Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Sunday, February 8, 2009

R&B en Hip-hop hoort 'n halsmisdaad te wees

Neil Barnard (geen verwantskap nie), gewese nasionale veiligheidshoof, is in die pekel omdat hy glo 'n buurman met 'n wapen gedreig het omdat laasgenoemde aanhoudend R&B musiek gespeel het.Ek moet bieg dat my simpatie volledig by Neil Barnard is. Daar is geen verskoning om R&B musiek te pleeg nie, en veral nie om ander mense daarmee te teister nie.

Mens pleeg R&B deur dit te skryf of om dit te speel. Om dit willens en wetens aan te koop en dan daarna te luister, spreek inderdaad van ernstige psigiese probleme by die aanhoorder daarvan. Dis onseker of diegene wat van R&B hou per definisie versteurd is omdat hulle sulke totale kak koop, of mettertyd versteurd raak juis omdat hulle daarna luister nie. Miskien is dit 'n kombinasie van beide.

R&B is 'n uiters irriterende gejodel - "ooo-waa-ooo-aaa-waa-wuu" wat spreek van 'n bepaalde breindood mentaliteit by eerstens die kunstenaars wat dit pleeg, maar veral by die volslae, versteurde idiote wat daarna luister. Dis soos Douglas Adams se storie oor die Vogons se digkuns - ek sal nie verbaas wees as die aanhoor van R&B na ernstige inwendige bloeding kan lei nie.Soos muskiete die demone van die arthropoda is, is R&B die demoon van musiekstyle, 'n totale verpesting waar dit by musiek kom.

Dis ontbloot van meriete, dit is swak, swak, swak, tot die dood toe swak. Dis die musikale ekwivalent van die Ford Edsel.As jy my wil martel en ernstige psigose by my veroorsaak, moenie my vingernaels uittrek nie. Dwing my bloot om na Mariah Carey of Brian McKnight te luister.Neil Barnard is nie die skuldige hier nie. Die blote produksie en vrystelling van R&B musiek moet tot 'n halsmisdaad verklaar word, strafbaar met oombliklike teregstelling, hetsy in die ateljee of op die verhoog. Sy buurman behoort vir die doeleindes van die veiligheid van die gemeenskap, permanent in Valkenberg opgesluit te word.

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator