Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Thursday, April 16, 2009

Oopplankantore suig

Ek is nou al vir lank iemand wat op projekte op kontrak doen. Kliënte is uiteraard nie oorgretig om ordentlike kantoorspasie aan eksterne kontrakteurs af te staan nie, dus is ons voorland oopplankantore met raap-en-skraap meubels. Ek gebruik die term "kantoor" baie vryelik in hierdie verband. Dis dikwels meer 'n pakhuis of die mees ongerieflik-geleë oop ruimte waar niemand anders wil sit nie.

Dit suig om in 'n area te sit waar jy nie eens jou internetbankwerf kan oopmaak sonder dat jou buurman oor jou skouer loer en kyk hoe sleg jou oortrokke fasiliteit tans daar uitsien nie. Dit is ook nogal intimiderend om dag in en dag uit regoor iemand te sit en in sy gevreet te moet vaskyk - ons IT ouens is hoeka sulke onaansienlike tipes.

Dis een van daai dinge is waarmee mens maar moet saamleef, nl dat jy nes 'n Suid-Afrikaanse blanke 'n tweedeklasburger is in die sg Reënboognasie met sy enkele swart kleur in sy spektrum, ook 'n tweedeklasburger is omdat jy 'n eksterne kontrakteur is. Daar is egter ook diegene wat 'n slegte situasie nog erger maak. Daar is 'n paar spesies wat oopplankantore waarlik onuitstaanbaar maak.

1. Sarie Seertiet, wat heeldag en aldag op die foon lê en kla oor haar mediese iepekonders, of wat haar huis probeer verkoop en sukkel met die agente. Dit kom nie by haar op om te werk aan die werkgewer se dinge nie.

2. Albert Afvalkoker, wat daagliks kos met geweldige hoeveelhede knoffel in werk toe bring, wat hy in die mikrogolf gaarmaak en dan die ganse plek daarna maak stink.

3. Pietie Projekbestuurder, wat telkens luidrugtige vergaderings hou reg langs jou lessenaar, wat uiteindelik so steurend word dat jy maar eerder opstaan en iewers anders gaan sit, want jy kan eenvoudig nie konsentreer op jou eie werk nie.

4. Stefaans Sluiper. Hy dink omdat jy in 'n oop area sit, jy onmiddelik en altyd beskikbaar is, maak nie saak hoe besig jy is nie. Hy sluip van agter af op jou af en begin dan summier 'n gesprek met jou, tydig en ontydig. Sodoende breek hy jou gedagtegang en konsentrasie, en vat dit jou 10 minute om weer tot verhaal te kom, maar helaas, dan het Pietie Projekbestuurder nog 'n vergadering langs jou begin.

Mense wat gelukkig genoeg is om hulle eie kantore by die werk te hê, of selfs ordentlike partisies tussen hulle lessenaars, het geen idee hoe gelukkig hulle is nie.

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator