Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Monday, April 13, 2009

Zuma, jou ou Satirikus!

Die DA is 'n party wat die meeste kiesers se intelligensie darem erg onderskat. Die DA verkondig hoeka dat, om vir 'n kleiner party te stem, glo daarop sou neerkom dat jy jou "stem sal mors" (sic.)

Dít lieg die DA openlik in sy advertensies terwyl die party baie goed weet dit is nie waar nie. Suid-Afrika se kiesstelsel is gebaseer op proporsionele verteenwoordiging. Met ander woorde, al kry 'n party nie die meerderheid stemme nie, tel jou stem steeds omdat die totale aantal stemme wat Party X kry, en nie oorwinnings in spesifieke gebiede nie, sy aantal setels in byvoorbeeld 'n stadsraad of die Parlement sal bepaal.

Jou stem word dus nie gemors nie, behalwe in uiterste gevalle waar die party waarvoor jou stem só klein en onbenullig is dat hy geen setel kan kry nie. Jy kan egter met veiligheid vir, kom ons sê maar, die UDM stem, want hy is groot genoeg om wel in die Parlement verteenwoordig te wees.
Ek is seker die meeste ingeligte kiesers vind hierdie blatante liegspul nie net oneerlik nie, maar ook inderdaad beledigend. Dat die DA, wat self van beter weet, jou en my so kan onderskat met hierdie liegspul is darem nou maar net te erg!
Met bostaande liegspul in gedagte, lag ek my nou vrek vir ou Jacob se skreeusnaakse satire op ou Botoxzilla en kie. In hierdie toespraak het Zuma PRESIES die DA se eie liegspul herhaal, maar dié keer van toepassing op die ANC gemaak.
Ek wil my verstout om te spekuleer dit was juis so 'n bietjie tong in die kies, om bietjie die draak met die DA se leuens te steek, want sy keuse van woorde was darem nou maar net eenmaal te eners as die DA s'n vir dit om nie 'n lekker stukkie satire te wees nie.

Ek het dit al voorheen geskryf: dink wat jy wil van Zuma en die klagtes teen hom (en ek het al voorheen heelwat te velde getrek oor hom as 'n korrupte politikus), maar hy is nietemin in politieke terme ligjare voor die voormalige Weeping Winnie, Botoxzilla, iemand wat self in die vorige bedeling erg geagiteer het vir 'n swart regering as lid van die Black Sash, maar deesdae kliphard tjank juis toe sy dít gekry het waarvoor sy gevra het.

Lekker gerieflik, nie waar nie? Jy baklei om iets af te breek, maar wanneer jy presies kry waarna jy soek, maak jy asof jy die onskuld vanself is. Baie soos ou Max du Preez, self 'n stuurman wat aan wal gestaan het en wat destyds net so gemoun, gekak en gekerm het, maar deesdae ewe hard skree oor die ramp wat hy en Botoxzilla self regstreeks gehelp het om oor ons te bring.

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator