Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Tuesday, February 17, 2009

Een rede waarom Japan ryk is en Afrika arm

Die Japannese minister van finansies, Shoichi Nakagawa, het bedank.  Wat was die oorsaak, dink julle? Het hy moontlik geld by 'n korrupte sakeman ontvang? Haatspraak verkondig? 'n Afslag op 'n Mercedes gekry? Korrupsie gepleeg tydens 'n reisskandaal? Is hy van verkragting aangekla? Het hy handtekeninge vervals? Het hy ses vrouens en nog 'n verdere swetterjoel houvrouens en huurhoere op sy kerfstok?

Nee, hy het bloot verkouemedisyne en wyn gemeng, en toe onsamehangend op 'n G-7 vergadering oor die naweek voorgekom. Nakagawa het vandag vrywillig bedank. Dit word genoem toerekeningsvatbaarheid.

Bostaande is een van die groot redes waarom Afrika vir altyd die verloorderkontinent sal bly. Daar is in Afrika se politici en kiesers se koppe skynbaar geen sprake van toerekeningsvatbaarheid nie. Jy kan 'n enorme verleentheid wees, 'n korrupte veelwywer wat gunsies en gawes van 'n veroordeelde misdadiger ontvang, maar jy sal desnieteenstaande president word, omdat jy en jou party en miskien veral julle stemvee, wat blindelings aanhou om vir jou te stem, skynbaar hoegenaamd geen begrip van reg of verkeerd het nie.

Gekoppel aan bostaande moet mens ook erken dat die armes in Afrika, die kiesers wat bloot aanhou om vir sulke korrupte politici te stem, nie op andere se simpatie kan reken as hulle nie ook hulle kant bring nie. As jy verseg om die verband tussen jou reg om te stem en jou eie ellende raak te sien, as jy aanhou om vir dieselfde ou spul te stem, al krepeer jy omdat hulle jou besteel en verneuk, verdien jy dan nie die regering wat jy kry, asook jou ellende nie? 

Is jy dan nie juis arm presies omdat jy vrywillig en herhaaldelik die verkeerde keuses gemaak het toe jy gestem het, omdat jy vrywillig kies om nie jou eie lot te bestuur nie? Dis nie die Weste of blankes se skuld nie. Die besluit vir wie om te stem, en die regering wat jy dan kry, is slegs jou eie keuse. Die Japannees hierbo genoem het bedank omdat sy party die gevolge by die stembus vrees, omdat Japannese kiesers hulle lot in hulle eie hande sal neem as politici hulle teleurstel.

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator