Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Wednesday, June 3, 2009

Geert Wilders oor Stockholmsindroom

Die omstrede Nederlandse politikus, Geert Wilders, het die knuppel weer eens in die hoenderhok gegooi. Wilders het voorheen 'n omstrede video, Fitna, gemaak, wat Islam as 'n gewelddadige politieke ideologie ipv 'n religie uitbeeld. Interessant genoeg is Wilders en sy party tans die gewildstes in Nederland, en is daar 'n sterk moontlikheid dat Wilders die volgende eerste minister van Nederland kan wees. Dinge is besig om te verander.

Dié keer is Wilders se teiken 'n Nederlandse joernalis, Joanie de Rijke, wat deur die "Taliban" (meer waarskynlik gewone kriminele) in Afghanistan ontvoer en herhaaldelik verkrag is. Nádat sy vrygelaat is, het sy die absurde uitlating gemaak dat haar verkragters nie monsters is nie, en haar "gerespekteer" het. Nie net het hulle haar "gerespekteer" nie, maar sommer ook tee en koekies aangebied. Hoe beskaafd van hulle...

Haar absurde uitlating is uiteraard 'n vorm van Stockholmsindroom, soos Geert Wilders uitgewys het. Stockholmsindroom is 'n kwaal van die liberale en die linkse, en veral van die selfaangestelde intellektuele van die spesie. 'n Kenmerk van Stockholmsindroom is dat die slagoffer begin om te glo dat sy aanvallers die eintlike slagoffers is; dat hulle optrede deur eksterne faktore en dikwels deur ander mense bepaal word. Die aanvallers word in die verwarde koppie van die slagoffer uiteindelik vir 'n kameraad aangesien.

Dis veral die geval by die linkse wat 'n aanhanger van die religie van nie-rassigheid is. In sulke gevalle beskou die lyer mense van ander groepe, buiten sy eie, as per definisie nie in staat tot boosheid nie. As die lyer aangeval word deur iemand van 'n ander bevolkingsgroep, sal die lyer se Stockholmsindroom hom dwing om die aanvaller se optrede aan mense wat soos die lyer lyk, se sogenaamde rassisme toe te skryf. Sodoende word die aanvaller in die gedagtes van die lyer onskuldig, en word die blaam verplaas op lede van die lyer se eie groep.
Dis as't ware asof die slagoffer sy aanval verdien het, bloot omdat hy aan 'n bepaalde groep behoort.

Hulle sal byvoorbeeld by 'n linkse inbreek, sy besittings plunder, hom dik bliksem, maar dan sal hy die rampokkers hoog en laag teen die "wrede rassiste" verdedig wat die optrede veroordeel en vra waarom sekeres se misdaadkoers so buitensporig hoog is. Die misdadiger word op 'n vreemde wyse die slagoffer se mede-slagoffer, en die oorspronklike slagoffer verskuif die blaam vir die booswig se optrede na iemand anders.

In die vreemde, verwronge klein denkraamwerkie van die linkse, oa me De Rijke, word die krimineel die held, en word die linkse as slagoffer soos 'n mot na 'n kers, en selfs moontlik seksueel, aangetrek na die misdadiger.

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator