Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Sunday, July 26, 2009

Steve en die jeukkoekies

Steve het dus nóg 'n skelmpie, aldus Rapport. Groot verrassing. Steve word allerweë voorgehou as die alleenskurk in die verhaal, die sanger wie se penis hom pla, iets wat ek kennelik nogal vreemd vind.

Want sien, Steve se huwelik met Natasha was alombekend. Die "onskuldige slagoffers" van Steve se owerspelige gewoontes en gedrag kan kwalik kenne wil gee dat hulle nie geweet het van hetsy Steve se verhoudingsstatus nie, hetsy Steve se reputasie nie.

Laas toe ek gekyk het, was seks iets wat twee mense ingesluit het. 'n Gewer en 'n ontvanger, as't ware. Steve se skelmpies in Kaapstad, Bethal en Gott-weet-waar-nog, kan kwalik te kenne wil gee dat hulle nie van Steve se reputasie of sy verhoudingsstatus bewus was nie. Hulle was kortom nie blosende maagde wat deur die bose mnr Hofmeyr verlei is nie. Hulle was gewillige deelnemers wat hulle beentjies soos grondboontjiebotter gesprei het.

Daar is 'n legio ander mense wat hulself ook skuldig maak dieselfde soort gedrag; aan owerspel en 'n verneukery. Die verskil tussen hulle en Steve is bloot dat laasgenoemde bekend of berug is. Die kantoor-gigolo en die kantoorslet wat by jou kantoor werk, is toevallig nie bekendes nie. Sonde is egter sonde, of jy nou bekend is of nie.

Dat Steve se penis jeuk, is geen geheim nie. Dat die groupies wat daarvoor val, se koekies jeuk vir bekende mans, hoort insgelyks nie 'n geheim te wees nie. Dis egter geensins meer nuuswaardig nie. Dis vinnig besig om banaal en vervelig te raak. Rapport is vinnig besig om in 'n poniekoerant te ontaard, want ek is bereid om te wed dat daar vir die volgende 52 weke genoeg jeukkoekies is, 'n spreekwoordelike pomp op elke dorp, wat almal gewilliglik deur Steve gediens is. Waarom ek daaroor wil lees as die hoofberig, terwyl Suid-Afrika se townships brand, weet slegs me Albrecht.

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator