Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Saturday, April 11, 2009

'n Stem vir Zille is pateties

Teen die agtste eeu ná Christus was die Arabiese beskawing op sy hoogtepunt. Tot vandag toe gebruik ek en jy Arabiese konsepte soos hul Arabiese syfers; 0,1,2,3,4 ensovoorts, iets wat ver superieur teenoor Romeinse syfers is. Ons gebruik ook algebra – laasgenoemde is uiteraard volledig 'n Arabiese term, en sentraal aan die vak wiskunde in matriek asook wiskunde voorgraads op universiteit.


Dit is geen oordrywing nie om te skryf dat die Arabiere van die agtste eeu nC ons Westerlinge vêr vooruit was.


Een van die mooiste terme wat ek op universiteit geleer het, in Opmeetkunde 301, was die Arabiese woord "nadir", wat beteken die "laagtepunt." Nadir is 'n Arabiese woord, nes die term "algebra", of die ster se naam "Aldebaran" – in Afrikaans "die oog van die bul", 'n ster in die sterrebeeld Taurus.


Ek is oortuig dat Afrikaners se grootskeepse stemmery vir Helen Zille die nadir – die laagtepunt - van Afrikanertrots beteken – die grootskeepse abdikasie van Afrikanertrots. Zille is blatant en radikaal anti-Afrikaner.


Soos ene Gerhard op Litnet uitwys, is Zille van Joods / Duitse afkoms. Zille is 'n Duits-Joodse-Engelse-Xhosaspreker (let op die totale gebrek van enige Afrikanerherkoms.) Zille het saam met haar mede-Jode en Engelse liberale gedemonstreer téén die vorige bedeling; iets wat kennelik ingepas het by die Black Sash (Zille was 'n vooraanstaande lid van die Black Sash), 'n radikale, Marxistiese beweging wat Afrikaners as hulle geswore vyand beskou het.


Zille is met ander woorde totaal en al 'n volksvreemde entiteit, veral met haar Duits-Joodse herkoms, haar vlot Xhosa en haar getoyi-toyi wanneer die gehoor haar geliefde swart Xhosas is. Vra uself: is dit nie vreemd dat Zille so oorgretig is om Xhosa uit haar mond te laat spu nie, maar helaas nie spontaan uitbars in Steve Hofmeyr se lirieke as haar gehoor Afrikaners is nie? Dit gebeur egter eenvoudig nie; Zille sal nie dood gesien word by 'n Boeremusiek-uitvoering, of by 'n Steve Hofmeyr-konsert nie.


Nee; Zille is uit en uit 'n Joods-Engelse-liberaal, iemand wat op dees aarde niks met Afrikaners in gemeen het nie. Sy is van die soort wat erg op Afrikaners neersien, en haar dood sou gril om met ons te assosieer. Nietemin, en tot Afrikaners se ewige skande, kies ons om vir Zille te stem, ipv die veel meer bedrewe Afrikanerpolitikus, Dr Pieter Mulder en sy VF+.


Wat ons waarlik pateties maak, wat die nadir van Afrikanertrots verteenwoordig, is dat sowat 80% van alle Afrikaners juis vir Zille se DA stem in verkiesing ná verkiesing. Hoe leierloos, hoe identiteitsloos kan ons wees, as die Duits-Joodse Zille met haar Black Sash-agtergrond wragtig die beste keuse vir ons by die stembus kan wees? Wat het van Koos de la Rey, Paul Kruger en Andries Pretorius geword, as Zille waaragtig die beste is waarmee ons vorendag kan kom?


'n Stem vir haar is 'n hartseer bekentenis. 'n Bekentenis dat ons 'n grootskeepse gebrek aan leierskap ervaar, dat daar waaragtig nie eens één Afrikaner is wat sy eie volk kan lei nie.
Ek stem veel eerder vir hetsy die beskaafde Afrikanernasionalis Mulder, hetsy die swart nasionalis Zuma, as wat ek vir die Duits-Joodse, volksvreemde Zille stem, met haar Engels-liberale, anti-Afrikaner filosofie stem.

1 comment:

  1. Ek beskou myself as 'n Afrikaner, en die DA as ten diepste 'n wit Engelse belangeparty met Afrikaanse en bruin stemvee. Ek het ook nie vir die DA gestem nie.
    Maar ek moet sê dat jy darem woes met die waarheid omgaan. Zille praat ook Afrikaans, en is getroud met 'n Afrikaanse man. So dis bietjie moeilik om te glo dat sy haar dood sou gril om met ons te assosieer.
    As jy wil beweer dat sy anti-Afrikaans is, moet jy met beter bewyse kom.

    En lidmaatskap van Black Sash haal nie die paal as bewys na my mening nie. Die ou Apartheidstelsel het sy oorsprong nie net by Afrikaners nie, maar ook by Britse kolonialisme, en was 'n blanke stelsel wat deur deur Afrikaners en Engelse ondersteun is omdat beide groepe daarby gebaat het. Black Sash het teen daardie stelsel geveg - teen hul eie bevoorregting in, en dus volgens hulle beginsels.
    Dit is so dat sommige Engelse anti-apartheid aktiviste anti-Afrikaner is, maar die blote feit dat iemand lid van Black Sash was, bewys nie dat sy anti-Afrikaner is nie.
    Elders op jou blog lees ek jy gaan ook aan oor Zille se Botox-behandeling. Nou ek weet nie of jy getroud is nie, maar alle vroue ervaar angs oor hul voorkoms, en alle vroue doen dinge om mooier te lyk. Om nou daarvan iets te maak as sou dit iets wees wat ons teen Zille moet hou is eintlik laag, gemeen en basies anti-vrou.

    Jy noem noem jou blog weerstand teen politieke korrektheid, maar ek sien dit alles as arrogansie, haatlikheid en onvriendelikheid. En dis die probleem wat die groot meerderheid van ons volk het met die regses, en hoekom hulle dan eerder vir die DA stem.

    Jy noem Dr Pieter Mulder 'n beskaafde Afrikanernasionalis en jy is reg, hy is dit. Die probleem is by sy volgelinge.

    ReplyDelete

free counters Afrigator