Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Friday, February 13, 2009

Die geval Carl Niehaus

Carl Niehaus, ANC-segsman, het teenoor die Mail & Guardian gebieg dat hy 'n hele aantal geraamtes in die kas het.

 

Mens kon nou seker in sy karakter ingeklim het, maar dit sou bloot daarop neerkom om die voor-die-hand-liggende te sê: wat verwag mens van iemand wat bereid was om sy eie volk aan 'n bende terreursaaiers uit te verkoop? Ek hoop mnr Niehaus kry vergifnis en moontlik hulp sodat hy sy optrede kan verwerk. Ek hoop veral dat hy in die proses vir sy volk, die Afrikaners, nederig en in die openbaar vir sy volksverraad om verskoning vra, en erken dat dit die heel ergste misstap was wat hy kon pleeg.

 

Hoe dit ook al sy, 'n paar ander gedagtes het by my opgekom toe ek vanoggend van die nuus verneem.

 

1. Samuel Johnson het die opmerking gemaak dat: "Patriotism is the last refuge of the scoundrel." Mens kan dit vir ons huidige situasie wysig. "Accusing others of racism is the last refuge of the scoundrel." Gaan lees gerus mnr Niehaus se herhaalde beskuldigings en vingerwysings oor sg rassisme op sy blog-inskrywings. Beskuldigings van rassisme is myns insiens bykans altyd bedoel om die blatante tekortkominge by diegene wat dit rig, the verbloem. Dis 'n rookskerm. Dis die gebruik van die "aanval is die beste verdediging" strategie.

 

2. Volgens die Mail & Guardian se berig het die ANC lank reeds geweet van mnr Niehaus se optrede. Dit maak 'n bespotting van dié party se sogenaamde verbintenis tot die geveg teen korrupsie dat hy nog enigsins 'n segsman, die openbare gesig van die ANC, kon wees. Weer eens, niemand is verbaas daaroor nie. Selfs diegene soos ek wat die ANC beskou as die grootste bende kleptokrate op die planeet, onderskat waarskynlik die ware omvang van die korrupsie.

 

3. Ek is gewalg deur die optrede van Deloitte en Touche, die ouditeursfirma, in hierdie saak. Die deler is net so goed soos die steler. Hulle, 'n firma wat veronderstel is om hoë etiese standaarde te handhaaf, het blatant probeer om die regerende regime se guns te koop deur mnr Niehaus effektief om te koop met 'n buitensporige salaris. Indien dit nie korrup is nie, is dit hoogs oneties. Helaas is dit 'n praktyk wat onder vele besighede voorkom, en geen grense van ras of taal ken nie. Hoe ouer ek word, hoe meer kom ek onder die indruk dat die Hollywoodse stereotipe van Gordon Gekko 'n juiste een is. Skaam julle, Deloitte en Touche. Julle is niks beter as die ANC regime nie.

 

4. My laaste opmerking gaan aan alle blanke meelopers en sikofante. Ek wonder hoeveel respek die ANC vir manteldraaiers soos mnr Niehaus het? Is hy deur hulle gesien as bloot 'n nuttige idioot, nes julle kinderlik-naïewes wat julle verbeel politiek gaan nie veral in Afrika oor etniese identiteit nie?

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator