Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Monday, June 29, 2009

Onderhoud met Piet Helium

Joernalis: Meneer Helium, daar is diegene wat sê u ry bloot op die rug van die fondasie wat Jake White en veral Eddie Jones gebou het. Die Springbokke wen glo ten spyte van u nie as gevolg van u nie. Wat is u kommentaar?

Piet Helium: Wie sê so? Is dit daai White kêrel? Kyk na sy van. Hoe kan jy nie 'n rassis wil wees met so 'n van nie? Daar is niks wat iemand my van die dertienmanspel kan vertel nie.

Joernalis: Sover ek weet het rugby 15 spelers, maar hoe dit ook al sy. U word vir u spankeuses gekritiseer…

Piet Helium: Kyk, die All Blacks en Engeland speel miskien rugby vir ander redes, maar ons hier in Suid-Afrika speel rugby om aan ons Vreeslose Leiers te bewys hóé getransformeerd ons is. Ek sal kies wie ek wil al kry my spelers binne 10 minute 'n rooi kaart, verstaan jy vir my?

Joernalis: Nie net word u spankeuses gekritiseer nie, maar ook u kommunikasievaardighede. Mense sê u is skiet uit die heup uit op perskonferensies en is dikwels onsamehangend.

Piet Helium: Ek stem nie saam nie. Rugby word deur agterlike Dutchmen beheer en alhoewel ek soos Minnie Mouse klink, kom dit van 'n sportbesering toe 'n ou my linkerbal tussen sy tande vasgebyt het. Hoekom vra jy my anyway so 'n vraag? Is jy miskien 'n rassis? Hê? Jou moer man. Jy is seker 'n Dutchman. Rugby is nie vir sissies of Dutchmen nie.

Joernalis: U privaatlewe is ook omstrede. Daar was die voorval in 'n parkeerterrein.

Piet Helium: Daai wit tert wat gaan kla het omdat sy moes wag dat die Viagra moes begin werk, is 'n rassis. Ek het 'n Godgegewe talent, wat ook strek tot by die agtersitplekke van karre. Sy moes minder gekla het dat sy ander kliënte kon sien in die tussentyd en dankbaarder gewees het dat ek, die Groot Piet, haar gediens het. 

Joernalis: Hoe gaan u span lyk vir die derde toets? Gaan u eksperimenteer?

Piet Helium: Ja, ek gaan. As 'n lojale ANC-kader gaan ek goeie regstellende spankeuses toepas. Heinrich Brussow mag dink hy is 'n goeie balsteler, maar ek het 'n geheime wapen op nommer 6. Wat Heinrich nog moet leer van steel, het Jacob en Schabir, my flanke vir Saterdag, al vergeet. Daar is baie talent om van te kies vir die voorry. Nkosazana en Phumzile het die perfekte liggaamsbou vir stutte en hulle body odour sal die opposisie huiwerig maak om te skrum. My hele agterlyn gaan ANC-parlementslede wees, wat ons almal 'n ding of wat kan leer van weghardloop vir die Skerpioene.

Joernalis: Is dit nie 'n eenogige spankeuse nie? Wat van ander partye?

Piet Helium: As 'n spesiale toegewing aan ander partye, gaan Helen ons mediese beampte wees. Enige ou wat seerkry, gaan onmiddelik 'n hele reeks Botox-inspuitings in die deel wat seer is kry. Helen gaan ook sommer ons cheerleader wees want sy's gewoond daaraan om 'n hele span mans deur te draf.

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator