Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Sunday, February 22, 2009

Julle is so dapper, Sax Appeal se redaksie

Sax Appeal is Ikeys se joolblad. Studente en spesifiek joolblaaie is berug vir hulle moedswilligheid en kru humor.

Sax Appeal het dit hierdie jaar egter bietjie verder as gewoonlik gevoer. Hulle het na Christene as "stupid cunts", God as 'n "pervert" en Jesus as 'n "tool" verwys. Vir die rekord: ek is nie 'n Christen nie en dus nie persoonlik besonder gegrief deur hierdie soort uitlatings nie. Ek kan wel verstaan dat praktiserende Christene aanstoot sou neem.

Wat my wel opval, is dat Christene sagte teikens is vir diegene soos Sax Appeal. Al wat gaan gebeur is dat daar 'n storm van protes gaan wees in die vorm van briewe aan koerante, maar nie veel anders nie. Die Joodse spotprenttekenaar Zapiro het onmiddelik op die wa gespring en hoog en laag begin opgee oor spraakvryheid.

Nou goed, kom ons toets dit. Kom ons kyk hoe tolerant is ander groepe behalwe die Christene wat sulke sagte teikens is. Koms ons toets die limiete van spraakvryheid deur ander groepe by te kom vir 'n verandering. Been there, done that, trashing Christians.

As julle dan sulke grootmenere is, Sax Appeal se redaksie, bewys dit aan ons. Waarom skryf julle nie iets in 2010 se joolblad wat, sê, Mohammad of die Jode se waardigheid aantas nie? Teken byvoorbeeld 'n spotprent van 'n vark wat preek in 'n moskee en publiseer dit in julle tydskriffie.

Kaapstad het hoeka 'n beduidende Moslemgemeenskap. Kom ons kyk hoe dapper en ten gunste van vryheid van spraak is julle regtig. Kom ons kyk wat gebeur as julle Allah as 'n pervert sou beskryf.  Kom ons kyk hoeveel hou Zapiro daarvan as julle Hitler as 'n held beskryf.

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator