Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Saturday, May 16, 2009

Die ontkenning van kulturele realiteite is politieke selfmoord

Die Engels-liberale pers is hoogs ontstoke deur die ANCYL en MK se aanvalle op Botoxzilla, nav laasgenoemde se akkurate kommentaar oor Zuma wat sy vrouens vigs kon gee. Joernalis ná joernalis stort sy of haar hoogheilige verontwaardiging uit in die Engelse pers, in artikel op artikel. Lees 'n hele aantal van die rubrieke in die Business Times se Weekender-uitgawe van hierdie week, byvoorbeeld, wat handel juis hieroor.

Beide Botoxzilla se aanval op Zuma, asook die Engelse pers se histeriese veroordeling van die ANCYL se aanvalle op haar, spreek egter slegs weer eens van een ding: die Engelse liberaal verstaan nou maar eenmaal nie hoe werk dinge in Afrika nie. Die Soutsakpienke dink dat, deur bloot ‘n liberale grondwet in te stel wat aan almal, maar veral swart lesbiërs in rolstoele, gelykheid wil belowe, derduisende jare se kulturele ingesteldheid ongedaan gemaak sal word. Dié misverstand is nie beperk tot blanke Soutsakke nie.

Ook daardie swart Engelsman, Thabo Mbeki, hy wat in Engeland opgelei is en daar “gely” het in exile, het nie die eerste benul gehad van hoe die meerderheid van sy kiesers se koppe werk nie. Mbeki het dit naamlik openlik voorgestaan dat die volgende president ‘n swart vrou moet wees, die oorgewig en onbekwame sousvliegtuig-passasier, Phumzile Mlambo-Nguka.Dié wanbegrip by Mbeki oor hoe die meerderheid van sy kiesers se kulturele ingesteldheid funksioneer, moes regsteeks bygedra het tot sy ontsetting in Polokwane, want die party het sy geklike idees, o.a. oor ‘n vroulike leier (bid jou aan!), oortuigend verwerp.

Want sien, ‘n vroulike stamleier is ‘n skaars ding in Afrika. Sjaka, Dingaan en Mzilikazi was beslis nié vrouens nie. Nee, dié konings se veelvuldige vrouens was inteendeel baie beslis tweedeklasburgers vergeleke met die sterkman homself. Dit was insgelyks eers onlangs dat die eerste Afrikaland ‘n vroulike staatshoof gekry het – Ellen Johnson-Sirleaf van Liberië.Al het die ANC ‘n paar vroulike ministers en provinsiale premiers, sou dit ‘n groot fout wees om geld te verwed dat Zuma se opvolger ‘n vrou gaan wees.

Mense wat Zuma se populistiese gewildheid onverklaarbaar vind, verstaan eweneens ook nie dat Zuma se lewensstyl, met sy koninklike kraal en horde vrouens en kinders juis bydra tot hierdie gewildheid nie. Die (ongesofistikeerde) swart kieser sien nie vir Zuma nie, hy sien vir Sjaka.Botoxzilla se fout was nie om die feitelike waarheid oor Zuma te praat nie – sy was weliswaar reg dat hy sy vrouens aan vigs kan blootstel (of hulle hóm miskien...)

Haar Engels-liberale politieke naïwiteit was eerder haar groot fout. Sy staan aan die hoof van ‘n politieke party wat baie graag swart steun wil verkry, maar sy verstaan eenvoudig nie dat uitlatings soos hare oor Zuma, sy as ‘n blote vrou (in die kop van die swart kiesers) wat die sterkman van die stam beledig, veel, veel erger is as om Zuma, die k-woord te sou toegesnou het.In politieke terme is Botoxzilla, gemeet aan Zuma, en ook ander Engelse liberales in Afrika, dus ‘n baba en 'n gestremde een boonop.

Zuma mag korrupsie gepleeg het (nes waarskynlik al die ander senior ANC-lede), maar sy politieke intelligense oortref enige huidige blanke politikus s'n. Hy het suksesvol uitgereik na Afrikaners, maar Botoxzilla se swak-deurdagte en uiters-onnosel uitlatings oor Zuma daarenteen, of dit nou feitelik waar is of nie, het slegs gedien om swartes te vervreem. Botoxzilla en haar mede-pienkes het nog baie te leer hoe dinge in Afrika werk.

Sy en haar party gaan egter nie daardie geleentheid kry nie. Haar aanval op Zuma was wat sy in haar taal sou noem "a career-killing move." Dis DA sal nou, meer as voorheen, nooit enige noemenswaardige swart steun kan bekom nie, omdat die Engelse liberaal onbegrypend poog om die swart kieser en kultuur aan sy eie standaarde te wil meet.

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator