Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Wednesday, May 20, 2009

Helen Zille en Cheeky Watson is tragiese figure

'n Skrywer op Litnet se brieweblad, ene Bobbejaan, wil hê dat iemand aan hom moet verduidelik wie en wat Helen Zille nou eintlik is.
 

Ek vind haar 'n tragiese figuur – die blanke, Engelse liberaal met onkreukbare "struggle credentials" wat kennelik vandag moet wonder wat sy nóg moes doen tydens die jare van die Struggle, gegewe hoe sy deesdae verguis word.

Zille is inderdaad van gemengde Joods-Duitse afkoms. Mens kan dit veral sien wanneer sy probeer toyi-toyi... Zille was onder andere 'n joernalis wat vir die Rand Daily Mail gewerk het. Dié linkse koerant was bekend vir sy opposisie teen die vorige bedeling. Soms het die redaksie groot dele van die koerant se inhoud agter blokke swart ink verberg, in protes teen die sensors.

Terwyl sy vir die Rand Daily Mail gewerk het, was dit sy wat die besonderhede van Steve Biko se dood in polisie-aanhouding rugbaar gemaak het.

Zille was ook 'n lid van die Black Sash. Die Black Sash is destyds deur die NP as die "Weeping Winnies" bestempel, en is so genoem omdat hulle swart bande gedra het as 'n teken van protes teen wat hulle bestempel het as die verkragting van die destydse grondwet. Hulle het protes aangeteken teen oa die paswette.

Linkser as dit vir 'n blanke kon jy dus nie maklik kry nie, buiten miskien vir iemand soos Cheeky Watson, wat só gatgekruip het dat hy en sy seun, Puke, glad tot ereswartes verklaar is. Zille is, in terme van linkse ideologie, die Watsons se bloedsuster.

Die tragiek van die Engelse linkse, die Zilles en Cheeky Watsons van die lewe, is egter hulle naïwiteit. Ek is oortuig daarvan dat Zille die haatveldtog wat onder andere op Facebook teen haar gevoer word, onbegrypend gade slaan. Weer eens: onder al die blankes moes iemand soos Zille of Watson immers vir 'n held aangesien word in die swart gemeenskap, nie waar nie? Hoe kan hulle haar, van alle mense, dan as 'n rassis wil uitkryt?

Soos Nadine Gordimer besef het, neem omgekeerde rassisme egter nie die aansiens des persoons in ag nie. Die dag as Oehoeroe kom, gaan die metaforiese draer van die panga nie vir jou vra wat was jou oortuigings in die dae van apartheid nie. Wat Helen Zille, sekerlik 'n besonder intelligente vrou, toenemend moet besef is dat haar velkleur haar uniform is. Dit, en nie haar linkse verlede nie, is waaraan sy geken sal word in Afrika. Dit herinner nogal aan die NGK se leer van vooruitbestemming. Maak nie saak watter sonde jy pleeg nie, daar is lank reeds vooruit bestem of jy warmplek of hemel toe gaan. Maak nie saak hoe links jy dink jy is nie, jy is vooraf bestem om altyd 'n mhlungu te bly. 

Ek voorspel dat Zille, wanneer sy die tuig as leier van die DA neerlê, aan die hoof sal staan van 'n party wat sy hoogtepunt in 2009 bereik het, en sedert daardie verkiesing stadig  agteruit geboer het soos die blanke bevolking gekrimp het en die Xhosas die Weskaap mettertyd demografies beset het. By my ly dit geen twyfel dat Zille, "struggle-credentials" en al, op die ouetehuis se stoep sal sit en wonder hoe sy so naïef kon wees om haar te verbeel dat die meerderheid ooit vir 'n party met 'n wit vrou as leier sou stem.

 

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator