Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Sunday, February 8, 2009

Viva Julius Malema!

Tydens die opening van die Parlement Vrydag, het Talk Radio 702 'n onderhoud met Koos van der Merwe, voormalige KP en huidige IVP LP gevoer.Koos is nie iemand wat terughou of sy tong byt nie. Hy het 'n briljante punt gemaak.

Sy punt was dat die ANC (en veral sy per-definisie gestremde blanke sikofante, sou ek persoonlik byvoeg) fundamenteel te onnosel is om die verskil tussen 'n bate en 'n las te eien. Die ANC verstaan nie dat Julius Malema geweldig baie doen om die debietkant van die ANC se balansstaat na benede te rem nie.

Malema is, naas die korrupte veelwywer met sy verdagte vriende en St 2 opvoeding, die een, grootste las waaroor die ANC beskik. Koos het selfs aangebied om Malema se salaris te betaal, gedagtig aan Napoleon Bonaparte se bekende gesegde: "moet nooit jou vyand onderbreek terwyl hy 'n fout maak nie." Malema is Cope, die IVP en die DA se grootste bate; hul grootste stemwerwer; veel meer effektief as wat enige Helen Zille of wapenskandaal kan droom om te wees.

Hy is rasionele Suid-Afrikaners se grootste motivering om te besef dat die ANC niks meer is as 'n korrupte versameling skuimsuiers nie. Alhoewel Koos sy aanbod grappenderwys bedoel het, sou die befondsing van Malema se salaris geensins 'n irrasionele optrede wees nie. Ek is persoonlik bereid om by te dra tot Malema se salaris, want sy uitsprake, ideologie en optrede is so verregaande, so vermaaklik, dat dit inderdaad tot 'n hele nuwe party gelei het (Cope) en 'n ganse industrie; Malema-bashing - tot gevolg gehad het.

Nee, ernstig, ek sal bydra tot hierdie volslae moroon se salaris. Die klag teen Malema by die MRK deur Afriforum is daarom myns insiens 'n fout. Malema is 'n droom vir enige opposisieparty. Ons moet hom nie aankla nie; ons moet hom aanmoedig. Ons moet Malema op elke denkbare manier provokeer. Ons moet hom kry om soveel as moontlik in die openbaar te praat.Malema is naamlik die argetipe van alles waarvoor die ANC staan.

Die sikofante kan gerus maak of hulle 'n weersin aan Malema het, maar nietemin is hy 'n gewilde figuur. Hy is hulle party se openbare gesig, nes die korrupte veelwywer Zuma is.Om lid te wees van die versameling kriminele en skuim wat die ANC is, is dieselfde as om per definisie 'n Malema- en Zuma-aanhanger te wees, want beide Zuma en Malema geniet groot, en inderdaad die meerderheid, se steun in die ANC.Jy kan nie effens swanger wees nie.

Jy kan ook nie 'n effense ANC-lid wees nie, een wat Mandela bewonder maar nie Zuma of Malema nie. Zuma, die korrupte veelwywer, is die ANC se huidige leier, Malema die leier van die Jeugliga. Jy kan nie 'n absolute weersin aan byvoorbeeld Helen Zille koester maar nog steeds die DA ondersteun nie, want Zille is jou party se openbare aangesig.

Assosieer jou dus per implikasie met semels soos Malema of Zuma, en jy identifiseer jouself as varkkos, as 'n aanhanger van dit wat beide Zuma en Malema voorstaan.Viva Malema en Zuma!

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator