Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Monday, July 6, 2009

Waarom bestaan die SANW nog?

Die DA se skaduminister van verdediging maak geldige punte oor die wanfunksionele aard van Suid-Afrika se weermag. Wat eens die mees formidabele militêre masjien in Afrika was, is vandag 'n MIV-deurtrekte groep narre wat almal saam sou sukkel om 'n enkele kompanjie Amerikaanse soldate te verslaan, laat staan nog die Zimbabwiese weermag.

Ek hoef ook nie uit te wy oor die oorsake hiervan nie – transformasie, swak dissipline onder voormalige MK-lede ensovoorts.

Ek bevraagteken wel waarom die land in die eerste plek 'n weermag het. Is een van 'n weermag se belangrikste funksies nie juis om die land teen buitelandse invallers te beskerm nie? Die Franse het byvoorbeeld die Maginot-lyn gebou, 'n reeks vestings en loopgrawe naby die noordoostelike grens van Frankryk, om hulle grondgebied teen die Duitse invallers te beskerm. (Die bouers van dié lyn het egter nie voorsien hoe ingrypend Blitzkrieg-taktieke die reëls van die spel sou verander nie.)

Met bostaande in gedagte is Suid-Afrika se SANW se bestaan vir my raaiselagtig. Waarom het Suid-Afrika byvoorbeeld Gripen-vegvliegtuie of duikbote? Watter Afrikaland of ander vyand gaan Suid-Afrika vanuit die lug bedreig? Watter vyandige vaartuig gaan deur 'n duikboot afgeweer word – 'n vlot vol onwettige immigrante, moontlik?

Die probleem is egter veel groter en dieper as die afwesigheid van 'n huidige lugbedreiging. As Suid-Afrika se weermag ten doel het om die land se grondgebied teen invallers te beskerm, het hy die oorlog lankal reeds verloor. Een kwart van Zimbabwe se bevolking het die land reeds binnegeval, tesame met beduidende getalle Mosambiekers en invallers vanuit ander lande.

Daar is reeds 10-15 miljoen vreemdes wat die land se grondgebied binnegeval het, sonder dat die SANW 'n vinger verroer het om die invallers te stuit. Nie net het die SANW geensins die kapasiteit om hulle te stuit nie, maar die ANC-bewind het ook inderdaad duidelik gemaak dat Suid-Afrika se grense vir alle praktiese doeleindes nie meer bestaan nie. Visumvereistes vir Zimbabwiërs is afgeskaf. Geen realistiese pogings word aangewend om Zimbabwiërs, Mosambiekers of enige ander inwoners van die res van Afrika te repatrieer nie, buiten 'n paar honderd wat dan en wan per trein na Beitbrug vervoer word, net om dieselfde dag weer terug te keer.

Watter doel dien 'n weermag dus as die land se territoriale integriteit 'n grap is, as daar geen grense meer bestaan nie? Is dit bloot om 'n orkes te verskaf by die opening van die parlement? Wie of wat presies moet die weermag afweer? Wie gaan die Gripens bombardeer of watter vliegtuie gaan hulle afskiet, siende dat die invallers reeds die land binnegeval het, en die oorlog dus alreeds oorweldigend beslis is ten gunste van die invallers?

Kan dit wees om die land binnelands te beveilig, as't ware 'n soort laaste loopgraaf-oefening, waar die weermag die land se inwoners in klein deeltjies van die grondgebied probeer verdedig teen die invallers? Weer eens is die antwoord nee. 'n Laegraadse burgeroorlog soos vergstalt in plaasmoorde, veral in landelike gebiede waar die weermag hom die meeste tuis sou voel, woed onverpoosd voort.

Waarom bestaan die SANW nog enigsins, dus, buiten as 'n werkgewer vir die ANC bewind se kaders?

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator