Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Sunday, February 8, 2009

Die definisie van 'n rassis...

...is iemand wat 'n argument wen met 'n linkse of liberaal, soos Peter Brimelow uitgewys het.Anderdag wys ek uit dat 'n skrywer aan Sênet verkeerd is in 'n brief wat hy oor Turkye geskryf het.


Niks in my skrywe maak melding van velkleur of ras nie, maar die skrywer se reaksie doen onmiddelik die voorspelbare: dis bloot 'n tirade wat Afrikaners sommer in die titel daarvan van rassisme beskuldig. My brief gaan oor Turkye en die Koerde; die reaksie? Oor rassisme.

Jammer, maar die skrywer het my daar verloor. Die blote gebruik van die woorde "rassis" en "rassisme", lyk dit vir my, word deur party mense (soos die selfhater in die brief hierbo) gesien as iets met 'n soort magiese krag, iets soos die "abrakadabra" van kleintyd. Sê bloot die towerwoord vir jou opponent, reken sommiges, en jy wen summier enige argument.

Beskuldig iemand dat hy 'n rassis is, en dan dink hierdie swape jy het hom stilgemaak. Diegene wat dit glo, is natuurlik lede van die nuwe geloof van Anti-rassisme. Dis uit en uit 'n geloof, met sy eie taboes, dogma en sensuur. Ook een met fanatiese ondersteuners wat Osama na 'n gematigde maak lyk.

Lees gerus hierdie rubriek vir 'n verdoemende ontbloting van die religie van Anti-rassisme vir die groot gekkespul wat dit is. Dissipels van hierdie kerk besef nie dat die beskuldiging "rassis" só tot die dood toe oorgebruik is nie, dat dit alle impak verloor het. Dit dui slegs daarop dat die een wat dit rig, die argument verloor het.

Ek ontken nie dat daar wel ware rassiste is nie. Hier is hier en daar 'n goeie voorbeeld van iemand wat wel 'n ware rassis is, en so ook is die ANC-regime se SEB en RA-praktyke uiters rassisties, maar te oordeel aan die dissipels van die Kerk van Anti-rassisme se fanatici, is al wat 'n blanke man is een. Hoe weet jy as 'n blanke man rassistiese goed sê, sou mens sweer? Sy lippe beweeg.

(Die groot ironie is inteendeel juis dat blanke mans in Suid-Afrika aan die ontvangkant is van die mees skreiende rassisme denkbaar. Op webwerwe soos Careerjunction.co.za staan daar bv blatant langs advertensies vir poste: "AA/EE", wat beteken "no white males need apply." En DIS nie rassisties nie? Asseblief. Myns insiens is sulke naakte rassisme 'n rede vir grootskeepse verset onder blanke mans, asook 'n resep vir 'n rewolusie. As die Struggle dan oor rassisme gegaan het, behoort ons Stryd ook oor die einste rassisme te gaan.)

Dis nou behalwe dié blankes wat hulself oortuig het dat hulle boete gedoen het deur hulle eie volk en ras te haat, en gereeld in die openbaar op te gee hoe sterk hulle selfhaat (Engels "self-loathing") is deur hulle mede-blankes sonder ophou van rassisme te beskuldig. Ek wonder of dit nie eerder van die dissipels van die Kerk van Anti-rassisme se eie obsessies met ras spreek nie? Spreek dit moontlik van begeertes wat onder die ou bedeling onderdruk moes word? Indien wel weet ek nie waarom kwel dit sulke mense nog nie. Die Ontugwet is lankal afgeskaf - gaan trou gerus met iemand van 'n ander volk as dit jou dan so fassineer. Niemand gaan julle daarvoor toesluit nie.

Daar is wel miljoene aanhangers van hierdie geloof, wat soveel tyd en energie spandeer aan hulle totale obsessie om imaginêre rassisme oral uit te snuffel, dat hulle ganse patetiese lewetjies daardeur oorheers word. Veral lede van die regerende ANC regime se koppies haak so erg vas by imaginêre rassisme, dat hulle die enorme probleme wat niks met andere se vermeende rassisme uit te waai het nie, vigs, armoede, korrupsie ensovoorts, skynbaar nie raaksien nie.

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator