Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Friday, February 20, 2009

Alternatiewe nuus vir 'n Vrydag

Ek hou soms van die "alternatiewe" nuusberigte wat mens in die koerante kry. Dis nou as dit nie handel oor een of ander doodvervelige, talentlose R&B-ster (laasgenoemde paar terme is uiteraard 'n toutologie) soos Justin Timberlake nie.

Die volgende is vir my 'n fassinerende storie. Kyk, ek het al na mense se dreadlocks gekyk en gewonder wat die parasietlading daarin moet wees, maar die volgende berig verwys sekerlik na die moeder van alle dreadlocks, die Rooikat-pantserkar van haarstyle.

 'n Vrou in Kansas City is deur haar voormalige kêrel geskiet. In die kop. Die koeël is egter deur haar haredos gestop. Sy het ongedeerd daarvan afgekom! Nou presies hóé styf moes daai dreadlocks gewees het, as dit wel dreadlocks was? Of was dit een van daai 1960's tipe beehive-haarstyle wat met geweldige hoeveelhede chemikalieë in plek gehou word?

Die tweede storie is een van 'n man van Buffalo, New York, wat 'n TV-uitsaaier gestig het om Amerikaners te oortuig dat Moslems nie sulke slegte ouens is nie.  Bridges TV kan in verskeie Amerikaanse state gesien word, en is opgedra aan die verbetering van die beeld van Moslems.  

Volgens 'n persvrystelling: "A new cable network for Muslim-Americans is up and running in Detroit. Bridges TV says it wants to inform and entertain Muslims and, at the same time, give viewers who aren't Muslims a glimpse into their culture."

Die eienaar van Bridges TV, Muzzammil Hassan, is egter tans in die tronk.

Hoekom?

Mnr Hassan het dit goed gedink om sy vrou te onthoof. Dis onbekend of sy vóór die moord gedwing is om 'n boerka te dra…

 

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator