Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Sunday, February 8, 2009

Mutual & Federal en New York se gierige bankiers

Moneyweb berig vanoggend dat Mutual & Federal, die korttermynversekeraar in die Old Mutual stal, het aangekondig dat hy bonusse gaan betaal aan sy direkteure.

 

Bonusse aan die direksie is niks buitengewoon nie, is dit?

 

Wel, ja, dit is, gegewe dat die maatskappy enorme verliese gely het oor die afgelope jaar. Hy het ook 20% van sy werkers in die pad gesteek en pakkette gegee oor die afgelope jaar. Gegewe hierdie toedrag van sake, is die bonusse wat hy aan sy direksie uitbetaal het nie net onverdedigbaar nie, maar inderdaad obseen.

 

Dit spreek van die ergste vorm van kapitalisme; die siniese uitbuiting van werkers en die selfverryking van die base ten koste van die werkers wat hulle poste verloor het. M&F se base sal dan egter onder die eerstes wees om te kla en kerm as die werkersklas op 'n sprong na links in die politiek aandring.

 

Barack Obama het voorgestel dat die "arme" bankiers wat deur Amerikaanse belastingbetalers se geld gered moes word uit 'n situasie waartoe hulle eie gierigheid regstreeks bygedra het, se salarisse beperk word na $500,000 per jaar. Volgens die New York Times is R5 miljoen egter hopeloos te min om hierdie arme siele se uitspattige lewensstyle te handhaaf.

 

Wonder hoekom my hart nie vir hulle bloei nie.

 

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator