Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Monday, April 6, 2009

Zuma is los maar nie vry nie

Alistair Sparks, die veteraan-koerantman, het maande gelede al 'n interessante waarneming oor die Zuma-geval gemaak. Hy het gespekuleer oor wat sou gebeur as die saak teen Zuma wel laat vaar sou word.
 
Kom ons veronderstel iemand skryf die volgende openlik en as 'n feit in 'n nasionale koerant: "Zuma is korrup en 'n misdadiger." Publiseer daardie aantyging oor die meeste ander persone, en jou koerant staar 'n eis vir laster in die gesig.
 
Dis egter nie die geval met Zuma nie, wys Sparks uit. Jy kan 'n saak van laster wen as die aantyging teen jou nie waar is nie, of as dit nie in die openbare belang is nie en derhalwe privaat is. Dis duidelik in die openbare belang om te weet of Zuma wel korrup is, en dus kan Zuma slegs op grond van die eersgenoemde probeer om 'n lastersaak te wen.
 
Die probleem is hy kan onmoontlik nie, of, meer akkuraat, hy durf eenvoudig nie eens probeer nie. Hy sou in die hof moes gaan bewys dat hy nie 'n korrupte verhouding met Shaik gehad het nie, en dat hy nie miljoene op 'n korrupte wyse verkry het nie. Gegewe die oorweldigende getuienis teen hom, is dit 'n uitgemaakte saak dat hy dit nie sal regkry nie. Dit sou neerkom op 'n bekentenis van skuld vir Zuma om iemand vir laster te wil dagvaar.
 
Gevolglik is Zuma in die onbenydenswaardige posisie dat hy as staatshoof herhaaldelik en na willekeur uitgekryt sal kan word as 'n misdadiger. The Star kan elke liewe dag 'n 15-cm opskrif op sy voorblad publiseer wat skreeu: "Our president is a scumsucking criminal" of "Corrupt president marries another wife" en daar is nie 'n ding wat Zuma binne die wet daaraan sal kan doen nie.

 

No comments:

Post a Comment

free counters Afrigator