Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Sunday, June 21, 2009

Koos Kombuis het sy oorblywende varkies finaal verloor

Koos Kombuis, in een van die grootste non-sequiturs wat ek tog nog toe gelees het, blameer die dood aan verkluiming van 'n Stalinbosse student op die taalstryders. Sowat van 'n volslae afwesigheid aan logika het ek nog min in 'n koerant gelees, selfs in die Rapport. G'n mens weet wat hetsy Kombuis, hetsy die redaksie van Rapport gerook of gesluk het om so 'n volslae pot stront te wou publiseer nie nie.

Die feite is as volg: mnr Mufunwa Munyangane, 'n finalejaar B. Comm-student, is oorlede in Stalinbos se Medi-Clinic, vermoedelik aan verkluiming.

Nou goed. Mnr Munyangane is 'n finalejaarstudent.

Hy is dus al minstens 2-3 jaar op universiteit, nie waar nie? Hy het dus al verskeie jare gehad om die dorp Stalinbos te leer ken, dan nie? Hoe is dit dat hy nie in sy eerste paar jaar verdwaal het nie, maar nou skielik?

Sonder om die volle feitestel tot my beskikking te hê, en as voormalige student wat self goed verstaan waarom studente eintlik op universiteit is nie, sou ek nie verbaas wees as mnr Munyangane omgekom het agv te veel etanol in sy bloedstroom en gevolglike blootstelling aan die elemente nie.

Kombuis blameer egter die taalstryders omdat die oorledene glo verdwaal het. Net Koos en diegene soos Timothy Leary sal verstaan hoe op dees aarde hy so 'n gevolgtrekking kon maak. Weer eens, die oorledene is 'n finalejaar. Hoe de moer het die taalstryd nou so 'n impak op hom kon maak dat hy die pad byster geraak het en verkluim het, maar nie 2 jaar gelede nie, weet slegs Kombuis en andere wie se acid trips skeefgeloop het.

Kombuis het, soos die Engelse sê, "finally lost the plot."

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator