Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Monday, February 23, 2009

Rassistiese moord op skoolmeisie in Garsfontein

In 'n skokvoorval van die mees blatante rassistiese moord denkbaar, het 'n taxibestuurder 'n meisie van Garsfontein doelbewus omgery.

Die taxibestuurder het skynbaar herhaaldelik vir die meisie getoet. Toe sy nie vinnig genoeg volgens hom uit die pad beweeg nie, het hy haar volgens ooggetuies doelbewus van haar bromponie af gery. Soos die meeste eiegeregtige taxibestuurders geld die reëls van die pad nie vir sy hoogheid nie, en is sy kosbare tyd duidelik baie belangriker vir hom as 'n blote blanke se lewe.

Dit is eweneens skokkend en verbysterend dat die vermeende moordenaar hom steeds op vrye voet bevind. Die SAPD wil hulself klaarblyklik nie verwerdig om die moord op 'n blote blanke met die nodige erns te ondersoek nie. Hy kan moontlik van strafbare manslag ipv moord aangekla word, luidens die berig. Mens sidder om te dink wat sou gebeur het as die slagoffer swart was en die motoris blank. Die doodstraf sou bes moontlik tydelik heringestel word in daardie geval.

Dit kon jou of my dogter gewees het.

Ek vertrou dat die linkses en liberales sal meemaak aan die grootskeepse verontwaardiging wat hierdie skokvoorval regverdig, en die moed van hul oortuigings sal toon deur hierdie rassistiese swart-op-wit moord, een van sowat 3000 jaarliks, in die sterkste moontlike terme sal veroordeel.

Kennelik hou ek nie my asem op nie. Dit sal weer eens as "gewone misdaad" afgemaak word, in welke geval die Skierlik-skietery ook as sulks geherklassifiseer sal moet word. Verwag gerus dat die arme taxibestuurder weldra as die slagoffer geskets sal word, en apartheid onafwendbaar blameer gaan word vir sy optrede.

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator