Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Sunday, July 19, 2009

Geweldige ironie

Ten minste 9 mense is dood en verskeie beseer in 'n bomaanval in Jakarta. Die Indonesiese president Yudoyonho beskryf die aanvallers as "verspreiders van die dood." 

Die ironie is gesetel in die feit dat die aanval plaasgevind het die dag voor die internasionale viering van nog 'n verspreider van die dood se verjaardag.

Die bomaanvallers het hul met hul daad 'n baie gepaste verjaardaggeskenk gelewer, al was dit nie so beplan nie.

Tog is dit snaaks hoe die aanvallers in Jakarta allerweë vir misdadigers aangesien word, maar andersyds word die persoon wat die aanval hieronder goedgekeur het, vir 'n sogenaamde held aangesien. Hy was inderdaad 'n stigterslid van die organisasie verantwoordelik vir die pragtige en opbeurende tonele hieronder. Ek skree sommer spontaan "viva!"

Ek was daardie middag in die tekenlokaal van die Universiteit van Pretoria se ingenieursfakulteit en het die bom gehoor afgaan, al is die universiteit 'n goeie paar kilometer van die middestad af.

Ek sal inderdaad op die 18de Julie dink aan die verspreider van die dood verantwoordelik vir die tonele hieronder, maar ek twyfel of die gedagtes enigsins van 'n positiewe aard sal wees. Ek sal stellig nie meegevoer word deur die kultus van die verering van die anti-held nie.



No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator