Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Monday, July 27, 2009

Ek verwelkom die gedenkmuur by die Voortrekkermonument

'n Aantal jare was daar groot omstedenheid toe die ANC sy sogenaamde "Vryheidspark" in Pretoria opgerig het. Die Vryheidspark se muur van herinnering het die ANC se "helde" van sy sogenaamde vryheidsstryd gedenk.

Hierdie sogenaamde helde was uiteraard niks van die aard nie. In werklikheid was hulle 'n besmetting van boewe, terreursaaiers en kriminele skuim; moordenaars van onskuldige mense wat nie eens een vierkante sentimeter grondgebied militêr kon bevry nie . Op die ANC se muur van herinnering is daar ook die name van Kubaanse aggressors, wat hul bewind se Marxistiese ideologie op Afrika wou kom afdwing het. Daar was kennelik diegene wat ontsteld was omdat gestorwe blanke soldate en dienspligtiges se name nie ook op die ANC se skandmuur sou verskyn nie.

Ek was nie een van hulle nie.

Ek het inteendeel die besluit van die ANC heelhartig gesteun. Dit sou vir my as voormalige dienspligtige 'n uiterste klap in die gesig gewees het om op enige manier geassosieer te word met die ANC se sogenaamde helde. Dit sou 'n onreg teenoor my gevalle mede-soldate gewees het om 'n muur te moes deel met die ANC se sogenaamde helde.

Ek verwelkom daarom met groot blydskap die besluit om 'n muur van herinnering by die Voortrekkermonument op te rig. Anders as Beeld, wat steeds die uitgediende evangelie van 'n sogenaamde reënboognasie probeer predik. Beeld is opgeklits omdat daar nou twee mure is, maar dit spreek slegs van hoe uit voeling Naspers met die werklikheid is.

Die twee mure se simboliek strek uiteraard veel verder as blote aparte monumente aan enersyds soldate en andersyds die plaag wat eersgenoemde moes beheer. Dit spreek ook luidkeels van die volslae mislukking van die reënboognasie, 'n links-liberale versugting na iets wat fundamenteel onwerkbaar en gedoem was. Die simboliek van die Voortrekkermonument is insgelyks diepgaande.

Ek meen dat die ANC, interessant genoeg, geen beswaar sou hê teen die aparte gedenkmure nie. Dit is 'n voldonge feit dat die ANC steeds Thabo Mbeki se twee-nasies siening aankleef. Tweedeklasburgerskap vir blankes, en die gevolglike skeiding van Suid-Afrika in ten minste twee volke, swart aan die een kant en Afrikaners en ander blankes aan die ander kant, is inderdaad ANC-beleid. Praktyke soos regstellende aksie, die veldtog teen Afrikaanse skole en kultuur en die uitwissing van blankes se geskiedenis is 'n blote vergestalting van hierdie ideologie.

Die aparte gedenkmuur by die Voortrekkermonument is derhalwe 'n baie welkome verwikkeling, 'n terugkeer na realisme oor die wenslikheid van skeiding tussen volke. Mag dit die voorspel wees tot selfs 'n groter skeiding tussen die volke wat die geografiese streek Suid-Afrika bewoon.

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator