Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Sunday, February 8, 2009

Liza Albrecht se vervanging van Tim du Plessis

Liza Albrecht het vir Tim du Plessis as redakteur van Rapport vervang. Nóg 'n blanke manlike Afrikaner is dus terloops vervang; etnies gesuiwer uit 'n bestuurspos, maar dié keer nie deur die gewone verdagtes soos die ANC-beheerde staatsdiens nie.

Nee, dit was sommer ánder Afrikaanssprekende blankes (ek huiwer om hulle Afrikaners te noem) – Naspers. Het Tim se rigtingverandering nádat sy seun die plesiere van regstellende aksie eerstehands ervaar het, te veel vir die ideologiese meesters by Naspers geword? Die Burger, Naspers se Kaapse dagblad, wat glo op Afrikaners gemik is, se redaksie is insgelyks reeds grootliks gesuiwer van blanke Afrikanermans en aan Naspers se "Afrikaanses" oorhandig, onder andere Zelda Jongbloed, wat meen dat die swak matriekuitslae glo aan apartheid toegedig kan word.

Me Albrecht erken self in haar intreeblog dat sy onervare is. Sy het minder as 10 jaar ervaring in die koerantwese. Hardebaardjoernaliste en subredakteurs met jare se ervaring, sal nou aan haar moet rapporteer. Hulle is oor die hoof gesien vir slegs een rede: hulle is lid van daai ongewenste muishondspesie, die blanke Afrikaanse man. Geoffer aan die altaar van politieke korrektheid, met ander woorde.

Me Albrecht was voorheen die redaktrise van By. By het 'n bepaalde, linkse inslag gehad. Só is daar byvoorbeeld die mees verregaande, ekstreem-linkse anti-Afrikaner, anti-blanke propaganda uit die gifpen van Christi van der Westhuizen, eertydse trawant van Max du Preez geplaas. Die einste Liza Albrecht het egter vir Dan Roodt die reg tot repliek op me Van der Westhuizen se rubriek geweier. Daar was glo 'n "gebrek aan spasie."

Vandag skryf me Albrecht haar intreeblog op Rapport se webwerf. Voorspelbaar is haar blog reeds gekontamineer met die geykte, politiek-korrekte terme: "heterogeen", "Afrikane", "Suid-Afrikaners" en "wêreldburgers." Amerika wil in reaksie op die geldkrisis sy horings intrek en nasionalisties optree deur mense aan te moedig om Amerikaans te koop. Me Albrecht predik egter steeds 'n wollerige, internasionale broederskap van die mensdom.

Soos Gustav Venter in 'n repliek op haar blog uitwys, skitter die woord "Afrikaner" in sy afwesigheid, iets wat alreeds boekdele spreek van me Albrecht se ideologiese hellery na die linkse kant van die spektrum.Ek is egter bereid om te wed dat die een, grootste groep van Rapport se lesers juis daai einste muishonde is wat Naspers so wil suiwer uit die organisasie – blanke Afrikanermans.

Dis duidelik dat Albrecht-hulle na die bruin mark probeer vry met die gebruik van daai afstootlike Naspers-uitvindsel: "Afrikaanses", m.a.w. bruines ook, maar tog erken sy per implikasie dat haar grootste aantal lesers nie bruines is nie wanneer sy skryf: "met ons grootste leserskap in Gauteng en in die Kaap. Die koerant penetreer sowat 27% van die algehele Afrikaanse mark."

Rapport se groot konsentrasies lesers is dus in Gauteng - op die Oosrand, in Pretoria, dele van Johannesburg en dan in die Weskaap - die noordelike voorstede van Kaapstad. Dis beslis nié op Mitchell's Plain of in Soweto nie. Nietemin is Naspers skynbaar gedetermineerd om sy verwronge multi-kulti ideologie in sy oorwegend Afrikanerleserkorps se keel af te dwing. Weer eens is Gustav Venter korrek in sy repliek.

Ons is siek en sat vir multi-kulti propaganda en onrealistiese twak oor die wonderlike reënboognasie. Daar is 'n groot dissonansie tussen wat Naspers se sikofante dink en hoe sy lesers die Nuwe Suid-Afrika werklik ervaar. Ek stel net soveel belang in 'n Zelda Jongbloed se mening as in 'n inwoner van Borneo s'n, want hulle is beide nie lede van my volk nie.

Me Albrecht en Tim du Plessis verknies hulle in hulle blogs op opeenvolgende Sondae oor die moeilike tye wat Rapport en ander publikasies binnegaan. Vir solank as wat Rapport en ander Naspers-publikasies egter voortgaan om my en ander blanke Afrikanermans, wat die meerderheid van hulle lesers opmaak, te vervreem, gaan hulle hulself in die voet skiet, en is beide Rapport en ander Afrikaanse koerante in die Naspersstal se dood binne 'n dekade 'n gegewe.

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator