Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Saturday, May 16, 2009

Wat vir 'n kreatuur is 'n "Afrikaanse"?

Op 'n heel voorspelbare wyse was dit 'n kwessie van tyd voordat ook Rapport sy mening oor Pieter Mulder gelug het. Lizel Steenkamp het toe nie teleurgestel nie.

In bogenoemde rubriek besig me Steenkamp opnuut die standaard, vervelige Nasperspropaganda oor die Nuwe!, Verbeterde! Suid-Afrika. Mens kan die propaganda in haar stuk met veiligheid ignoreer. Wat interessanter is, is haar woordkeuses wanneer sy na Afrikaners verwys.
 
Sy verseg weliswaar om die woord Afrikaner te gebruik, maar erken tog implisiet dat "wit Afrikaanses" (sic) 'n afsonderlike groep is. Snaaks hoe sy dit nodig vind om die byvoeglike naamwoord "wit" vooraan die term "Afrikaanse" te plaas, nie waar nie?
 
Ek het die heeltyd onder die illusie verkeer dat 'n "Afrikaanse" juis deur verveelde Kaapse linkses en werknemers van Naspers bedink is juis om te dui op 'n imaginêre nuwe groep of volk in Suid-Afrika, 'n mengelmoes van Afrikaner, Boer, bruin, wit, Christen en Moslem, wat volgens Ton Vosloo-hulle se wensdenkery eintlik dieselfde spesie diere sou wees.
 
Waarom vind me Steenkamp dit dus nodig om 'n term wat ontwerp is juis om 'n bepaalde linkse ideologie op Afrikaners af te dwing, en juis ten doel het om voor te gee dat daar 'n homogene groep Afrikaanssprekendes in die land is, te moet kwalifiseer met die woord "wit"? Sy is klaarblyklik onbewus van die ideologiese teenstrydigheid wat sy sodoende neergepen het. Haar eie woorde ondermyn dus haar ideologiese standpunt.
 
Buiten vir Naspers se publikasies en wensdenkery, is die term Afrikaanse uiteraard 'n klaaglike mislukking. Miskien ken ek nie die regte mense nie of word ek nie na die regte klas van partytjies genooi nie, maar ek weet nie van een persoon, wit of bruin, wat homself 'n "Afrikaanse" noem nie, buiten natuurlik wanneer ek lees wat Naspersjoernaliste soos me Steenkamp skryf.
 
Ek ken wel mense wat hulself Afrikaners, bruinmense of Boere sou noem, sonder dat dit nodig is om 'n toutologie te pleeg deur na hulself as "wit Boere" te wil verwys.

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator