Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Monday, February 16, 2009

Delers en stelers

Een van die aspekte van die geval Carl Niehaus wat nie veel aandag geniet nie, is die rol van die privaatsektor in die hele aangeleentheid. Ons hoor heelwat oor mnr Niehaus se eie aktiwiteite (let op: meneer Niehaus, want Beeld berig dat hy nie doktor Niehaus is nie) asook oor die voorspelbare gedrag van die totaal-korrupte ANC, wat skynbaar enige vermoë verloor het om tussen reg en verkeerd te onderskei, en Niehaus bloot geherontplooi het.

 

Volgende keer as een of ander ANC-lid of meeprater dus "rassisme" skree, hul een en enigste wapen deesdae, siende hoe die ANC toenemend ontbloot word vir die versameling skurke wat dit is, kan ons dit dus maar met groot liefde ignoreer en begin soek na geraamtes in die kas by diegene wat so opgee oor ander se rassisme. Wie weet; miskien is juis húlle lede van die Ku Klux Klan...

 

Soos ek hierbo geskryf het, is ek persoonlik ook hoogs bemoerd deur die optrede van die privaatsektor in die hele sage. Niehaus is deur 'n bekende ouditeursfirma aangestel as 'n direkteur van dié firma teen 'n salaris vêr bokant wat sy sogenaamde kwalifikasies sou regverdig. Ouditeursfirmas is veronderstel om oor sulke onkreukbare morele waardes te beskik, maar soos ons met Enron gesien het, is dit geensins 'n gegewe nie.

 

Daar is slegs een rede waarom Niehaus aangestel is: hy het ongetwyfeld belowe om gunsies en gawes by die korrupte regime te bekom, tot voordeel van die ouditeursfirma. Swart ekonomiese bemagtiging is uiteraard niks anders as 'n institusionele vorm van korrupsie nie, en 'n gewettigde vorm van die diefstal van bates op 'n rassebasis nie, maar die betrokke ouditeursfirma het duidelik geen gewetenswroegings hoegenaamd daaroor beleef om entoesiasties mbv kameraad Niehaus korrupsie te pleeg nie. Diegene wat hom aangestel het, is dus net so aandadig aan sy wandade as wat Niehaus self is.

 

So ook is Niehaus deur 'n blanke, Afrikaanssprekende prokureursfirma aangestel as 'n sogenaamde "transformasiekonsultant." Weer eens: daar was slegs een rede hiervoor – om Niehaus se verbintenisse op 'n korrupte manier te gebruik, om gunsies en gawes by die regime te wen.

 

In beide gevalle was dit tradisioneel-blanke maatskappye, wat desnieteenstaande nie geskroom het om te heul met die korrupte regime en sodoende direk of indirek hulle mede-blankes te benadeel nie. Delers is so goed soos die stelers. Dikwels staar ons ons so blind teen die regime se optrede, dat ons die meelopers in ons eie geledere, wat ons eie mense uitverkoop, miskyk.

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator