Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Tuesday, May 5, 2009

Waarom benadeel die ANC sy eie kiesers?

Die Dinaledi-stigting, onder die voorsitterskap van Steve Biko se eertydse
minnares, Dr Mamphela Ramphele het onlangs 'n kongres gehou waartydens
toekomsscenario's vir Suid-Afrika bedink is, soortgelyk aan dié wat Clem
Sunter in die verlede gedoen het.

Die uitkoms van die kongres was ook soortgelyk aan Clem Sunter se "High road
/ Low road" tipe voorspellings, met ander woorde 'n optimistiese, neutrale
en pessimistiese scenario. Een van die sleutelfaktore vir sukses wat
geïdentifiseer is, is 'n beklemtoning van die belangrikheid van onderwys en
onderrig.

Dit is 'n bewese feit dat klasgroottes 'n sleutelrol speel om akademiese
sukses te bepaal. Sodra 'n klas hier by veertig leerlinge en meer trek,
begin die wiele afkom. Die onderwyser kan nie meer dissipline handhaaf nie.
Sy kan nie meer indiwiduele aandag aan die leerlinge gee nie. Suid-Afrika is
egter alreeds die ontwikkelende land wat die grootste proporsie van sy BBP
op onderwys spandeer.

Op 'n ander kongres, die vakbond-organisasie UASA s'n, wat amper
terselfdertyd plaasgevind het, het die ekonoom Mike Schussler skoksyfers oor
onwettige immigrasie bekendgemaak. Suid-Afrika se bevolking se natuurlike
aanwastempo is tussen 30,000 en 40,000 nuwe geboortes per maand. Niemand
weet presies hoeveel onwettige immigrante die land binnestroom nie, maar
Schussler reken dis enige iets van 80,000 opwaarts per maand. Onwettige
toestroming verdwerg dus die natuurlike bevolkingsaanwas.

Daardie onwettiges is oorwegend jonk. Hulle gaan ook kinders saambring, of
op Suid-Afrikaanse bodem voortplant. Daardie onwettiges se kinders gaan
langs wettige Suid-Afrikaanse burgers in oorvol klaskamers sit, en sodoende
die kanse van Suid-Afrikaanse burgers op 'n ordentlike opleiding vernietig.
Daardie kinders en onwettiges gaan met armes meeding vir behuising, onderwys
en mediese sorg. (Is ons verbaas dat die wettiges die Amakwere-kwere wil
vermoor?)

Die einste wettige armes is egter die ANC se stemvee.

Waarom, o waarom, tree die ANC dan lynreg téén sy eie kiesers se belange op?
http://jv.news24.com/Beeld/Opinie/Hoofartikels/0,,3-2085-65_2511555,00.html
Die besluit om die grense oop te gooi vir Zimbabwiërs en vermoedelik ook die
600 miljoen armes in die res van Afrika, kom neer op 'n doelbewuste
verarming van die ANC se eie kiesers, en verteenwoordig 'n verwoesting van
sy eie kiesers se toekoms.

Monday, May 4, 2009

Die VF+ en die toekoms

Dit is uiteraard maklik om vingers te wys na die VF+ n.a.v. sy vertonings by die stembus sedert 1994. Waarom verkies 'n groot meerderheid Afrikaners om eerder te stem vir 'n party wat deur nie-Afrikaners gelei word en wie se beleidsrigtings meestal 'n blote na-apery van die ANC s'n is, naamlik die DA? Ons kan gerieflikerwys probeer om die VF+ se leierskap te blameer, maar die beste stuurmanne staan hoeka mos aan wal.

Kom ons wees dus meer positief. As jý die VF+ moes adviseer, watter raad sou jy die VF+ wou gee? Hoe kan dít wat die VF+ aan die kieser bied, meer markgerig word?

As ek deur die VF+ aangestel sou word om strategiese leiding te gee, wat sou my raad wees?

Daar is drie groot probleme wat ek (en ek is kennelik 'n ondersteuner van die VF+ by die stembus) raaksien. Dié probleme is:

1) 'n Dubbelsinnigheid in die party se boodskap en ideologie;

2) nie genoeg differensiasie tussen die VF+ en ander partye nie;

3) 'n gebrekkige of onuitvoerbare visie.

Bostaande probleme is verwant aan mekaar, en dikwels is een of meer 'n gevolg van die ander.

My eerste beleidsverandering sou dus wees om die dodelike dubbelsinnighede in die VF+ se boodskap nekom te draai. Hier is 'n voorbeeld: die VF+ is glo ten gunste van transformasie, maar nie die manier waarop dit toegepas word nie. Daardie boodskap is dubbelsinnig en verwarrend, en ook toevallig presies wat Cope of die DA sê. Dit onderskei nie die VF+ van die ander nie.

Die meeste blankes, myself inkluis, haat regstellende aksie egter met 'n passie, en sien dit aan vir die rassisme wat dit is.

Beleidsvoorstel nommer een, dus: hou op om louwarm te wees. Regstellende aksie en transformasie is anti-blanke rassisme, en moet onverbiddelik beveg word. Sê dit hardop en sê dit herhaaldelik. Suiwer en vereenvoudig die party se ideologiese boodskap, dus.

Beleidsvoorstel nommer twee, wat ook te make het met dubbelsinnigheid: Die VF+ se webwerf praat steeds oor 'n volkstaat in die Noord-Kaap, maar geen partyleier sal waag deesdae om dit nog hardop in die openbaar sê nie. Is Orania en die volkstaat daar steeds amptelike VF+-beleid, vra die verwarde kieser soos ek myself af?

Raak dus ontslae van Orania, die albatros om die VF+ se nek. Blankes gaan eenvoudig nie uit hetsy Kaapstad, hetsy Pretoria-Oos, na Orania verhuis nie. Orania was of is kennelik 'n interessante eksperiment, maar dit het ongelukkig nie gewerk nie. Al wat dit tans doen, is om vir die VF+ 'n verleentheid te skep.

Beleidsvoorstel nommer drie, wat gekoppel is aan Orania: besin oor wat die woord "vryheid" in die naam VF+ in praktiese terme beteken, as dit dan nie 'n volkstaat in die Noord-Kaap is nie. Indien "vryheid" nie vryheid vir Afrikaners van uitheemse volke se dwingelandy beteken nie, hoe differensieer die VF+ homself dan van die DA, as Cope, die VF+ en DA almal sê hulle is lojale Suid-Afrikaanse partye, verbind tot die begrip van multikulturalisme en 'n reënboognasie?

Dit is hier waar die party se visie ook ter sprake kom.

Vir my beteken vryheid 'n paar dinge. Een is dat ek as Afrikaner vry wil wees van 'n Zimbabwe-lot wat Suid-Afrika in die toekoms gaan tref, en alreeds in proses is. Dit beteken ook dat ek nie onder die heerskappy of dwingelandy van vreemde volke wil verkeer nie, insluitende onder Engelse dwingelandy soos Helen Zille s'n. Ek wil geregeer en geadministreer word deur Afrikanerpolitici en -staatsamptenare en my belasting aan 'n Afrikanerregering betaal, belasting wat aan mý belange bestee moet word.

Dus: die "vryheid" in VF+ beteken vir my 'n visie van regering deur Afrikaners, oor Afrikaners, vir Afrikaners.

Die gevolg hiervan sal wees dat Afrikaners nie in die onafwendbare Afrikalot wat die meeste lande ná Oehoeroe tref, en ook Suid-Afrika se voorland is, hoef te deel nie.

Hoe voltrek mens daardie visie? Indien dan nie 'n Orania-volkstaat nie, wat dan? Ek sou sê die visie behoort gebou te word op aanvanklike selfbeskikking binne die grense van Suid-Afrika, met 'n model geskoei op die Baske of Palestynse Owerheid s'n.

Dit behels met ander woorde 'n owerheid vir Afrikaners, maar sonder aanvanklike territoriale afstigting. Dit sou beteken dat Afrikaners ons eie owerheid verkry, die AO, wat magte het om byvoorbeeld 'n eie polisiemag daar te stel, om staatsdiensfunksies vir Afrikaners te vervul en waaraan Afrikaners belasting sal betaal.

Die uiteinde van bostaande proses sal wel territoriale selfbeskikking wees, in een of meer geografiese gebiede, wat byvoorbeeld 'n deel van die Wes- of Suid-Kaap of Pretoria kan insluit.

Bostaande sou 'n enorme differensiator tussen die VF+ en die DA wees. Die DA sou dan dié blanke en bruin party wees wat aspirasies het om die hele Suid-Afrikaanse reënboognasie te regeer, terwyl die VF+ hom vir ware Afrikanervryheid sal beywer, en op Afrikaners sou toespits. Dit maak die VF+ onbeskaamd pro-Afrikaner, en pro-vryheid, in die letterlike sin van die woord, iets wat geen ander party is nie.

Dit is ook 'n duidelike en uitvoerbare visie; die groot gros Afrikaners hoef nie te verhuis nie, maar kan wel oor hulself regeer. Weer eens, daar is internasionale presedente. Die Palestyne op die Wesoewer woon in 'n gebied wat deur Israel beset word, maar het nietemin hulle eie owerheid. Dit kort weliswaar visie en die politieke wil, maar is dit nie wat 'n politieke party behoort te verskaf nie?

Ter opsomming: alhoewel ek nie persoonlik dink die VF+ hoef in sak en as te sit nie, is daar duidelik 'n probleem in dié sin dat die party nie daarin slaag om die steun wat hy verdien onder Afrikaners te verkry nie.

Die VF+ kan óf op sy huidige koers bly voortgaan en in die volgende verkiesing weer 150 000 of minder stemme kry, óf hy kan himself omvorm in 'n party wat 'n dinamiese en helder visie het en hom onderskei van al die ander ANC-Lites soos Cope of die DA. Die VF+ kan 'n party word wat werklik aanklank by Afrikaners vind.

Dit sal weliswaar 'n geweldige paradigmaskuif (om nou 'n cliché te gebruik) en politieke moed van die party vereis, maar die alternatief is om op die huidige frustrerende wyse voort te ploeter na 'n onsekere toekoms, met Afrikaners wat ons lot toenemend by 'n Engels-gedomineerde party gaan ingooi.

Sunday, April 26, 2009

Die grootste raaisel van 2009 se verkiesing

Daar is verskeie raaiselagtige vrae rondom die 2009 algemene verkiesing.

Watter grootte bra dra Jacob om sy "man tits" in bedwang te hou?

Gaan die nuwe premier van die Weskaap Grootte Schuur in 'n hospitaal vir kosmetiese sjirurgie omsep?

Is Kenneth Meshoe heimlik iemand soos J. Edgar Hoover, wat vrouens se onderklere dra?

Die mees tergende raaisel van almal het hom egter in Orania afgespeel. Die ANC het drie stemme in Orania gekry. Wie was hulle? Het Orania 'n gestig en kon sy inwoners miskien ook stem?

Thursday, April 16, 2009

Oopplankantore suig

Ek is nou al vir lank iemand wat op projekte op kontrak doen. Kliënte is uiteraard nie oorgretig om ordentlike kantoorspasie aan eksterne kontrakteurs af te staan nie, dus is ons voorland oopplankantore met raap-en-skraap meubels. Ek gebruik die term "kantoor" baie vryelik in hierdie verband. Dis dikwels meer 'n pakhuis of die mees ongerieflik-geleë oop ruimte waar niemand anders wil sit nie.

Dit suig om in 'n area te sit waar jy nie eens jou internetbankwerf kan oopmaak sonder dat jou buurman oor jou skouer loer en kyk hoe sleg jou oortrokke fasiliteit tans daar uitsien nie. Dit is ook nogal intimiderend om dag in en dag uit regoor iemand te sit en in sy gevreet te moet vaskyk - ons IT ouens is hoeka sulke onaansienlike tipes.

Dis een van daai dinge is waarmee mens maar moet saamleef, nl dat jy nes 'n Suid-Afrikaanse blanke 'n tweedeklasburger is in die sg Reënboognasie met sy enkele swart kleur in sy spektrum, ook 'n tweedeklasburger is omdat jy 'n eksterne kontrakteur is. Daar is egter ook diegene wat 'n slegte situasie nog erger maak. Daar is 'n paar spesies wat oopplankantore waarlik onuitstaanbaar maak.

1. Sarie Seertiet, wat heeldag en aldag op die foon lê en kla oor haar mediese iepekonders, of wat haar huis probeer verkoop en sukkel met die agente. Dit kom nie by haar op om te werk aan die werkgewer se dinge nie.

2. Albert Afvalkoker, wat daagliks kos met geweldige hoeveelhede knoffel in werk toe bring, wat hy in die mikrogolf gaarmaak en dan die ganse plek daarna maak stink.

3. Pietie Projekbestuurder, wat telkens luidrugtige vergaderings hou reg langs jou lessenaar, wat uiteindelik so steurend word dat jy maar eerder opstaan en iewers anders gaan sit, want jy kan eenvoudig nie konsentreer op jou eie werk nie.

4. Stefaans Sluiper. Hy dink omdat jy in 'n oop area sit, jy onmiddelik en altyd beskikbaar is, maak nie saak hoe besig jy is nie. Hy sluip van agter af op jou af en begin dan summier 'n gesprek met jou, tydig en ontydig. Sodoende breek hy jou gedagtegang en konsentrasie, en vat dit jou 10 minute om weer tot verhaal te kom, maar helaas, dan het Pietie Projekbestuurder nog 'n vergadering langs jou begin.

Mense wat gelukkig genoeg is om hulle eie kantore by die werk te hê, of selfs ordentlike partisies tussen hulle lessenaars, het geen idee hoe gelukkig hulle is nie.

Monday, April 13, 2009

Zuma, jou ou Satirikus!

Die DA is 'n party wat die meeste kiesers se intelligensie darem erg onderskat. Die DA verkondig hoeka dat, om vir 'n kleiner party te stem, glo daarop sou neerkom dat jy jou "stem sal mors" (sic.)

Dít lieg die DA openlik in sy advertensies terwyl die party baie goed weet dit is nie waar nie. Suid-Afrika se kiesstelsel is gebaseer op proporsionele verteenwoordiging. Met ander woorde, al kry 'n party nie die meerderheid stemme nie, tel jou stem steeds omdat die totale aantal stemme wat Party X kry, en nie oorwinnings in spesifieke gebiede nie, sy aantal setels in byvoorbeeld 'n stadsraad of die Parlement sal bepaal.

Jou stem word dus nie gemors nie, behalwe in uiterste gevalle waar die party waarvoor jou stem só klein en onbenullig is dat hy geen setel kan kry nie. Jy kan egter met veiligheid vir, kom ons sê maar, die UDM stem, want hy is groot genoeg om wel in die Parlement verteenwoordig te wees.
Ek is seker die meeste ingeligte kiesers vind hierdie blatante liegspul nie net oneerlik nie, maar ook inderdaad beledigend. Dat die DA, wat self van beter weet, jou en my so kan onderskat met hierdie liegspul is darem nou maar net te erg!
Met bostaande liegspul in gedagte, lag ek my nou vrek vir ou Jacob se skreeusnaakse satire op ou Botoxzilla en kie. In hierdie toespraak het Zuma PRESIES die DA se eie liegspul herhaal, maar dié keer van toepassing op die ANC gemaak.
Ek wil my verstout om te spekuleer dit was juis so 'n bietjie tong in die kies, om bietjie die draak met die DA se leuens te steek, want sy keuse van woorde was darem nou maar net eenmaal te eners as die DA s'n vir dit om nie 'n lekker stukkie satire te wees nie.

Ek het dit al voorheen geskryf: dink wat jy wil van Zuma en die klagtes teen hom (en ek het al voorheen heelwat te velde getrek oor hom as 'n korrupte politikus), maar hy is nietemin in politieke terme ligjare voor die voormalige Weeping Winnie, Botoxzilla, iemand wat self in die vorige bedeling erg geagiteer het vir 'n swart regering as lid van die Black Sash, maar deesdae kliphard tjank juis toe sy dít gekry het waarvoor sy gevra het.

Lekker gerieflik, nie waar nie? Jy baklei om iets af te breek, maar wanneer jy presies kry waarna jy soek, maak jy asof jy die onskuld vanself is. Baie soos ou Max du Preez, self 'n stuurman wat aan wal gestaan het en wat destyds net so gemoun, gekak en gekerm het, maar deesdae ewe hard skree oor die ramp wat hy en Botoxzilla self regstreeks gehelp het om oor ons te bring.

Saturday, April 11, 2009

'n Stem vir Zille is pateties

Teen die agtste eeu ná Christus was die Arabiese beskawing op sy hoogtepunt. Tot vandag toe gebruik ek en jy Arabiese konsepte soos hul Arabiese syfers; 0,1,2,3,4 ensovoorts, iets wat ver superieur teenoor Romeinse syfers is. Ons gebruik ook algebra – laasgenoemde is uiteraard volledig 'n Arabiese term, en sentraal aan die vak wiskunde in matriek asook wiskunde voorgraads op universiteit.


Dit is geen oordrywing nie om te skryf dat die Arabiere van die agtste eeu nC ons Westerlinge vêr vooruit was.


Een van die mooiste terme wat ek op universiteit geleer het, in Opmeetkunde 301, was die Arabiese woord "nadir", wat beteken die "laagtepunt." Nadir is 'n Arabiese woord, nes die term "algebra", of die ster se naam "Aldebaran" – in Afrikaans "die oog van die bul", 'n ster in die sterrebeeld Taurus.


Ek is oortuig dat Afrikaners se grootskeepse stemmery vir Helen Zille die nadir – die laagtepunt - van Afrikanertrots beteken – die grootskeepse abdikasie van Afrikanertrots. Zille is blatant en radikaal anti-Afrikaner.


Soos ene Gerhard op Litnet uitwys, is Zille van Joods / Duitse afkoms. Zille is 'n Duits-Joodse-Engelse-Xhosaspreker (let op die totale gebrek van enige Afrikanerherkoms.) Zille het saam met haar mede-Jode en Engelse liberale gedemonstreer téén die vorige bedeling; iets wat kennelik ingepas het by die Black Sash (Zille was 'n vooraanstaande lid van die Black Sash), 'n radikale, Marxistiese beweging wat Afrikaners as hulle geswore vyand beskou het.


Zille is met ander woorde totaal en al 'n volksvreemde entiteit, veral met haar Duits-Joodse herkoms, haar vlot Xhosa en haar getoyi-toyi wanneer die gehoor haar geliefde swart Xhosas is. Vra uself: is dit nie vreemd dat Zille so oorgretig is om Xhosa uit haar mond te laat spu nie, maar helaas nie spontaan uitbars in Steve Hofmeyr se lirieke as haar gehoor Afrikaners is nie? Dit gebeur egter eenvoudig nie; Zille sal nie dood gesien word by 'n Boeremusiek-uitvoering, of by 'n Steve Hofmeyr-konsert nie.


Nee; Zille is uit en uit 'n Joods-Engelse-liberaal, iemand wat op dees aarde niks met Afrikaners in gemeen het nie. Sy is van die soort wat erg op Afrikaners neersien, en haar dood sou gril om met ons te assosieer. Nietemin, en tot Afrikaners se ewige skande, kies ons om vir Zille te stem, ipv die veel meer bedrewe Afrikanerpolitikus, Dr Pieter Mulder en sy VF+.


Wat ons waarlik pateties maak, wat die nadir van Afrikanertrots verteenwoordig, is dat sowat 80% van alle Afrikaners juis vir Zille se DA stem in verkiesing ná verkiesing. Hoe leierloos, hoe identiteitsloos kan ons wees, as die Duits-Joodse Zille met haar Black Sash-agtergrond wragtig die beste keuse vir ons by die stembus kan wees? Wat het van Koos de la Rey, Paul Kruger en Andries Pretorius geword, as Zille waaragtig die beste is waarmee ons vorendag kan kom?


'n Stem vir haar is 'n hartseer bekentenis. 'n Bekentenis dat ons 'n grootskeepse gebrek aan leierskap ervaar, dat daar waaragtig nie eens één Afrikaner is wat sy eie volk kan lei nie.
Ek stem veel eerder vir hetsy die beskaafde Afrikanernasionalis Mulder, hetsy die swart nasionalis Zuma, as wat ek vir die Duits-Joodse, volksvreemde Zille stem, met haar Engels-liberale, anti-Afrikaner filosofie stem.

Thursday, April 9, 2009

Piskrieke en die geldkrisis

Hoe meer ek daaroor dink, hoe meer kom ek onder die indruk dat die huidige geldkrisis eintlik 'n noodsaaklike korreksie is. Die pyn wat ons verduur, is nodig om die huidige malligheid met oordrewe pryse tot sy sinne te bring.

'n Paar weke gelede dra Rapport se Sakeblad byvoorbeeld 'n berig oor 'n nuwe model Toyota Corolla. Dié voertuig het glo heel nuwe tegnologie in sy 1300cc enjin, wat hom soortgelyke werkverrigting as sy 1400 voorganger gee. Die Corolla het allerhande fênsie tegnologie en rekenaars aan boord.

Als goed en wel, maar daar is 'n problem, en die berig hierbo merk dit ook op. Van die 1.3 modelle in die Corolla reeks kos nie minder nie as 'n allemintige R195,000. Honderd vyf-en-negentig duisend rand, vir 'n piskriek met 'n 1300cc kragbronnetjie!

Kom ons dink in ander terme daaroor: die huidige Satawu-staking eis 'n minimumloon van sowat R6000. Hoe lank moet 'n vragmotorbestuurder ná belasting werk om 'n Toyota soos hierdie te kan koop? Dis R195,000 / R5,000 per maand, oftewel 39 maande, meer as 3 jaar, en dit sou beteken dat hy geen kos, klere, water of enige iets anders kon koop vir daardie tydperk nie. Dis uiteraard onmoontlik.

R195,000 is kortom totaal en al uit verhouding met die intrinsieke waarde van 'n 1300cc piskriek.

Nie net is Toyota-piskrieke se prys glad nie rasioneel nie, maar ook baie ander items s'n. Doodgewone woonhuise kos deesdae maklik R1.5 miljoen. Hoe lank sal die vragmotorbestuurder hierbo genoem moes werk om so 'n woning te kan koop? Antwoord: sowat 25 jaar, sonder om te eet of enige ander uitgawes aan te gaan. Ook gans en al onrealisties.

Aan die ander kant huil en kerm die einste vervaardigers van die 1300cc piskriek, Toyota, dat hulle mense moet afdank en dat hulle verkope met 30% geval het, en verwag van die belastingbetaler om hulle basse te red.

Ek is jammer vir die mense wat hulle werk verloor het, maar die regstreekse oorsaak van die probleem is die gierigheid van die vervaardigers (en van bankiers, supermarkte, kleremakers, noem maar op.) Waarom moet ek en ander belastingbetalers opdok? Sodat Toyota se base vir hulself nog 'n huis of wat in Monte Carlo kan gaan koop?

Ek praat nie eens hier van die obsene gierigheid van Wall Straat en ander bankiers nie, wat Toyota se R200k piskrieke na winskopies laat lyk.

Pynlik soos dit vir ons almal is, gaan die huidige krisis hopelik sorg dat goedere en dienste se waardes na meer realistiese en volhoubare vlakke sal daal.

free counters Afrigator