Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Sunday, June 28, 2009

Gray Davis, Rapport en Eksdom

Tydens die jare 2000 en 2001 was daar 'n elektrisiteitskrisis in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië. Die detail van die krisis sou bekend voorgekom het aan Suid-Afrikaners wat tans onderhewig is aan die wanbestuur van 'n getransformeerde Eksdom, waar regstellende-aksie hoofbestuurders R30 miljoen jaarliks "verdien" het, maar die land gesukkel het met kragonderbrekings.

Ten spyte daarvan dat die Kaliforniese bevolking met 13% gegroei het tydens die jare negentig, is geen nuwe kragsentrales opgerig nie. 'n Rampspoedige program van deregulasie van grootmaatpryse vir elektrisiteit, gekoppel aan regulering van kleinhandelpryse en mislukte privatisering het gelei tot chaos. Die berugte beurtkrag so welbekend aan Suid-Afrikaners het die Kaliforniese verbruiker begin tref in die jaar 2000.

Die Enron-maatskappy, eweneens berug vir sy sonderlinge boekhoumetodes, en andere het die situasie tot hul eie voordeel uitgebuit en buitensporige winste gemaak dmv markmanipulasie. Die Demokratiese goewerneur, Gray Davis, het te laat wakkergeskrik en nes 'n getransformeerde Ekdsombaas misluk daarin om die krisis te bestuur. In 2003 is Davis deur die Kaliforniese kiesers herroep as goewerneur en deur Arnold Schwarzenegger, "The Governator", vervang.

Die Kaliforniese kieser het dus hul demokratiese mag by die stembus gebruik om hul misnoë teenoor die politici uit te druk. Davis het die prys vir sy onbeholpenheid betaal en is sy pos kwyt. Min mense sou met my verskil dat dit presies is hoe 'n demokrasie veronderstel is om te werk. Kiesers behoort die mag te hê om politici wat nie na hulle belange omsien nie, in die pad te steek.

Naspers asook Rapport was tot onlangs toe een van die groot lofsangers van die Nuwe Suid-Afrika. Bykans alles wat onder die vorige bedeling plaasgevind het, is as boos en onmenslik voorgehou deur 'n verskeidenheid skrywers in Naspers se publikasies. Vir 'n hele aantal jare was Ton Vosloo en sy bende liggewigte soos Jan-Jan Joubert voor in die koor van lofsangers vir die ANC bewind. Tans is Naspers byna volledig getransformeer, nes Eksdom, met die bruin Mafia wat tans die boonste echelons van Naspers se publikasies beheer.

Met die paleisrewolusie in Polokwane in Desember 2007, toe Mbeki deur die Zuma-faksie ontset is, het Rapport se lojaliteit verskuif na Helen Zille en haar DA. Die koerant het egter deurentyd sy steun vir die sogenaamde "demockracy" te kenne gegee, of dit nou as ondersteuners van die ANC of van die DA was.

Nóg 'n linkse liggewig, Lisa Albrecht, het onlangs die leisels van Rapport by Tim du Plessis oorgeneem, nádat laasgenoemde na Beeld verskuif is. Siende dat die redakteur dikwels die hoofberigte in die koerant hetsy skryf, hetsy goedkeur, is dit redelik om aan te neem dat me Albrecht ook vandag s'n geskryf of goedgekeur het.

Die titel van die genoemde rubriek is "Weerlose verbruiker." Dit handel oor die impak wat Eksdom se verregaande prysverhoging van 31.3% op die verbruiker gaan hê. Niemand sal daarmee stry nie, en almal weet ook wie die ergste getref gaan word daardeur. Wenk: dis beslis nie die wanbetalers in die townships of diegene wat krag steel in plakkerskampe nie. Dis die gewone verdagtes, die blanke melkkoeie in die voorstede.

En dan, in 'n verstommende bekentenis, maak die skrywer van die redaksionele stuk dit duidelik dat die Mzansiese "demockracy" eenvoudig nie werk nie. Gedagtig aan goewerneur Davis se herroeping in Kalifornië, haal ek die volgende sin uit Rapport se hoofartikel aan: "Die groot tragedie vir die verbruiker is dat hy self niks aan die situasie kan doen om verbruikerspryse in toom te hou nie."

Kontrasteer bostaande fatalisme met Gray Davis se ontsetting. Snaaks dat die Kaliforniese kieser wel iets aan die chaos in dié deelstaat se elektrisiteitsbedryf kon doen, maar daar het julle dit uit die perd se bek: Suid-Afrika se verbruikers is magteloos, aldus Rapport. Ons kan niks doen aan Eksdom nie.

Ek stem uiteraard saam met Rapport. Veral blanke kiesers is volledig onmagtig om langs die weg van die rassesensus bekend as Mzansi se verkiesings iets aan ons eie lot te kan doen. Die stemvee wat eendragtig vir die ANC stem, gaan aanhou om so te maak, maak nie saak hoe sleg dinge gaan nie.

Rapport is heeltemal reg dat Suid-Afrika se "demockracy" onwerkbaar en 'n mors van tyd is, al was dié bekentenis per abuis en waarskynlik onbedoeld implisiet in vandag se hoofberig. Die enigste vraag wat oorbly, is hoe lank dit vir Rapport sal neem om twee en twee bymekaar te tel, om te besef dat selfbeskikking vir blankes die enigste pad uit die moeras van die "demockracy" is.


No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator