Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Saturday, June 27, 2009

Die taxibedryf se absurde eise

Ek het groot vertroue in die vrye mark, veral in teenstelling met staatsbeheer van die ekonomie. Die mark kan baie beter en vinniger besluit wat die waarde van 'n item is en hoeveel aanvraag daar daarvoor bestaan, as wat 'n burokraat in 'n stowwerige kantoortjie kan maak.

Die vrye mark is egter nie volmaak nie. Krisisse soos die subprimakrisis gebeur van tyd tot tyd, maar andersyds verkeer die kommunisitiese alternatief vir die vrye mark deurentyd in een groot krisis. Mense het konstant in die USSR tou gestaan vir brood omdat daar 'n kontinue krisis met vraag en aanbod bestaan het. Die burokrate kon eenvoudig nie so akkuraat soos die vrye mark voorspel wat die aanvraag vir brood of enige ander item sou wees nie. Hoe die linkses in Suid-Afrika beplan om met getransformeerde, breindood amptenare dieselfde te probeer doen, is 'n nagmerrie vir 'n ander dag.

Die subprimakrisis is voorts juis veroorsaak deur politici wat ingemeng het in die werking van die vrye mark, toe hulle agv die vloek van politiese korrektheid druk op instansies geplaas het om geld te leen aan diegene wat dit nie kon terugbetaal nie. Politiese korrektheid in die VSA onder die Clinton-administrasie stel dus deesdae jou werk in gevaar.

Naas die uitspattighede van die bankiers is Suid-Afrika se taxibedryf ook iets wat my maak twyfel oor ongebreidelde, laissez-faire kapitalisme. Die taxibedryf het ontstaan toe entrepreneurs 'n gaping in die mark gesien het, en oorleef vir jare al sonder enige subsidies. Dit vervul 'n groot behoefte. So far so good.

Die probleem is egter dat die negatiewe aspekte van die taxibedryf sy positiewes ver oortref. Suksesvolle mark-ekonomieë maak staat daarop dat die meeste van die deelnemers eerbaar en wetsgehoorsaam is. Skurke soos Bernard Madoff is die uitsondering eerder as die reël in sulke stelsels.

Daar is weliswaar voorbeelde van markgerigte kapitalisme wat eksklusief vir misdadige doeleindes bedryf word. Die Cali kartel wat kokaïene verkoop, is weliswaar geskep in reaksie op 'n aanvraag vir hulle produk, maar dit word deur misdadigers bedryf en gaan gepaard met geweld en moord. Kompetisie bestaan daaruit om jou opponent van die gras af te maak.

Suid-Afrika se taxibedryf het meer in gemeen met die Cali kartel se tipe kapitalisme as wat dit met ordelike, Westerse kapitalisme in gemeen het. Mededinging bestaan daaruit om jou opponente met AK-47's af te maai. Hulle betaal geen belasting nie. Die reëls van die pad geld nie vir taxibestuurders nie. Hulle sal ry waar hulle wil en hoe hulle wil. 'n Taxibestuurder het 'n blanke kind op haar bromponie in Garsfontein doodgery omdat sy hom durf verontrief het. Vreemd dat die Engelse pers nie ook in 'n orgie van verontwaardiging "rassisme" geskree het oor dié insident nie… Aan die ander kant was die kind 'n blote Afrikaner en die bestuurder kroonwild in die gefaalde reënboognasie met sy monochrome swart reënboog.

Nes Colombië se polisiemag is die oorgewig, getransformeerde amptenary wie se enorme agterstewes oor die sale van hulle motorfietse hang, doodbang om hierdie wetteloosheid vas te vat. Hulle is agv transformasie nie bevoeg om die probleem hok te slaan nie (of inderdaad om enige iets te doen buiten pasteie te vreet onder 'n brug of motoriste af te pers), en ook te korrup om dit werklik te wíl doen.

Die uiteinde hiervan is dat die taxibedryf in wese 'n georganiseerde groep misdadigers is, was soos Pablo Escobar-hulle in die praktyk bo die wet verhewe is. Omdat hulle de facto aan geen wet onderhewig is nie, het hulle skynbaar ook besluit dat hulle de jure die paaie kan regeer. Soos die Engelse sê: "they have become a law unto themselves."

Só arrogant is die taxibedryf dat hulle deesdae maak op intellektuele eiendom. In die verwronge en beperkte gedagtes van Sipho die taxi-baas, het hy en sy bende glo "die taxiroetes bedink" en "besit hulle die intellektuele eiendom."

Snaaks, maar sover ek weet die oorweldigende meerderheid van Suid-Afrika se padnetwerk is vóór 1994 gebou en gaan dit sedertdien agteruit. Ek is seker die ingenieurs wat die vervoerstudies gedoen het, was nie deel van die taxibedryf nie. Ek verbeel my ook diegene wat die geometriese ontwerp gedoen het ook nie. So ook nie die kontrakteurs wat dit gebou het se terreinagente en ingenieurs nie.

Nee, ek lieg. Ek verbeel my nie net nie, ek was een van die ingenieurs wat dit in die ou bedeling gedoen het.

Hoe dit ook al sy, net so min as wat jy met 'n Colombiaanse dwelmsmous kan of wil redeneer, kan jy egter met die taxibedryf redeneer. Gevolglik het die absurde idee by die bedryf posgevat dat die beplande "Bus Rapid Transit" (BRT) stelsel aan die taxibedryf "behoort." Dis so goed die Cali-kartel besluit dat die Amerikaanse hospitaalstelsel aan hulle behoort, want beide werk met dwelmmiddels, nie waar nie?

Die verskil tussen Suid-Afrika en die VSA is egter dat hulle nog 'n funksionerende polisiemag het asook die politieke wil om dwelmhandelaars vas te vat, al is dit 'n haas onbegonne taak. In Suid-Afrika is die polisiemag getransformeer en gevolglik moertoe, en die politici wat meestal self misdadigers is, het geen wil om hulle mede-kriminele vas te vat nie.

Moet dus nie verbaas wees as die taxibedryf se absurde eise tog suksesvol is nie.  Een van die dae word blanke skoolkinders nie deur 'n Hiace doodgery nie, maar sommer deur 'n bus wat deur die einste kriminele kartel bedryf word.

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator