Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Tuesday, May 5, 2009

Waarom benadeel die ANC sy eie kiesers?

Die Dinaledi-stigting, onder die voorsitterskap van Steve Biko se eertydse
minnares, Dr Mamphela Ramphele het onlangs 'n kongres gehou waartydens
toekomsscenario's vir Suid-Afrika bedink is, soortgelyk aan dié wat Clem
Sunter in die verlede gedoen het.

Die uitkoms van die kongres was ook soortgelyk aan Clem Sunter se "High road
/ Low road" tipe voorspellings, met ander woorde 'n optimistiese, neutrale
en pessimistiese scenario. Een van die sleutelfaktore vir sukses wat
geïdentifiseer is, is 'n beklemtoning van die belangrikheid van onderwys en
onderrig.

Dit is 'n bewese feit dat klasgroottes 'n sleutelrol speel om akademiese
sukses te bepaal. Sodra 'n klas hier by veertig leerlinge en meer trek,
begin die wiele afkom. Die onderwyser kan nie meer dissipline handhaaf nie.
Sy kan nie meer indiwiduele aandag aan die leerlinge gee nie. Suid-Afrika is
egter alreeds die ontwikkelende land wat die grootste proporsie van sy BBP
op onderwys spandeer.

Op 'n ander kongres, die vakbond-organisasie UASA s'n, wat amper
terselfdertyd plaasgevind het, het die ekonoom Mike Schussler skoksyfers oor
onwettige immigrasie bekendgemaak. Suid-Afrika se bevolking se natuurlike
aanwastempo is tussen 30,000 en 40,000 nuwe geboortes per maand. Niemand
weet presies hoeveel onwettige immigrante die land binnestroom nie, maar
Schussler reken dis enige iets van 80,000 opwaarts per maand. Onwettige
toestroming verdwerg dus die natuurlike bevolkingsaanwas.

Daardie onwettiges is oorwegend jonk. Hulle gaan ook kinders saambring, of
op Suid-Afrikaanse bodem voortplant. Daardie onwettiges se kinders gaan
langs wettige Suid-Afrikaanse burgers in oorvol klaskamers sit, en sodoende
die kanse van Suid-Afrikaanse burgers op 'n ordentlike opleiding vernietig.
Daardie kinders en onwettiges gaan met armes meeding vir behuising, onderwys
en mediese sorg. (Is ons verbaas dat die wettiges die Amakwere-kwere wil
vermoor?)

Die einste wettige armes is egter die ANC se stemvee.

Waarom, o waarom, tree die ANC dan lynreg téén sy eie kiesers se belange op?
http://jv.news24.com/Beeld/Opinie/Hoofartikels/0,,3-2085-65_2511555,00.html
Die besluit om die grense oop te gooi vir Zimbabwiërs en vermoedelik ook die
600 miljoen armes in die res van Afrika, kom neer op 'n doelbewuste
verarming van die ANC se eie kiesers, en verteenwoordig 'n verwoesting van
sy eie kiesers se toekoms.

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator