Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Saturday, February 14, 2009

Ek het my laaste Rapport gekoop

'n Paar Sondae terug het Tim du Plessis 'n goeie argument gelewer wat gelui het dat 'n vrye pers een van die min oorblywende hoekstene van die demokrasie in Suid-Afrika is. Die parlement is 'n nuttelose versameling van korrupte narre en korruptes wat bloot die ANC se besluite goedkeur, en die regbank is besmet met diegene soos John Hlope.

Ek het saamgestem met Tim, en in 'n brief aan Sênet gereken ek sou ter ondersteuning van een van die hoekstene van die demokrasie, die gedrukte weergawes van Afrikaanse koerante fisies aankoop, al verkies ek om die aanlynweergawes te lees.

Helaas het Liza Albrecht se bekentenis in haar blog in Rapport vandag my siening verander. Sy erken naamlik dat sy 'n bewonderaar van die ANC was, maar skynbaar (redelik onlangs, lei ek af) ontnugter geraak deur dié organisasie.

Carl Niehaus is nie sonder rede van hoogverraad aangekla en skuldig bevind nie. Die ANC is en was nog altyd 'n versameling lafhartige terroriste wat Afrikaners soos ek in oa die Kerkstraatbom vermoor het. Om die ANC ooit te bewonder het, of om lid te wees daarvan, is volksverraad, finish en klaar. Die ANC wou en wil die Afrikaner vernietig; vóór 1990 was dit met bomme en sanksies, en ná 1994 was dit met regstellende aksie, die oorlog op Afrikaanse skole, plekname, die ontbinding van die kommando's en ander taktieke.

Vir my om Rapport te koop met me Albrecht as die redaktrise daarvan, is dus soos vir 'n Jood om in die 1930's in Nazi Duitsland Der Stürmer te wou gekoop het.

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator