Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Sunday, June 28, 2009

Schabir ontvang behandeling by die eksklusiewe Ile Maurice-inrigting

Schabir Shaik, veroordeelde bedrieër en terminaal-sieke, ontvang glo behandeling vir sy terminale toestand by 'n mediese instansie by name Ile Maurice in Umhlanga Rocks.

Shaik het die meeste van sy tronkvonnis in die hospitaal deurgebring. Hy is op mediese parool vrygelaat nádat hy volgens die getransformeerde hospitaalpersoneel, wat kennelik sou sukkel om die verskil tussen griep en sifilis te kan eien, "op sy laaste bene was."

Die pasiënt Shaik se besoek aan Ile Maurice het saamgeval met sy vrou Zuleikha se verjaardag. Snaaks, terloops, dat Moslemvrouens toegelaat word om hul verjaardag te vier, siende hoe hulle tot onlangs toe in Moslemlande nie eens 'n motor mog bestuur het nie. Mag hulle hulle boerkas vir die dag afhaal, wonder mens, maar hoe dit ook al sy. Heelwat van Shaik se familie was ook teenwoordig by Shaik se behandeling.

Die behandeling by Ile Maurice bestaan uit medikasies soos seekos au gratin, Camembert Aux Amandes, Salade de Morue Surcouf en soortgelyke terapeutiese geregte. Heelwat van die behandelings het nie pryse nie maar eerder die letters SQ - ("silly question") wat beteken dat as jy moet vra hoeveel dit kos, jy dit duidelik nie kan bekostig nie. Shaik het sekerlik vir die behandeling betaal met geld wat hy op 'n besonder eerbare wyse verdien het. Julle weet, die gewone ding soos omkopery van amptenare, korrupsie en belastingbedrog.

Ek is seker ek en die res van die land se belastingbetalers is eenparig in ons wens dat Shaik se toestand binnekort vinnig sal versleg en dat ons spoedig kan uitsien na 'n uitspattige staatsbegrafnis vir 'n vooraanstaande voorbeeld vir die endemiese dog getransformeerde kriminaliteit so eie aan die Mzanziese piesangrepubliek. 

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator