Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Wednesday, February 18, 2009

Die vaardigheidstekort is 'n mite

Mens lees dikwels in die pers van Suid-Afrika se sogenaamde tekort aan vaardighede. Werkgewers, of só word vertel, sukkel om gekwalifiseerde, bekwame werknemers te kry.

Dis nie dikwels dat ek met Jimmy Manyi saamstem nie, maar ek is dit met hom eens dat die sogenaamde vaardigheidstekort in Suid-Afrika 'n mite is. Daar is niks van die aard nie.

Daar is wel 'n tekort aan twee dinge.

Een is dat daar 'n tekort is aan swartmense met vaardighede wat werknemers kan aanstel om die regime se rassistiese kwotas te vul. Daar is egter sonder twyfel 'n geweldige ooraanbod van vaardighede as mens na die bevolking as geheel kyk.

Hoe anders kan mens dan verklaar dat soveel blankes uit hulle poste ontslaan is in die orgie van etniese reiniging veroorsaak deur die regime se rassistiese praktyke sedert 1994? Sedert 1994 het sowat 120,000 blankes in die staatsdiens alleen pakkette gekry. Die onstlag van soveel mense klop onmoontlik nie met 'n sogenaamde tekort aan vaardighede nie, doen dit? As daar 'n krisis met vaardighede is, sou só 'n grootskeepse veldtog van ontslag geen sin gemaak het nie.

Die tweede aspek van die sogenaamde tekort is dat daar nie soseer 'n tekort aan diegene met vaardighede is nie, maar veel eerder 'n tekort is aan werknemers is wat bereid is om internasionaal-mededingende salarisse vir vaardighede te betaal. Daar is derduisende Suid-Afrikaanse dokters, onderwysers, verpleegsters en ingenieurs wat oorsee sit. Dit is nie net agv die ongebreidelde misdaad in Suid-Afrika nie, maar ook omdat hulle oorsee veel beter geld kan verdien.

As Netcare dus kla dat hy nie mediese personeel kan kry nie, is hy eintlik besig om te sê dat hy as werkgewer nie bereid is om salarisse te betaal wat met dié in Londen kan meeding nie. Laasgenoemde is hoegenaamd nie dieselfde as 'n vaardigheidstekort nie. Wat Netcare wel oor kla, is dat daar nie eerstewêreldse vaardighede en kundigheid is wat bereid is om teen derdewêreldse besoldiging te werk nie.

Daar ís Suid-Afrikaners met die nodige vaardighede. Suid-Afrikaanse werkgewers is bloot net nie bereid om daarvoor te betaal nie, en veral nie om diegene met die regte vaardighede maar die verkeerde velkleur vir hulle vaardighede te vergoed nie.

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator