Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Saturday, July 11, 2009

Wat sou die uitslag van 'n tweede referendum wees?

Baie mense het in 1994 gehoop dat Suid-Afrika 'n spesiale geval, 'n uitsondering in Afrika, sou wees.

Ons almal weet hoe gaan dit in die res van Afrika. Zimbabwe, 'n tipiese piesangrepubliek met skrikwekkende agteruitgang, is slegs 500 km van Pretoria af. Daar is kwalik enige voorbeelde van 'n suksesvolle Afrikaland, een wat vooruitstrewend, vreedsaam en demokraties is, buiten Botswana. Botswana het egter slegs 'n miljoen of so inwoners en word bykans deur De Beers regeer. Baie mense het teen alle logika in, teen die waarskuwings van die sogenaamde regses in, gehoop dat dit nie die geval is nie, dat Suid-Afrika met 'n bietjie geluk die lot van ander Afrikalande sou vryspring.

Vandag word dit egter toenemend duidelik dat Suid-Afrika geen uitsondering was nie. Al rede hoekom Suid-Afrika nog nie Zimbabwe is nie, is agv die ware nalatenskap van apartheid: die heel beste infrastruktuur in Afrika. Suid-Afrika se ekonomie is ook ordes groter as Zimbabwe s'n. Dit gaan dus langer vat vir die grypende trogvarke om die ekonomie te plunder en om die infrastruktuur te vernietig. Plunder, gaan dit egter geplunder word. Dis reeds in proses. Die trogvarke van die ANC regime se ongebreidelde gierigheid ken geen einde nie.

Rapport, 'n koerant wat voorheen voor in die koor was met sy lofsangery aan die Nuwe! Verbeterde! Suid-Afrika, se voorbladberig gaan juis oor die endemiese korrupsie van die ANC-regime. Uit Rapport se hoofartikel: "Die geplunder, vermorsing, diefstal en wanadministrasie met staatsgeld deur korrupte staatsamptenare én politici waaroor Rapport vandag breedvoerig berig, laat die toornigheid en woede teen die kraag uitklim."

Kortom: Suid-Afrika is vinnig op pad na die uiteinde van 'n tipiese Afrikaland: 'n gefaalde staat. Selfs al het ons die beste infrastruktuur gehad, is ons ekonomie tog van 'n beperkte grootte, en is daar net soveel wat geplunder en vernietig kan word voordat die ganse kaartehuis ineentuimel.

In 1992 was daar 'n referendum wat die vraag gestel het of blankes hul toestemming gegee het dat die destydse regering met die ANC kon onderhandel. Goedkeuring om te onderhandel is uiteraard nie dieselfde as tevredenheid met die uitkoms van die onderhandelings nie. Daar sou 'n opvolgreferendum gewees het om die uitslag van die onderhandelings goed te keur.

Die tweede referendum het nooit plaasgevind nie. Ook maar net sowel vir die NP en ANC; teen 1994 was dit reeds duidelik dat ons uitgelewer sou word aan 'n groep korrupte terreursaaiers. Logieserwys volg dit dat blankes nooit die geleentheid gehad het om die resultaat van Kodesa goed te keur nie. Dit beteken selfs dat die huidige bestel onwettig is – g'n blanke het toegestem daartoe nie. Ek is een persoon wat nie die gesag van die ANC regime erken om oor my te regeer nie, alhoewel ek die landswette gehoorsaam.

Nou wonder ek by myself: as ons vandag wel 'n tweede referendum onder blankes sou hê, wat vra of ons bereid is om verder passasiers op die Titanic te wees, om verder deel te neem aan die falende Afrikastaat, wat sou die uitkoms wees? Sou ons instem tot regstellende aksie, amptelik-goedgekeurde korrupsie bekend as SEB, naamveranderings, wetteloosheid en korrupsie?

Ek wonder hoeveel blankes is vandag werklik gelukkig en tevrede met die vooruitsig op voortgesette burgerskap van Zimbabwe nommer 2? As daar reeds meer as 'n miljoen geëmigreer het, kan daar nie baie wees nie. Moet egter nie my woord daarvoor aanvaar nie. Gaan lees byvoorbeeld bloot die lesers se reaksies op die Rapport se berigte, of Engelse blanke lesers se reaksies op Moneyweb se politieke berigte, om te sien hoe wydverspreid en diepgaande blanke ontevredenheid met die status quo is.

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator