Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Sunday, February 15, 2009

Wat is jou verskoning, kameraad Sutcliffe?

'n Paar jaar gelede is ek saam met 'n kollega Maputo toe in 'n geklike poging om 'n rekenaarstelsel aan die Mosambiekse regering te smous. Geklik omdat ons so naïef was om daar op te daag sonder minstens 'n hele paar tienduisende dollars om die nodige mense om te koop.

Een ding wat my veral getref het van Maputo, terwyl ons gewag het vir afsprake met amptenare wat niks daarvan gedink het om ons vir 5 ure te maak wag nie, was die absolute smerigheid van die plek. Die vullis het letterlik heuphoogte in sekere dele van die stad gelê. Jy kon nie op die sypaadjies loop nie, so hoog was die berge vullis. Mense het in die strate geskyt, beeste geslag, net daar gaargemaak, en skynbaar salig onbewus van die ongelooflike vullis en algemene smerigheid hulle ding gedoen.

Maputo is Suid-Afrika se voorland ook.

Mike Sutcliffe is 'n voormalige dosent in die sosiologie aan die Universiteit van Natal en tans eThekwini se stadsklerk / munisipale "bestuurder" (let op die aanhalingstekens). eThekwini is terloops Zoeloe vir "die plek by die bul se balle" (nee, regtig), ook bekend as Durban vir jou en my. Soos sulke blanke meelopers wat hoë poste by die ANC regime kry nou maar is, is Sutcliffe 'n ekstreem-linkse en derhalwe per definisie absoluut uit sy diepte waar dit by sy amptelike pligte kom.

Kameraad Sutcliffe is 'n hardekwas Marxis, synde 'n voormalige dosent in die sosiologie aan 'n Engelstalige universiteit. As Suid-Afrika China was, het Sutcliffe Mao-baadjies gedra. Hy dra weliswaar belaglike pseudo-Afrika uitrustings wat stellig na sy beskeie mening die guns van sy Stalinistiese / Marxistiese helde, die fundamenteel-korrupte ANC regime, sal wen.

Kameraad Sutcliffe was hoogs ontstoke toe Durban se strande hulle internasionale blouvlagstatus verloor het agv riool en besoedeling. Hy ontken in die skakel hierbo dat Durban se strande besoedel is. Te oordeel aan die foto's in die skakel hieronder, kom kameraad Sutcliffe nie veel uit sy kantoor uit nie.

'n Durbanse fotograaf, Snowy Smith, is besig om die verval van Durban in beeld vas te lê. Kyk hier. Smith het al 16 briewe aan kameraad Sutcliffe geskryf wat aandring dat iets gedoen word aan die situasie, sonder enige reaksie van kameraad Sutcliffe se kant af.

Volgens Smith: "
There were three murders on Durban beach on December 18 alone. And during the last eighteen days in December, there were 1722 assaults, 111 gunshot wounds, 493 stabbings, 282 rapes.  On Christmas and New Year's, literally millions of broken beer bottles, human waste were deposited along the Durban beach front."

Ten minste kan baie van jou ANC-maatjies apartheid, bantoe-onderwys of, les bes, rassisme blameer, kameraad. Wat is jóú verskoning vir jou volledige onbekwaamheid?

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator