Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Sunday, February 8, 2009

Jacob Zuma het nou bloed op sy hande ook

Dit word berig dat een van Jacob Zuma se blouligkonvooi-voertuie 'n voetganger doodgery het. Die konvooi was onderweg na Nongoma om Zuma te gaan optel. Kameraad Carl was vinnig om uit te wys die Zoeloe Messias was nie ten tye van die ongeluk in die konvooi nie, maar dit is nietemin Jesus Zuma se eie blouligkavalkade en daarom mis Kameraad Carl weer (soos gewoonlik) die punt.

Dit is die tweede geval waarin die roekelose optrede van hierdie testosteroon-gedrewe ape tot die dood van 'n onskuldige mede-padgebruiker gelei het. Vroeƫr is 'n ander motoris, mnr Kyle Harris, ook dood weens die optrede van hierdie wettelose bobbejane. Met groot ironie is dit waarskynlik dat die onskuldige wat doodgery is, 'n lid van Zuma se eie volk, 'n Zoeloe. (Vir al die politieke korrektes: let op dat dit nie bekend is wat die rassegroep van die skuldige bestuurder is nie. Vir al wat ek weet was hy wit.

Die gebruik van die term bobbejaan verwys dus na die onnosel optrede van die lede van die blouligkonvooie.)Benewens die wettelose eiegeregtigheid waarmee die blouligkonvooie optree, is die ander probleem dat hierdie konvooie 'n onwettige besteding van staatsfondse is. Zuma is nie 'n staatsamptenaar nie, alhoewel hy die hoof is van die ANC. Hy beklee geen pos waarvoor die belastingbetaler hom besoldig nie, en derhalwe het hy net so min aanspraak op 'n kavalkade duur Duitse motors met gewapende bobbejane agter die stuur, as wat Helen Zille of inderdaad ekself het.

Die feit dat hulle teen 180km/h jaag en chaos op die paaie saai, is niks anders as 'n soort magsvertoon deur 'n wettelose politikus aan die hoof van 'n wettelose groep voormalige terroriste en huidige misdadigers nie; 'n spreekwoordelike Afrika-"Big Man" wat homself duidelik as nie net verhewe bo die landswette beskou nie, maar sommer vir 'n soort goddelike figuur aansien. Dit is simptomaties van die versnellende pas waarteen Suid-Afrika besig is om in 'n volslae piesangrepubliek te verander.

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator