf moes deurmaak, maar dit was terapeuties in baie gevalle. Daar was en is steeds grotendeels orde binne tradisionele gemeenskappe in die Noord-Transvaal.

Daardie model van respek vir ouer mense het egter totaal gedisintegreer in stedelike gebiede. In 'n plakkerskamp gaan dit soos 'n wafferse aksepbank op Wallstraat: elke man vir homself en die duiwel vir die res. (Die groep wat ek tans meer minag as taxibestuurders, is daai bankiers wat kranksinnige risiko's geneem het met ons almal se geld...)
Al wat taxibestuurders doen, is om die gebrek in swart leierskap tot hulle voordeel te misbruik. Presies nes 'n bankier wat die vakuum aan regulasie oor verskansingsfondse tot eie voordeel misbruik het. Hulle optrede spreek bloot van opportunisme in 'n leierskapsvakuum.


'n Groot deel van die blaam vir taxibestuurders se anargistiese gedrag berus myns insiens by hulle eie leierskap (die taxiverenigings) se tekortkominge, tweedens by die wetstoepassers, maar derdens veral by die voorbeeld wat veral swart politieke leiers aan hulle stel.

Eerstens is die groot meerderheid eienaars van taxi's sinies en geldgierig. Die eienaars van taxi's (en ek dink veral hier aan Chinese eienaars) dwing die bestuurders om onrealistiese teikens na te jaag; om onrealistiese aantalle passasiers daagliks te probeer vervoer.

Tweedens is daar geen politieke wil aan die kant van die wetstoepassers om taxi's, of inderdaad selfs gewone misdaad, in die bek te ruk nie. Die getransformeerde polisiemag se doelwit is dikwels selfverryking, en wetstoepassing suig aan die agterspeen. Die bevelvoerder van die Wesrandse georganiseerde misdaadtak is byvoorbeeld tans in hegtenis, omdat hy en sy kapteins gekonfiskeerde dwelms aan misdaadbendes verkoop het.

Dis egter die swart leierskap in die hoogste echelons van die Suid-Afrikaanse samelewing wat volledig daarin misluk om 'n goeie voorbeeld te stel. As die volgende president 'n korrupte veelwywer gaan wees, as die nommer 5 op die ANC se lys van nasionale kandidate 'n veroordeelde ontvoerder en bedrieër is, hoe kan enige leier binne die ANC opstaan en die taxigeweld wat vandag plaasgevind het, met enige geloofwaardigheid veroordeel?

Watter morele gesag het die minister van vervoer, Jeff Radebe, dus om enige oordeel oor 'n taxibestuurder te fel, as sy eie party so fundamenteel korrup en misdadig is?

Is die Taliban die VF+ se probleem?

'n Persoon het vandag 'n brief aan die Praag-poslys deurgestuur wat die punt hiernaas gemaak het. Dit was met verwysing na die komende verkiesing, 'n volkstaat en die VF+ se aanspraak op dié party se sterk Christelike karakter.

"Al my vriende is Afrikaners, en sommige van hulle is Christene. Nie een van hulle ondersteun 'n volkstaat nie. Waarom nie? Omdat hulle almal (insluitende die Christene) bang is so 'n staat word maar net nog 'n agterlike Iran-tipe teokrasie wat met 'n ysterhand deur 'n klomp kwaai omies met Bybels en karwatse regeer word."

Ek het soortgelyke sienings as die een hierbo al heelwat kere aangehoor. Ek moet bieg dat Afrikaner-organisasies aan die meer konserwatiewe kant van die spektrum onsself dikwels oopmaak vir daardie soort kritiek.

Só byvoorbeeld skryf Louis van der Schyff van die HNP die volgende in 'n brief aan Beeld: "Die Grondwet is 'n nie-Christelike Grondwet, erken nie die oppergesag van die Drie-enige God nie, is 'n oorlogsverklaring teen die wit mense van Suid-Afrika, dit vereer terroriste ("diegene wat gely het vir geregtigheid en vryheid"), erken die ongeregtighede van die verlede (met ander woorde val apartheid aan), die wit mense word as misdadigers uitgekryt en diskriminasie teen wit mense word goedgekeur – dit alles in die Grondwet."

Ek is dit met hom eens oor baie van die bostaande, maar let weer eens op dít wat heel vooraan staan: 'n klagte dat die Grondwet nie-Christelik van aard is. Volg dit dus dat 'n Grondwet wat wel Christelike beginsels eerbiedig, die ander probleme ook sal aanspreek, bloot omdat dit Christelik van aard is?

Wie se soort Christenskap, moet mens dan noodwendig vra? Die APK s'n maar nie die NGK of, les bes, die ZCC s'n nie? Wat van Jacob Zuma (glo "the black Jesus") se aanhangers se soort Christenskap en waardes – sou die HNP dáárvoor te vinde wees, as dit in die Grondwet sou voorkom?

Ek gun en respekteer mense se persoonlike geloofsoortuigings, maar ek kan wel goed verstaan waarom die briefskrywer hier heel bo aangehaal, sou dink dat die meeste regse bewegings en partye 'n Afrikaner-Taliban in gedagte het. Moontlik dink hulle die VF+ wil soos ons ma's wees in die ou dae, wat ons teen wil en dank Sondagskool toe maak gaan het.

Te oordeel aan die VF+ en HNP se sienings, uitsprake en verkiesingsplakkate, sou dit vergesog wees vir sommiges om te dink dat hulle beplan om te sorg dat die winkels toe, die TV af en die kerkdeure oop is op 'n Sondag? Wil hulle weer die sensorskap van ouds in die lewe roep en ons probeer keer om Triomf, Moltrein of die Freedom Charter te lees? (Of dan seker ook sommiges se gunsteling genre, die Loslyf.)

Afrikaners is, soos bykans alle Europeërs, egter besig om toenemend afvallig te raak van hulle geloof. Die meeste Afrikaners stem maar by verstek vir die DA, al steun die DA Pretoria se herbenoeming na Aapstad, en al is die DA ten gunste van regstellende aksie en transformasie.

Die VF+ is tans die enigste party wie se beleidsrigtings regstreeks spreek tot Afrikaners (en blanke Engelse) se belange, in teenstelling met die Engelswordende DA se liberale en toenemende reënboognasie-wollerigheid.

Ek wonder dus saam met die skrywer van die brief heel bo: Is veral die VF+ besig om hom blind te staar teen Christenskap, en mis hy sodoende 'n geleentheid om veel groter steun onder blanke kiesers te verkry? Sy ander beleidsrigtings verdien sekerlik meer steun as slegs 9% van alle blankes.

Kan die gebrek aan steun vir die regse partye spruit uit ander Afrikaners se vrese vir 'n herhaling van die Afrikaner-Taliban wat ons kleintyd geterroriseer het?

Monday, March 23, 2009

Wanneer wolf skaapwagter gemaak word

Die hoof van die Wesrandse Georganiseerde Misdaadtak, Senior Superintendent Dumisani Jwara (sonder twyfel 'n regstellende-aksie aanstelling wat sy pos agv sy velkleur beklee, ten koste van eerlike en beter gekwalifiseerde blanke polisielede), en twee van sy kapteins is betrap nadat hulle dwelms waarop die polisie voorheen beslag gelê het, aan dwelmbase verkoop het.

 

Bevordering wink ongetwyfeld vir sup. Jwara.
 

Wie weet; miskien word hy ook soos skout-adm. Khanyisile Litchfield-Tshabalala, nog 'n regstellende-aksie aanstelling, wat "in beheer" was van die Vloot se transformasieprogram (op sigself niks minder as 'n misdadige veldtog van etniese reigiging gemik teen blanke vlootlede nie), maar 'n skootrekenaar gesteel het en 'n hekwag aangerand het, met 'n bonus beloon vir sy moeite.

 

Selfs 'n pos in die parlement, indien nie die kabinet nie, kan moontlik wink, siende dat 'n kriminele rekord mens skynbaar uitstekend kwalifiseer as 'n ANC-politikus.

Sunday, March 22, 2009

Weer eens 'n sensasionalistiese berig oor ras in Rapport

Ek is nie 'n groot bewonderaar van die Universiteit van Stalinbos nie, veral nav die gebeure rondom die Woordfees enkele jare gelede.

Vandag het Rapport egter 'n sogenaamde "berig" op sy webwerf se hoofblad oor sogenaamde "rassisme" (sic) by die universiteit, wat in der waarheid niks van die aard is nie. Dit lyk egter as jy die opskrif lees, asof die ganse instansie een groot versameling Ku Klux Klan-lede is.

By nadere inspeksie blyk dit egter dat daar slegs twee klaers is en dat die ganse berig eintlik oor niks handel nie. Daar is geen rassesweer by die universiteit nie.

Een student is deur 'n groep mans aangerand, waarvan 2 toevallig studente was. Daar was egter enkele jare gelede 'n tandarts wat sy vrou vermoor het in Kemptonpark. Hy was 'n Tuks-gegradueerde. Volgens die Rapport se redenasie, sou alle Tuks alumni dus vrouemoordenaars wees?

Die ander klaer is 'n Rastafariër, jy weet, daai ouens met 'n geweldige parasietlading in hulle hare en wat gewoonlik met bolle ganjarook geassosieer word.

Hy is verbaas omdat die polisie hom telkens uitsonder om deursoek te word. Tog vreemd dat die polisie juis vir hom sal verdink van daggabesit, nie waar nie? Gans en al onverstaanbaar - vir 'n gestremde onder 2. Hoe op dees aarde het hierdie moroon toelating tot 'n universiteit gekry as hy nie verstaan dat daggarook is ten nouste verbind word met Rastafariërs nie? Nietemin word die ganse universiteit se beeld skynbaar agv die optrede van die polisie deur die rassekwas bygekom.

Bostaande is nie nuus nie - dis goedkoop sensasiesoekery, 'n berig oor niks nie. Dis die skryfwerk van 'n verveelde joernalis wat te lui is om regte nuus te gaan uitsnuffel.

Weer eens het ons 'n voorbeeld van die glyende standaarde van "joernalistiek" waaraan Rapport hom onder leiding van Liza Albrecht toenemend skuldig maak.

Tuesday, March 17, 2009

Wanneer die feite gevaarlik is

Leon Boshoff, die Leeus-rugbyspan se voorspeler-afrigter, is geskors agv beweerde "rassistiese" aanmerkings teenoor twee spelers. 

Ek het die Beeld se berig gelees oor sy skorsing, maar ek kan nie mooi verstaan wat sodanig rassisties sou wees aan sy opmerkings soos in Beeld aangehaal nie.

Boshoff het volgens die berig bloot gesê dat Earl Rose en Lawrence Sephaka dit nog ver sal bring agv hulle velkleur.

Wat is rassisties daaraan? Dit is bloot 'n feitelike stelling, een wat uitwys hoe miljoene swartes deur regstellende aksie bevoordeel word. Dis nie nuus vir enige iemand in Suid-Afrika nie; dis inteendeel regeringsbeleid. Dit gebeur elke dag, in elke staatsdepartement, onder andere. Is dit nie juis die bedoeling van regstellende aksie om anderskleuriges op grond van hul velkleur bo blankes te bevoordeel nie?

Waarom sou die maak van 'n feitelik-korrekte stelling Boshoff dus moontlik sy werk kos? Is dit op een of ander manier gevaarlik? Verbeel die bestuur van die Goue Leeus of die owerhede dat mense dit nie weet nie? Of mag slegs blankes nie uitwys dat die regering se beleid van regstellende aksie juis effektief werk nie?

Is omkopery 'n slagofferlose misdaad?

Clive Derby-Lewis se paroolaansoek is met koste van die hand gewys. Een van die groot redes hiervoor is dat Chris Hani, sy slagoffer, se familie by die paroolverhoor beswaar aangeteken het. 

As iemand 'n politikus omkoop, is daar 'n slagoffer wat onder die misdaad gebuk gaan? Ja, ek sou dink daar is derduisende of miljoene slagoffers. Omkopery vind plaas ten koste van ewewigtigheid en regverdigheid. Jy koop 'n politikus om juis met die gedagte dat jy onbehoorlike gunsies en gawes by hom kan bekom, tot die nadeel van andere wat ewewigtige behandeling hoort te kry.

Schabir Shaik het Zuma omgekoop.

Terwyl moord en omkopery nie heeltemal vergelykbaar is nie, is die beginsel wel. Ek en miljoene ander is slagoffers van hierdie omkopery - Shaik se maatskappy kon byvoorbeeld onregverdig ten koste van myne bevoordeel word in 'n tendersituasie.

Siende dat Hani se gesin insae gehad het in Derby-Lewis se parool, waar is MY reg om protes aan te teken teen Shaik se vrylating?

Die antwoord ken ons almal.

Die arrogante, sigaarrokende Shaik word parool op 'n skinkbord gegee, want hy is glo "dodelik siek" (sy mediese toestand word uiteraard "die lewe", ook bekend as 'n gestadigde dood, genoem.) Sy misdadige maatjie, die veelwywer TMNT-lookalike Zuma, word beloon met die presidentskap.

Derby-Lewis moet bly sit.

Some animals are a lot more equal than others...

Sunday, March 15, 2009

Die poniefikasie van die Afrikaanse pers

Gister pryk hierdie "nuusberig" prominent op die voorblad van Rapport se webtuiste. Daar word gespekuleer, en, laat ons goed verstaan, dis pure klip-in-die-bos spekulasie van die mees riooljoernalistieke aard, dat Charmaine Gale, die hoogspringatleet, Joost se skelmpie sou wees. Me Gale is genader vir kommentaar maar het nie die gewenste reaksie verskaf nie. En dis "nuus" vir welke rede, Rapport?

Iemand kon net sowel 'n berig gepubliseer het oor hoe Gavin Prins glo in die bed betrap sou wees met, sê, Yolanda Barnard. Dit sal presies net so nuuswaardig en goeie ondersoekende joernalistiek gewees het as die spekulasie oor me Gale, want dit sou eweneens 'n pure dog onwaarskynlike raaiskoot gewees het.

Die Sondag, wat kennelik uit en uit 'n poniekoerant is, anders as Rapport, se lewensgrootte voorbladberig is ook een oor huismoles. Diegene wat deelgeneem het aan die huismoles, is egter "nobodies." Ek had voor die tyd hoegenaamd geen idee wie Natalie Becker, een van die rolspelers was nie, en nádat ek die berig gelees het, stel ek nog minder belang in haar doen en late. Die dokter wat sy glo aangerand het, is eweneens nie iemand met enige noemenswaardige openbare profiel of "claim to fame" nie. Dis asof Piet Pompies van Pampoenfontein en sy vrou stry en dit haal die nasionale voorblad.

Gaan Suid-Afrika werklik so mank aan "celebrities" dat dié spesifieke betrokkenes 'n voorbladberig regverdig?

Dit lyk tog of die fokus in die Afrikaanse pers toenemend verskuif word na 'n stelselmatige verdomming van dít wat deurgaan vir nuus. Esmare Weideman se dagvaarding van Steve is daarom niks meer of minder as die mees siniese sensasiesoekery denkbaar nie, die doelbewuste holrugryery van 'n gebeurtenis wat Me Weideman sonder twyfel baie tydskrifte laat verkoop het, en vir die soort joernalistiek wat sy bedryf inderdaad manna uit die hemel was.

Blankes se weerstand teen transformasie begin...

Jaap Kelder was 'n lid van die Tussentydse Afrikanerraad, 'n liggaam waaraan Praag deelgeneem het. Jaap is 'n eienaar van 'n fabriek in Kemptonpark maar ook 'n politieke aktivis.

Deesdae is Jaap die voorsitter van 'n beweging bekend as die National Taxpayers Union, 'n liggaam wat ten doel het om die getransformeerde stadsrade te dwing om dienste te lewer.

Tot op hede het Mpho, Sipho, Filemon en kie, die burgemeesters en stadsklerke van Suid-Afrika se getransformeerde munisipaliteite, belastingbetalers se geld gebruik om vir hulle houvrouens klere te koop, kaviaar te eet in die plaaslike restourante, of om vir hulself S-Klas Mercedesse te koop. Die geld wat belastingbetalers betaal het as munisipale belasting is egter nie gebruik om slaggate mee te herstel nie, of om rioolplase in stand te hou nie.

Daardie dae is helaas verby vir die korrupte en getransformeerde munisipaliteite. In Star Wars the Empire struck back; in South Africa, the whites are striking back.

Diegene sonder politieke mag, maar wat wel die munisipaliteite befonds, die blanke belastingbetaler, is naamlik in opstand. Dit was 'n kwessie van tyd. In Suid-Afrika het diegene wat belasting betaal, agv 'n demografiese oormag, geen politieke mag nie, teenoor die parasitiese klas, die 12 miljoen wat maatskaplike toelaes ontvang, wat wel politieke mag het.

Duidelik is bostaande 'n onhoudbare situasie, 'n resep vir 'n burgeroorlog, en die eerste salvo is pas gevuur. Is daar 'n slaggat in jou pad, maar die getransformeerde munisipaliteit met Sipho die burgemeester wat in sy S-Klas ry wat "in beheer" is maak dit nie reg nie? Dan is die lewe eenvoudig; Sipho kry bloot nie meer ons belastinggeld nie. Die NTU plaas die geld bloot in 'n trustrekening oor, en weerhou dit van Sipho en kie tot tyd en wyl Sipho sy vinger uit sy hol verwyder. Sipho moet waarskynlik terugkeer na sy kaia en sy fiets, tot tyd en wyl hy begin aflewer (het hy verwag die lewe gaan anders werk?)

Die ANC en SALGA (Local Government Association) se reaksie is dat mense nie belasting moet terughou nie, aangesien dit "dienslewering sal belemmer" (sic.) WATTER dienslewering, julle onbevoegde idiote???? Smaak my julle sukkel om julle eie medisyne te drink.

Skielik word Sipho gedwing om 'n stadsklerk aan te stel wat die verband tussen munisipale belasting en dienslewering verstaan, ipv 'n ANC-kader wat Graad 2 nie kon deurkom nie. Skielik moet die stadsingenieursdepartement daai getransformeerde parasiete wat 'n salaris trek laat gaan, ten gunste van diegene wat wel verstaan hoe om 'n pad reg te maak of hoe om 'n rioolplaas te bedryf.

Klink vir my so reg; ek vind Jaap-hulle se optrede uiters bevredigend. In die jare sewentig en tagtig was daar grootskeepse boikotte as deel van die sogenaamde Struggle. You ain't seen nothin' yet, however, people.

Wag tot ons Afrikaners begin met ons eie Struggle.

Friday, March 13, 2009

Loftus se skare gee Puke die vinger


Is dit net ek, of is Afrikaners goed gatvol daarvoor om beledig te word? Ek is jammer iemand het nie vir Watson met 'n nartjie of 'n baksteen geklits nie.


Wednesday, March 11, 2009

Swart vrouens is 'n duur stokperdjie

Hierdie rubriek in die Mail & Guardian was vir my nogal interessant. Dis deur 'n swart vrou geskryf, wat die gebrek aan hubare mans in Sandton bekla. Dis is seker 'n universele verskynsel, maar dit lyk of om veral met swart vrouens uit te gaan of getroud te wees, nie 'n goedkoop stokperdjie is nie. Selfs die armste weeklikse arbeider moet derduisende rande aan lobola betaal.

Ek het saam met 'n swart programmeerder gewerk wie se aanstaande 'n B. Com graad gehad het, wat haar markwaarde beduidend verhoog het. Laas toe ek hom gesien het, was hy aan't spaar vir die R150,000 lobola wat haar pa-hulle vereis het. Ook Carl Niehaus moes sowat R30,000 opdok. Carl is een ou wat eerstehandse ervaring het van die kostes van dié stokperdjie.

Nádat Carl Niehaus van sy vuurvreter voormalige vrou, Jansie, geskei is, het hy twee keer met swart vrouens getrou. Indien sy finansiële moeilikheid nie daar begin het nie, het dit duidelik bygedra tot sy huidige verknorsing. Ek probeer steeds bedink hoe mens dit kan regkry om R100,000 in een week op 'n eilandvakansie kan verkwis. Eet jy oggend, middag en aand kaviaar en kreef? Drink jy liters Johnny Walker Blue Label of Veuve Cliquot uit?

Verklaar bostaande die grypsug van die SEB-begunstigdes? Snuffel varke soos Smuts Ngonyama by die trog ten einde 'n hele paar vrouens en 'n string bywywe te onderhou? Dis presies waarom Shaik tronk toe is – Zuma het hierdie einste probleem en Shaik het hom gehelp om sy horde vrouens te befonds.

In die jare negentig was ons nagraadse Stads- en Streeksbeplanningsdosent van mening dat vigs nie net 'n verskynsel onder die armes gaan wees nie. Sy woorde sal my bybly: "Wie gaan die maklikste regkom – 'n werklose of 'n ou met 'n Porsche?" Dit was profeties van hom. Een van die groot redes hoekom vigs versprei, is die sogenaamde "sugar daddy" verskynsel.

In sommige kulture is meisies in skooluniforms skynbaar onweerstaanbaar sexy. Ouer mans, selfs diegene in hulle vyftigs en sestigs, koop dan skoolmeisies met ontwerpersklere en kontant om om seks met hulle te hê. Dikwels het hierdie mans vrouens (selfs meer as een soos ons eerwaarde volgende president) in landelike gebiede. Die virus word sodoende vanaf die provinsie met die hoogste MIV syfer op aarde, KZN, na ander provinsies versprei.

Ek sê al lankal swartmense trek veel beter aan as ons. Daar's nie 'n manier dat jy 'n selfrespekterende swart sakeman in my verslonste jeans en ou skoene sal sien nie. Dit kos egter geld, en as jy met 'n swart vrou wil uitgaan, sal jy moet hoes, boet.

Miskien moet ons Afrikaners dankbaar wees dat nie al ons vrouens so high-maintenance is nie.

Tuesday, March 10, 2009

Naspers se voordurende propagandaveldtog oor Belhar

Neels Jackson, Beeld se godsdiensredakteur, skryf opnuut 'n lang en huilerige stuk oor die wenslikheid van eenwording met Allan Boesak-hulle se VGK. Hierin word hy ondersteun deur die ekstreem-linkse voormalige dominee, Nico Smith – lees Smith se antwoorde op Jackson se blog. (Wat IS dit met NGK teoloë en hulle gatlekkery? Beyers Naudé, Coenie Burger, Nico Smith en les bes Carl Niehaus.)

 

Hier het ons alweer die tiperende Naspers-propaganda, die blindelingse aanbidding van die afgod van multikulturalisme, die Baal wat ten alle koste eerbiedig móét word.

As jy wil argumenteer dat dit gaan oor eenheid, dat blote tweespalt tussen Christelike broers op sigself onwenslik is, waarom doen Jackson en Smith dan nie ook beroepe vir die NGK om 'n afvaardiging na Rome te stuur om oor eenwording tussen die Katolieke en die Christene in die NGK te onderhandel nie?

Nee; dit gaan oor Naspers en die ekstreem-linkses soos Smith se obsessie met die multi-kulti afgod, wat God as hulle nuwe objek van aanbidding vervang het. Dit gaan oor gewaande wit skuld en die afgod bekend as "inklusiwiteit." Dit gaan allermins oor Christelike eenheid.

As dit oor eenheid gegaan het, was daar soortgelyke druk op die NGK en Gereformeerde Kerk om saam te smelt. Dis makliker om oor die sing van psalms saam te stem as om die NGK lidmaat te oortuig waarom ons ons enigsins moet steur aan korrupte bedrieërs soos Boesak wat ons wil meen te vertel hoe die lewe werk.

Tog is die voortdurende propagandaveldtog, ook Jackson s'n, spesifiek gefokus op Belhar, 'n afstootlike politieke traktaatjie wat niks meer of minder is as die refrein: "blank=rassis" nie. Dit gaan oor die linkse se verbetenheid om multikulturalisme teen wil en dank in ons kele af te forseer, om die raskitaar tot die dood toe te slaan.

Monday, March 9, 2009

Beplan of vrek in vrede

Jy vermoed jou werkgewer is een van die slagoffers van die subprimakrisis. Jy sien daagliks die skrif teen die muur by die werk. Julle mag nie meer sonder toestemming skryfbehoeftes trek of fotostate maak nie. Kapitaaluitgawes word gestaak. Mense wat bedank, word nie vervang nie, al bly die werkslas dieselfde. Jy doen egter niks nie en hoop dit gaan weg.

Eendag roep jou baas jou egter ook in en lig jou in jy is van Maandag af sélf werkloos. Jy het nie 'n plan B nie. Jy weet nie waar jy geld gaan kry die einde van hierdie maand nie. Jy, jou vrou en jou kinders sit binne 3 maande op straat. Dis slegs jou eie skuld. Jy het die ding sien kom, maar nie beplan nie.

Die bostaande was hipoteties. Die volgende is werklik.

Op 'n makroskaal sien jy daagliks voor jou oë hoe die land stelselmatig in duie stort. Die Britte stel visumvereistes in omdat Binnelandse Sake hopeloos korrup is. 'n Misdadige veelwywer, die pion van die SAKP, gaan binnekort president word. 45000 blankes soos jy is in 'n orgie van ongebreidelde wetteloosheid vermoor oor die afgelope 15 jaar. Sowat 75000 blanke vrouens is verkrag. Diegene wat misdaad pleeg maar verbintenisse met die regime het, word egter op sogenaamde mediese parool vrygelaat, terwyl derduisende aan vigs sterf in die tronk.

Is ek onnodig negatief / rassisties / ekstremisties? Dink weer. Die volgende woorde kom nie van my nie, maar van William Gumede, met verwysing na Suid-Afrika se toekoms: This is our tipping-point. From here things will go downhill; no liberation movement has moved upwards from this point.

Of wat van die volgende donker dreigement deur Anthony Butler: If white political leaders do not persuade their constituencies to participate in rethinking the post-apartheid social contract, it may be remade without them, and in a fashion that will benefit nobody in this still divided society.

Nóg Gumede, nóg Butler is lid van Praag of selfs Afrikaners nie.

Soos die werknemer hierbo doen jy egter steeds niks aan die situasie nie. Jy maak geen planne nie. Inteendeel: soos 'n wafferse ryk musikant wat hom nie te erg verknies oor blote blanke skoolmeisies wat doodgery word deur taxi's nie, traak die hele spul jou nie veel nie. Jou strategie is doen niks nie en hoop vir die beste. Jy leef in 'n staat van ontkenning.

Eendag, binne die bestek van 'n paar dae, tuimel die hele kaartehuis ineen. Bendes MK-veterane loop rond en neem jou huis, jou kar en selfs jou plek langs jou vrou in julle bed oor, a-la Zimbabwe. Anders as Rhodesië se blankes is daar slegs die see suid van jou. Jy kan nie vlug nie. Die Weste voel presies net soveel vir jou lot as wat hulle vir Zimbabwiese boere gevoel het. Daar is geen Amerikaanse vliegdekskip wat jou teen die veterane beskerm nie.

Dan, my vriend, is dit te laat om te wil plan maak. Jy is soos die ou hierbo wat sy werk verloor het en nou skielik op straat sit, behalwe dis nie net die dak oor jou kop wat op die spel is nie. Dis jou lewe en voortbestaan, ook jou familie s'n.

Ek is een van diegene wat nie vóór 1992 na waarskuwings wou luister nie. Ek het soos 'n groot gek "ja" gaan stem en is dus net so aandadig aan die dilemma waarin Afrikaners vandag sit as die volgende ou. Ek is egter vasbeslote om hierdie keer nie weer so dom te wees nie.

Dink gerus 'n volkstaat is 'n slegte idee. Om diegene wat 'n volkstaat voorstaan egter as rassiste af te maak, is egter erger as om niks te doen nie, en spreek bloot van jou eie gebrek aan idees. Jy het 'n keuse: vrek in vrede of neem kennis van die skrif aan die muur en beplan daarvolgens.

Indien nie selfbeskikking nie, wat dan?

Dis uiteraard maklik om die idee van 'n volkstaat of selfbeskikking af te skiet. Die beste stuurmanne staan mos altyd aan wal, en daar is heelwat besware wat mens telkens teen 'n volkstaat hoor.
 
"Blankes is te lui om hulle eie werk te doen."
 
"Dit is reeds probeer en het platgeval."
 
"Daar is te min Afrikaners en hulle is versprei oor die land."
 
Nou goed, kom ons neem vir die doeleindes van die argument aan dat 'n volkstaat vir welke rede ook al nie haalbaar of werkbaar is nie. (In welke geval ons onmiddelik moet sê Lesotho of Montenegro het ook nie 'n bestaansreg nie, maar nietemin.)
 
Wat dan?
 
Kom ons kyk wat die toekoms vir Suid-Afrika waarskynlik sal inhou:
 
1. Die getransformeerde staatsdiens gaan nie wonderbaarlik op sigself herstel nie. Soos die ou blanke toppies aftree wat die plek nog op 'n manier aan die gang hou, gaan dinge inteendeel net al hoe erger raak. As jy gedink het beurtkrag was erg, wag tot jy beurtwater en beurtriool het. Kyk bloot na enige land noord van ons grense. Dis ons voorland.
 
2. Wie dink eerlikwaar 'n ANC onder Zuma en veral met die SAKP aan die stuur van dinge, gaan minder korrup en meer liberaal-demokraties word? Julle bedoel soos Nigerië?
 
3. Toon misdaad enige beduidende afname? Ek praat nie van 'n paar persent hier en daar nie, ek praat van 'n daling van 50 moorde per 100,000 bevolking per jaar na Westerse vlakke, van sê 2 per 100,000 per jaar.
 
4. Gaan onwettige immigrasie verdwyn? Daar is 'n haas onuitputlike bron van immigrante noord van die Limpopo en geen effektiewe grensbeheer nie.
 
5. Gaan regstellende aksie verdwyn onder 'n ANC regering? Dis eintlik maar dieselfde as vraag 1, want die oorlog teen kundigheid gaan nie ophou nie, en daarom is daar geen hoop op herstel in oa die staatsdiens nie.
 
6. Gaan die aanslag teen Afrikaanse moedertaalonderrig einde kry?
 
Weer eens, dis maklik om ander mense se idees af te skiet. Wat stel diegene voor wat nie van selfbeskikking hou nie, of is hulle tevrede om saam met die Titanic na benede na 'n tweede Zimbabwe te sink?
 
 
 

Thursday, March 5, 2009

'n Volkstaat is nie die enigste model vir selfbeskikking nie

Ek is bly die debat oor die volkstaat het weer opgevlam. Ek, Dan Roodt en andere ploeg nou al 'n paar jaar met die gedagte. Ek het tot al 'n openbare onderonsie met die voormalige voorsitter van die statutêre Volkstaatraad, hulle wat R15 miljoen van ons belasting verkwis het sonder 'n resultaat, gehad oor die onderwerp.
 
Dat die volkstaat praktiese probleme sal veroorsaak, is gewis. Nee, dis nie luiigheid aan die kant van Afrikaners nie, maar eerder byvoorbeeld die geografiese verspreiding van Afrikaners oor 'n land van 2 miljoen vierkante kilometer. Andersyds is territoriale selfbeskikking tog eerste prys. Een rede hoekom so baie Afrikaners vermoor word, is omdat ons 'n grondgebied moet deel met ander volke. As ons vreemdes uit ons gebied kon hou, het die moordkoers onmiddelik na Wes-Europese vlakke gedaal. 
 
Let egter op dat ek verwys na selfbeskikking. Selfbeskikking is die ding wat ons nie tans het nie, en dis selfbeskikking wat aan die kern van die volkstaatgedagte lê. Ek en ander Afrikaners betaal belasting, maar Zoeloes en Xhosas besluit wat om daarmee te doen. My belasting betaal dus vir ander volkere se child grants, en die Zoeloe-Xhosa regime gebruik my geld om teen my te diskrimineer. Dis nie 'n houdbare situasie nie en oa die Amerikaanse Rewolusie is hieroor gevoer: "no taxation without representation", onthou?
 
Die volkstaat is nie die enigste manier om selfbeskikking te verkry nie. Iemand het gister gepraat oor prof Marinus Wiechers en ander se gedagte oor 'n virtuele Afrikanerstaat. Ek stel veral belang in die Palestynse Owerheid (PO) se model. Interessant genoeg sit die Palestyne, veral op die Wesoewer, in 'n baie soortgelyke posisie as wat Afrikaners is.
 
Israel beset die Wesoewer fisies, nes die Xhosas en Zoeloes tans die voormalige Voortrekkerrepublieke se grondgebied beset. Daar is ook Israeliese nedersettings op die Wesoewer tussen die Palestynse dorpe, nes daar swart nedersettings in voormalig blanke gebiede soos Pretoria is.
 
Die Palestyne is ook grootliks onmagtig om iets in die aangesig van 'n Israeliese oormag te doen, nes Afrikaners g'n kans het teen 'n demografiese oormag van ander volke nie. Tog kan die Palestyne vir die PO stem, en aan die PO belasting betaal, al beheer Israel die Wesoewer geografies. Die PO het ook sy eie polisiemag en regeringstrukture. Ek wonder of Marinus Wiechers se model, gekoppel aan die PO se gedagte, nie een alternatief bied nie?
 
Dit sal beteken dat Afrikaners vir ons eie owerheid, die AO ipv die PO, sal kan stem, dat ons belasting aan die AO sal betaal, eerder as aan die Xhosas of Zoeloes, en dat die AO na ons belange sal kan omsien. Regering vir Afrikaners, oor Afrikaners, deur Afrikaners, in stede van dwingelandy oor Afrikaners deur Xhosas en Zoeloes. Soos die geval met die PO is, beteken dit nie noodwendig die geografiese afsplitsing van 'n volkstaat nie, alhoewel dit miskien 'n voorganger kan wees daarvoor, nes die uiteindelik doel met die PO die sg tweestaatoplossing vir Palestina is.
 
 

Wat nou gemaak?

Siende dat my vorige blog gehandel het oor my ja-stemmery in die 1992-referendum, help dit seker nie om nou passief te sit en jou lot te bekla nie. Wat nou gemaak?

Vir my is dit nie so moeilik om te bedink nie, mits jy 'n paar feite aan jouself wil erken. Daardie feite is:

1. Ons is Westerlinge op 'n kontinent waar die Afrika-"mindset" en kultuur dominant is, iets wat lynreg met ons s'n bots. East is east and west is west, and never the twain shall meet.

2. Wat in my as Afrikaner se belang is, is meestal nie in 'n Afrikaan se belang nie. Regstellende aksie word verafsku deur 'n groot meerdeheid blankes, maar is egter baie gewild onder swartes, veral die middelklas wat voordeel trek daaruit.

3. Afrikane is 'n oorweldigende groot demografiese meerderheid. Dus: in 'n een-man-een-stem opset, kan 'n minderheid met lynreg-verskillende belange nooit iewers kom nie. Cope, die ANC-Lite, gaan ons ook nie help nie. Hulle is maar net die Mbeki-faksie van die ANC, maar met narre soos Boesak as deel daarvan, is dit naief om ons hoop op hulle te vestig.

1, 2 en 3 dui daarop dat die Nuwe Suid-Afrika miskien voordele inhou vir die Afrikaan-meerderheid, maar beslis nie vir die Westerse minderheid nie. Hoe gouer ons daarmee vrede maak, hoe gouer ons die kopskuif ondergaan, hoe gouer kan ons Plan B maak.

Wat is Plan B?

a) Skryf die idee van 'n reënboognasie af as 'n "bad job." Dit was 'n idealistiese idee wat toe nou nie gewerk het nie. Dis soos 'n huwelik wat nie uitgewerk het nie - daar was fout aan albei kante, maar dis nou tyd om aan te beweeg en die egskeiding amptelik te maak.

b) Soek na 'n alternatiewe bedeling en model vir blanke Westerlinge - of dit nou 'n volkstaat of selfbeskikking binne die landsgrense is soos die Baske het is, maak nie saak nie. Kry net een wat haalbaar en werkbaar is, al is dit dan 'n Afrikaner-owerheid, soortgelyk aan die
Palestynse Owerheid, vir wie ons kan stem, aan wie ons belasting gaan, en wat na ons belange omsien.

Die Palestynse Owerheid sien ook om na 'n volk wat in 'n gebied woon wat beset word deur 'n ander volk. Nes die geval in Suid-Afrika is, is daar wel Israeliese nedersettings tussen die Palestynses op die Wesoewer.

c) Konsentreer op die bereiking van (b) en vermy hopelik in die proses 'n burgeroorlog, maar moet andersyds nie terugdeins as jy met een gedreig word nie. Soos Beert 'n ander blogger, sê: g'n politiek is moontlik sonder die dreigement van oorlog nie.

'n Ja-stemmer bieg

Ek glo daaraan dat mens dikwels jou grootste lesse leer uit jou foute. As jy nie foute maak nie, is jy nie net ‘n superman nie, maar leer jy ook waarskynlik nie veel nie.


Daar is in die Beeld ‘n briewewisseling onderweg tussen diegene wat “ja” en “nee” gestem het in die referendum van 1992. Die “nee” stemmers verwag van die “ja” stemmers om om verskoning te vra.


(Die referendum se vraag was terloops of daar onderhandel mog word. NP het destyds belowe dat daar ‘n opvolgreferendum sou wees wat die resultaat van die onderhandelinge sou bevestig, maar dié het toe nooit gematerialiseer nie.

Aangesien die blanke kiesers dus nooit weer soos belowe geraadpleeg is nie, is daar dus ‘n goeie argument te maak dat die ganse Nuwe Suid-Afrika ‘n onwettige bestel is, siende dat ons nie die geleentheid gegun is om protes oor die uitkoms van Kodesa uit te bring nie. Daarom oorweeg ek dit sterk om op te hou belasting betaal en om die landswette te gehoorsaam, want die ANC-bewind is uiteraard ‘n onwettige regime met nie die geringste reg om oor my of ander blankes soos te regeer nie… Indien hulle wel daardie reg opeis, dring ek aan op 'n opvolgreferendum vir blankes, en sal ek groot geld verwed dat die "nee" stem hierdie keer 90% plus sal wees.)


Nietemin moet ek bieg: ek het destyds nie veel belangstelling in die politiek getoon nie, en het toe soos ‘n groot gek “ja” gestem. Wat ‘n fout was dit nie! Praat van om ‘n lat vir jou eie gat te pluk.


Vyftien jaar later sit ons met die gebakte pere van my en idiote soos ek se “ja” stemme. Skreiende rassisme soos regstellende aksie verjaag baie blankes landuit. Die geplundery van blankes se bates in die naam van SEB. Eksdom. 2000 plus slagoffers van plaasmoorde. 3000 blankes elke jaar vermoor, byna almal deur swart moordenaars. Die disintegrasie van Binnelandse Sake en munisipaliteite; bykans die ganse staatsdiens is in sy moer in getransformeer en derhalwe nutteloos.


Die KP en ander regses hét ons destyds gewaarsku teen presies wat nou gebeur, moet ek voorts erken.


What were we thinking?

Monday, March 2, 2009

Taximoordenaar kry borgtog

Die taxibestuurder wat die blanke skoolkind in Garsfontein vermoor het, is op vrye voet. Hy moes bloot 'n minimale borgtog van R1000 betaal.

Die hele episode was waarskynlik vir die stuk submenslike kriminele opdrifsel 'n blote ongerief, in teenstelling met die pyn wat die meisie se familie en vriende deurgemaak het.Was die rolle omgeruil, was dit 'n blanke motoris wat 'n swart kind vermoor het, was daar op hierdie aarde geen manier dat die blanke motoris borgtog sou kry nie.

Weer eens het ons net nog 'n bewys van hoe misdaad in die bloederige piesangrepubliek wat die Nuwe Suid-Afrika is, aanvaarbaar is, mits die slagoffer 'n blote blanke peón is en die booswig swart. Blankes se lewens is duidelik goedkoop. In die siek stelsel word die kriminele die helde en die eintlike slagoffers, mits hulle swart is.

Sowat 3000 blankes word ELKE JAAR vermoor, oorweldigend deur swart moordenaars. Daaroor fluit egter bykans geen voëltjie nie. Dis slegs as blankes iets onbesonne aanvang, soos om skoonmakers flou Oros te maak drink en voor te gee dis uriene, dat daar 'n orgie van verontwaardiging in die media losbars.

Daar is diegene wat meen dat, gegewe die onverskilligheid waarmee die owerhede met blanke lewens omgaan, vigilante-optrede geregverdig is. Ek is geneig om daarmee saam te stem. Na my mening hoort blankes self drastiese aksie te begin neem teen kriminele, want dit is duidelik dat die owerhede blanke lewens as nikswerd beskou.

'n Dramatiese gebaar of ses is in orde; dit sou nie ongeregverdig wees om die taximoordenaar tereg te stel nie, maar dit sal hom bloot op 'n perverse manier die slagoffer maak en die laksman in die moeilikheid kry. Ons moet slimmer as dit wees.

As boere byvoorbeeld self 'n plaasmoordenaar kan vastrek, hoort hulle hom na my mening nie te beseer nie, maar hom geboei aan die president by die Uniegeboue gaan oorhandig, met 'n brief van eise aan sy hemp vasgemaak, maar eers nadat hulle CNN en die BBC se kameraspanne gebel het.

Sunday, March 1, 2009

Waarom regs reg is

Enkele jare gelede het Phillip du Toit, met die hulp van Gaye Derby-Lewis, sy boek The Great South African Land Scandal uitgebring. Du Toit is allerweë as 'n rassis uitgekryt (groot verrassing.) Daar is behoorlik in sy karakter ingeklim. Sy akademiese kwalifikasies is byvoorbeeld bevraagteken. Die aanvalle het, soos gewoonlik, nie juis probeer om die feite soos in sy boek opgehaal te betwis nie. Dit was eerder 'n geval van skiet die boodskapper en pleeg karaktermoord op die skrywer, as om in debat te tree oor die aktuele punte in sy boek.

Sedert Du Toit se boek verskyn het, het sy voorspellings akkuraat blyk te wees, tot só 'n mate dat die Departement Grondsake stilletjies erken het dat sy 2014-teikens onrealisties was. Jy kan eenvoudig nie ongeskooldes sonder hulp op 'n lappie grond neerplak en hoop hulle oorleef nie. 'n Swart joernalis skryf vandag in die Sunday Times 'n verbasende berig wat net sowel uit Phillip du Toit se boek gehaal kon word, wat handel oor die ineenstorting van helfte of meer van al die getransformeerde plase.

Baie van ons kla al baie lank oor die rassisme van regstellende aksie en veral oor die baantjies-vir-boeties tipe aanstellings wat plaasvind. Mosiuoa Lekota klink deesdae self na 'n closet regse in hierdie verband.

Baie regse kommentators sê al vir donkiejare dat die ANC 'n korrupte kleptokrasie is. Met Yengeni, Zuma, Niehaus en andere is ook daardie opmerking as 100% korrek bewys. Natuurlik. Wat het ons anders verwag toe die NP 'n spul terroriste aan bewind geplaas het?

'n Paar jaar gelede sou enige iemand wat 'n brief gerig het aan 'n koerant wat enige van die bostaande geopper het, sou hy a) beslis as 'n rassis uitgekryt gewees het, en b) heel moontlik van haatspraak aangekla word.

Vandag is dít wat die regses al vir jare sê egter toenemend die heersende ideologie, buiten binne die ANC self. Al die belangrike opposisiepartye, vanaf Cope tot by die OD, gaan die regses se denke gebruik om die verkiesing mee te beveg. Die enkele oorblywende randeiers wat nog steeds weier om die voor-die-hand-liggende in te sien, is jammerlik geïsoleerd. Hulle een, en inderdaad hulle enigste, verweer is om steeds sporadies en flouerig "rassisme" te skree, maar met so min oortuiging dat selfs nie eens hulself hulle eie krete eens meer glo nie.

Dit is duidelik dat die regses die leiers is wat toekomsvisie aanbetref, vir 'n hele aantal jaar al. Dit was óns wat die ding lankal sien kom het, toe die naïewes hulle ANC-lidmaatskapkaarte gaan afhaal het.

Daarom verwonder ek my aan diegene wat nog so dapper wil wees om ander regse gedagtes of voorspellings soos oa 'n volkstaat summier as onmoontlik af te maak. Regtig? Wat sal gebeur as daar 2 miljoen blankes oor is en Suid-Afrika word 'n tweede Zimbabwe, met 'n algehele ineenstorting van die staat, byvoorbeeld omdat die einste grondhervorming die land se ekonomie vernietig het? Dit sal 'n dapper persoon, of 'n groot gek, neem om te voorspel dat dit nooit, ooit kan gebeur dat blankes noodgedwonge sal moet afstig of konsolideer in een gebied nie, al is dit bloot om te oorleef.

Never say never.
free counters Afrigator