Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Wednesday, May 20, 2009

Afrikaners het nie Jonathan Jansen as Messias nodig nie

Om te skryf dat professor Jonathan Jansen 'n obsessie met beide ras en Afrikaners het, sou wees om dit baie sagkens te stel. Jansen, wat dikwels beweer dat hy eintlik Engelssprekend is en by voorkeur Engels praat, het naamlik al twee poste by voormalige Afrikaanse universiteite beklee. Hy was dekaan van Opvoedkunde by Tukkies, en is tans die rektor van nóg 'n voormalige Afrikaanse universiteit, die Universiteit van die Vrystaat.

Vir iemand wat glo Engelstalig is en veral iemand wat so gereeld kritiek teen Afrikaners lewer, is dit kennelik vreemde werkgewerskeuses. Veral as mens Jansen se obsessie met gewaande blanke rassisme in ag neem, sou mens redelikerwys kon verwag dat hy eerder sy beroep by een van die legio swart of Engelstalige universiteite in Suid-Afrika en inderdaad die res van Afrika sou beoefen, so ver weg as wat hy maar kon van daardie rassistiese Afrikaners.

Nietemin kan mens leidrade vir sy motiewe uit Jansen se rubriek in Beeld van 20 Mei 2009 verkry. Sy gunstelingonderwerp, sogenaamde blanke rassisme en aggressie, is weereens in sy visier. Dié ongeloofwaardige rubriek handel oor 'n onwaarskynlike voorval: 'n blanke "rassis" wat glo woedend in Jansen se kantoor op hom gewag het, nádat Jansen eerstejaarstudente by "sy" universiteit verwelkom het.

(Jóú universiteit, prof Jansen? Bedoel u nie die voormalige Afrikaneruniversiteit, voorheen bekend as die Transvaalse Universiteitskollege nie? Bedoel u nie die studente, en veral die belastingbetaler se universiteit nie, waar u as Engelssprekende kwotalid van die personeel aangestel is en bo Afrikaanssprekende akademici op grond van u velkleur bevorder is?)

Alhoewel Jansen hoog opgee oor die sogenaamde blanke rassis se aggressie, erken hy self in die rubriek dat hy wat Jansen is op 'n lekker aggressiewe manier teenoor die "blanke rassis" opgetree het. Soos 'n wafferse, vingerswaaiende PW Botha wys die brulpadda-agtige Jansen toe glo vir die "rassis" wie's eintlik baas. Ek haal aan uit die rubriek: "Ek staan uit my stoel op, wys my vinger na hom en sê: 'Luister hier, dit is my kantoor hierdie, en in my kantoor sê ek jou wat om te doen. So, sit of loop hier uit.'"

Daar's hy. Nou is die rangorde gevestig. Jansen, die grootmeneer kwota-akademikus, het 'n blote student se ouer (m.a.w. iemand wat Jansen se salaris betaal) goed op sy plek gesit. Volgens Jansen het dit die "rassis" onmiddellik so mak soos 'n lammetjie gemaak en daar begin die man jou wrintiewaar sommer huil en bieg hy is 'n rassis. Hy bedank toe skoon vir Jansen dat Jansen sy dogter so tuis laat voel het by Jansen se universiteit.

Ek is jammer, maar Jansen se storie gaan eenvoudig nie op nie. 'n Persoon wat Jansen sou bedank vir die groot lig wat Jansen vir hom laat opgaan het, sou immers nie kwaad gewees het nie, sou hy? Moontlik het Jansen, wat homself klaarblyklik as 'n soort Jesusfiguur sien wat Afrikaners van ons "sondes" moet verlos, dié verhaal eerder as 'n gelykenis bedoel.

In die res van die rubriek spekuleer Jansen oor die aard van blankes se aggressie, wat volgens hom as rassisme tot uiting kom. As aggressie teenoor ander rassegroepe op rassisme dui, wonder ek wat Jansen dan sou maak van die sowat 45 000 blankes wat reeds sedert 1994 vermoor is, en 90 000 blanke vrouens wat verkrag is, bykans almal slagoffers van lede van ander rassegroepe?

Is bogenoemde dan nie ekstreme vorme van rassistiese aggressie nie, prof Jansen? Die sogenaamde rassis wat u so goed gewys het wie's eintlik baas, het u immers geen fisieke leed aangedoen nie. Moord en verkragting, daarenteen, is ernstige misdade wat meer as metofiese geweld behels. Waar is u rubriek wat te velde trek teen daardie vorm van rassisme?

Op moedswillige wyse "wonder" Jansen voorts wat skuil agter die blanke Afrikanerman se sogenaamde aggressie. Hmmm... dis nou vir jou 'n moeilike vraag. Totaal en al onverklaarbaar.

Of moontlik nie.

Probeer Jansen waaragtig voorgee hy is nie bewus is aan die skreiende diskriminasie wat blanke mans dag vir dag moet ervaar nie? U weet, prof Jansen, soos die VF+ se verkiesingsplakkate lui: "Te wit vir 'n werk?" Kan dít deel van die verklaring uitmaak?

Indien nie dit nie, hoe klink tienduisende dooie familielede, deur ander rassegroepe vermoor vir u as 'n regverdiging vir blanke mans se sogenaamde aggressie?

Of wat van die magteloosheid wat blanke mans ervaar, nádat ons deur ons eie sogenaamde leiers by Kodesa uitverkoop is, in 'n stuk volksverraad wat 'n halsmisdaad hoort te wees? Kan blanke aggressie iets te make hê met die gevolglike verlies aan enige vermoë om oor ons eie lot te beskik en ons uitlewering aan die dwingelandy van die vreemde massa en die Engelse geldmagte?

Ek verstout my om te sê dat Afrikanermans nóg in u amateuragtigtige poging tot psigoanalise, nóg in u leedvermakerige kwotabaasskap oor Afrikaners belangstel, prof Jansen. Daar is genoeg maatskaplike, opvoedkundige en ander probleme in u eie gemeenskap, die bruinmense, wat u voltyds kan besighou. Afrikaners het nie 'n Messias, en veral nie iemand soos u, se redding nodig nie.

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator