Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Wednesday, June 10, 2009

Reg vir R100,000 jaarliks minder in jou sak?

Dit was tot nog toe moontlik vir baie Afrikaners om ons te verbeel alles gaan voor die wind in die land. Veral diegene wat gelukkig genoeg is om oor skaars kwalifikasies en ervaring te beskik, kon elke Saterdag hulle rugby kyk en hulle verbeel dat dinge tog nie heeltemal so sleg is nie. Tot jy beroof of jou vrou verkrag word...

Dinge is aan't verander. Die ANC maak geen geheim daarvan dat die rewolusie geensins verby is nie. Die Nasionale Demokratiese Rewolusie, NDR, is steeds die oorkoepelende ideologie binne die ANC. In eenvoudige terme is die ANC se visie vir die toekoms een van 'n Marxistiese land soos Kuba, en alles wat dit impliseer.

Daar is alreeds 'n geweldige sosialistiese staat in plek. Vir elkeen van die 5 miljoen persoonlike belastingbetalers, is daar 3 ontvangers van een of ander vorm van welsyn soos 'n  kindertoelaag. Jy, meneer en mevrou die belastingmelkkoei, onderhou alreeds minstens 3 ander, en waarskynlik ook hulle uitgebreide gesinne. Dit is waarom dienslewering ineenstort. So 'n welsynstaat, waar 5 miljoen 50 miljoen ander moet onderhou, is eenvoudig nie bekostigbaar nie.

Vanaf die Polokwane-omwenteling, en veral met die inhuldiging van president Zuma, is dit duidelik dat die linkses en veral die vakverbonde die stert is wat die hond swaai. Die eerste stuk sosialisme wat daardie houtgeruste melkkoeie wat in ontkenning gaan tref, is op ons.

Dit is die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering, die NGV. Daardie plan stel ten doel om aan almal, en vermoedelik ook die 10-15 miljoen onwettige immigrante, mediese sorg te verskaf, vir die rekening van die 5 miljoen melkkoeie. As die NGV jou nie bekommer nie, het jy hetsy nie 'n werk nie, is jy so ryk soos Bill Gates, of kan jy nie lees en skryf nie.

Die NGV se koste word op 'n addisionele 100 miljard rand (R100,000,000,000) beraam. Jy, as lid van die 5 miljoen melkkoeie wat wel persoonlike belasting betaal, sal daarvoor moet betaal. Hoe meer jy verdien, hoe meer sal jy moet opdok (lees die stuk in die skakel.)

Hoe gaan dit jou sak dus raak? Dis 'n eenvoudige som om te maak. Daar is slegs 5 miljoen betalers van persoonlike belasting. Elkeen van hulle sal gemiddeld R100,000,000,000/5,000,000 oftewel R20,000 per jaar meer moet opdok aan belasting. As jy en jou gade albei werk, sal jy met minstens R40,000 minder jaarliks moet klaarkom, sowat R3000 per maand minder.

Hier is egter die geneuk. Belasting is glo "progressief" (mooi woord vir diefstal, nie waar nie?) Hoe meer jy verdien, hoe meer betaal jy. Die verskil is beduidend: diegene op die topkerf van inkomste betaal sowat 20 maal meer aan belasting as diegene op laer kerwe. Diegene wat meer verdien, sal noodwendig beduidend meer as R20,000 per jaar moet betaal.

Is jy en jou gesin reg om elke jaar maklik R100,000 minder huistoe te vat? R12,000 per maand minder? Nie so gedink nie.

Jy kan agv 'n getalle-oorwig niks hieraan doen by die stembus nie. Wat gaan jy dus doen? Gaan jy emigreer? En as jy nie kan emigreer nie?

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator