Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Monday, March 30, 2009

Pleeg selfmoord as jy regtig iets vir die aarde wil doen

Ek is heel skepties oor inisiatiewe soos die Earth Hour van die pas afgelope Saterdag. Iets soos die Earth Hour het blote simboliese waarde, vir 'n hele aantal redes.

Een is dat beligting slegs sowat 10% van alle elektrisiteit in Suid-Afrika verbruik. Veel groter verbruikers soos aluminiumsmelters het nie, sover ek weet, hulle oonde afgeskakel nie. Tweedens is Earth Hour nie iets wat genoeg herhaal kan word om 'n groot impak te kan maak nie. Dis nie realisties om van mense te verwag om elke tweede aand vir 'n uur in die donker te moet sit nie.

Die hele groen-beweging is te politiek-korrek om die ware oplossing vir die aarde se omgewingsprobleme aan die hand te doen. Daar is nie te min elektrisiteit of hulpbronne nie. Daar is wel te veel mense wat te veel hulpbronne opgebruik en in die proses te veel besoedeling skep. Ek het gegrap oor selfmoord in die titel (moet nou asseblief tog net nie gaan slaappille drink agv my voorstel nie), maar daar is nietemin groepe wat dit ernstig as 'n alternatief voorhou.

Die ware oplossing vir besoedeling en omgewingsprobleme is 'n einde van die oorbevolking  van die spesie Homo Sapiens dmv radikale geboortebeperking, veral in die Derde Wêreld (die ontwikkelde wêreld se geboortekoers is, uitgesonderd immigrasie, alreeds negatief.)

China het die weg gebaan hiermee met sy een kind per gesin beleid. Die een gróót guns wat jy die aarde kan doen, is om nie voort te plant nie, of, as jy moet, slegs een kind te hê. Elke Amerikaner produseer byvoorbeeld sowat 24 ton koolstofdioksied per jaar, oftewel sowat 170 ton CO2 oor sy leeftyd. 'n Amerikaner vereis ook 9.4 hektaar se landbougrond om sy vetsug in stand te hou. Dink net hoe bly sal Moeder Aarde wees as jy verantwoordelik optree.
 
Die heel, heel beste ding wat jy dus kan doen om die aarde te red, is om voorbehoedmiddels pligsgetrou te gebruik, en om ander mense ook aan te moedig om nie soos hase aan te teel nie.
 

Tuesday, March 24, 2009

Is die taxibestuurders te blameer?

Taxibestuurders is nie juis die gewildste landsburgers op die oomblik nie, veral nie ná vandag se kaskenades in Johannesburg en Sandton nie.

Die ou cliché lui egter dat daar g'n so 'n ding is soos 'n slegte kind nie – daar is bloot slegte ouers. My mening is dat presies dieselfde geld mbt taxibestuurders. Taxibestuurders is myns insiens blote kinders, wat die slegte voorbeeld van hul ouers (miskien is die Engelse "elders" meer akkuraat in die konteks) navolg.

Ons almal, ek inkluis, vererg ons weliswaar daagliks vir die wettelose taxibestuurders. Ek het 'n broertjie dood daaraan as ek in die verkeer moet vassit, maar Sipho die taxibestuurder beskou homself as bo die gereg verhewe, en Sipho skiet verby my in die noodlaan.

Die vraag is egter: wie se faling is dit? Wie moet blameer word as Sipho geen ontsag vir die reëls koester nie? Is dit uitsluitlik die skuld van taxibestuurder self?

Ek glo nie. Ja; daar is 'n element van minagting vir gesag in taxibestuurders se eie geledere, maar ek dink dis veral 'n mislukking in hulle leierskap, en veral 'n faling in leierskap vanuit die swart gemeenskap.

Die provinsie met die laagste moord- en verkragtingsyfer is Limpopo. Dis ook die naas-armste provinsie. (Daar gaat die mite van armoede wat glo misdaad veroorsaak, terloops.)

Limpopo is egter juis dié provinsie met die sterkste tradisionele leierskap. Toe ek in die weermag was, het ons met die kgosi, die hoofmanne, gaan onderhandel om hulle rammetjie-uitnek jong mans in die bek te ruk, iets wat baie effektief gewerk het. Daar was kennelik jong bokke wat 'n paar houe lyfstraf moes deurmaak, maar dit was terapeuties in baie gevalle. Daar was en is steeds grotendeels orde binne tradisionele gemeenskappe in die Noord-Transvaal.

Daardie model van respek vir ouer mense het egter totaal gedisintegreer in stedelike gebiede. In 'n plakkerskamp gaan dit soos 'n wafferse aksepbank op Wallstraat: elke man vir homself en die duiwel vir die res. (Die groep wat ek tans meer minag as taxibestuurders, is daai bankiers wat kranksinnige risiko's geneem het met ons almal se geld...)
Al wat taxibestuurders doen, is om die gebrek in swart leierskap tot hulle voordeel te misbruik. Presies nes 'n bankier wat die vakuum aan regulasie oor verskansingsfondse tot eie voordeel misbruik het. Hulle optrede spreek bloot van opportunisme in 'n leierskapsvakuum.


'n Groot deel van die blaam vir taxibestuurders se anargistiese gedrag berus myns insiens by hulle eie leierskap (die taxiverenigings) se tekortkominge, tweedens by die wetstoepassers, maar derdens veral by die voorbeeld wat veral swart politieke leiers aan hulle stel.

Eerstens is die groot meerderheid eienaars van taxi's sinies en geldgierig. Die eienaars van taxi's (en ek dink veral hier aan Chinese eienaars) dwing die bestuurders om onrealistiese teikens na te jaag; om onrealistiese aantalle passasiers daagliks te probeer vervoer.

Tweedens is daar geen politieke wil aan die kant van die wetstoepassers om taxi's, of inderdaad selfs gewone misdaad, in die bek te ruk nie. Die getransformeerde polisiemag se doelwit is dikwels selfverryking, en wetstoepassing suig aan die agterspeen. Die bevelvoerder van die Wesrandse georganiseerde misdaadtak is byvoorbeeld tans in hegtenis, omdat hy en sy kapteins gekonfiskeerde dwelms aan misdaadbendes verkoop het.

Dis egter die swart leierskap in die hoogste echelons van die Suid-Afrikaanse samelewing wat volledig daarin misluk om 'n goeie voorbeeld te stel. As die volgende president 'n korrupte veelwywer gaan wees, as die nommer 5 op die ANC se lys van nasionale kandidate 'n veroordeelde ontvoerder en bedrieër is, hoe kan enige leier binne die ANC opstaan en die taxigeweld wat vandag plaasgevind het, met enige geloofwaardigheid veroordeel?

Watter morele gesag het die minister van vervoer, Jeff Radebe, dus om enige oordeel oor 'n taxibestuurder te fel, as sy eie party so fundamenteel korrup en misdadig is?

Is die Taliban die VF+ se probleem?

'n Persoon het vandag 'n brief aan die Praag-poslys deurgestuur wat die punt hiernaas gemaak het. Dit was met verwysing na die komende verkiesing, 'n volkstaat en die VF+ se aanspraak op dié party se sterk Christelike karakter.

"Al my vriende is Afrikaners, en sommige van hulle is Christene. Nie een van hulle ondersteun 'n volkstaat nie. Waarom nie? Omdat hulle almal (insluitende die Christene) bang is so 'n staat word maar net nog 'n agterlike Iran-tipe teokrasie wat met 'n ysterhand deur 'n klomp kwaai omies met Bybels en karwatse regeer word."

Ek het soortgelyke sienings as die een hierbo al heelwat kere aangehoor. Ek moet bieg dat Afrikaner-organisasies aan die meer konserwatiewe kant van die spektrum onsself dikwels oopmaak vir daardie soort kritiek.

Só byvoorbeeld skryf Louis van der Schyff van die HNP die volgende in 'n brief aan Beeld: "Die Grondwet is 'n nie-Christelike Grondwet, erken nie die oppergesag van die Drie-enige God nie, is 'n oorlogsverklaring teen die wit mense van Suid-Afrika, dit vereer terroriste ("diegene wat gely het vir geregtigheid en vryheid"), erken die ongeregtighede van die verlede (met ander woorde val apartheid aan), die wit mense word as misdadigers uitgekryt en diskriminasie teen wit mense word goedgekeur – dit alles in die Grondwet."

Ek is dit met hom eens oor baie van die bostaande, maar let weer eens op dít wat heel vooraan staan: 'n klagte dat die Grondwet nie-Christelik van aard is. Volg dit dus dat 'n Grondwet wat wel Christelike beginsels eerbiedig, die ander probleme ook sal aanspreek, bloot omdat dit Christelik van aard is?

Wie se soort Christenskap, moet mens dan noodwendig vra? Die APK s'n maar nie die NGK of, les bes, die ZCC s'n nie? Wat van Jacob Zuma (glo "the black Jesus") se aanhangers se soort Christenskap en waardes – sou die HNP dáárvoor te vinde wees, as dit in die Grondwet sou voorkom?

Ek gun en respekteer mense se persoonlike geloofsoortuigings, maar ek kan wel goed verstaan waarom die briefskrywer hier heel bo aangehaal, sou dink dat die meeste regse bewegings en partye 'n Afrikaner-Taliban in gedagte het. Moontlik dink hulle die VF+ wil soos ons ma's wees in die ou dae, wat ons teen wil en dank Sondagskool toe maak gaan het.

Te oordeel aan die VF+ en HNP se sienings, uitsprake en verkiesingsplakkate, sou dit vergesog wees vir sommiges om te dink dat hulle beplan om te sorg dat die winkels toe, die TV af en die kerkdeure oop is op 'n Sondag? Wil hulle weer die sensorskap van ouds in die lewe roep en ons probeer keer om Triomf, Moltrein of die Freedom Charter te lees? (Of dan seker ook sommiges se gunsteling genre, die Loslyf.)

Afrikaners is, soos bykans alle Europeërs, egter besig om toenemend afvallig te raak van hulle geloof. Die meeste Afrikaners stem maar by verstek vir die DA, al steun die DA Pretoria se herbenoeming na Aapstad, en al is die DA ten gunste van regstellende aksie en transformasie.

Die VF+ is tans die enigste party wie se beleidsrigtings regstreeks spreek tot Afrikaners (en blanke Engelse) se belange, in teenstelling met die Engelswordende DA se liberale en toenemende reënboognasie-wollerigheid.

Ek wonder dus saam met die skrywer van die brief heel bo: Is veral die VF+ besig om hom blind te staar teen Christenskap, en mis hy sodoende 'n geleentheid om veel groter steun onder blanke kiesers te verkry? Sy ander beleidsrigtings verdien sekerlik meer steun as slegs 9% van alle blankes.

Kan die gebrek aan steun vir die regse partye spruit uit ander Afrikaners se vrese vir 'n herhaling van die Afrikaner-Taliban wat ons kleintyd geterroriseer het?

Monday, March 23, 2009

Wanneer wolf skaapwagter gemaak word

Die hoof van die Wesrandse Georganiseerde Misdaadtak, Senior Superintendent Dumisani Jwara (sonder twyfel 'n regstellende-aksie aanstelling wat sy pos agv sy velkleur beklee, ten koste van eerlike en beter gekwalifiseerde blanke polisielede), en twee van sy kapteins is betrap nadat hulle dwelms waarop die polisie voorheen beslag gelê het, aan dwelmbase verkoop het.

 

Bevordering wink ongetwyfeld vir sup. Jwara.
 

Wie weet; miskien word hy ook soos skout-adm. Khanyisile Litchfield-Tshabalala, nog 'n regstellende-aksie aanstelling, wat "in beheer" was van die Vloot se transformasieprogram (op sigself niks minder as 'n misdadige veldtog van etniese reigiging gemik teen blanke vlootlede nie), maar 'n skootrekenaar gesteel het en 'n hekwag aangerand het, met 'n bonus beloon vir sy moeite.

 

Selfs 'n pos in die parlement, indien nie die kabinet nie, kan moontlik wink, siende dat 'n kriminele rekord mens skynbaar uitstekend kwalifiseer as 'n ANC-politikus.

Sunday, March 22, 2009

Weer eens 'n sensasionalistiese berig oor ras in Rapport

Ek is nie 'n groot bewonderaar van die Universiteit van Stalinbos nie, veral nav die gebeure rondom die Woordfees enkele jare gelede.

Vandag het Rapport egter 'n sogenaamde "berig" op sy webwerf se hoofblad oor sogenaamde "rassisme" (sic) by die universiteit, wat in der waarheid niks van die aard is nie. Dit lyk egter as jy die opskrif lees, asof die ganse instansie een groot versameling Ku Klux Klan-lede is.

By nadere inspeksie blyk dit egter dat daar slegs twee klaers is en dat die ganse berig eintlik oor niks handel nie. Daar is geen rassesweer by die universiteit nie.

Een student is deur 'n groep mans aangerand, waarvan 2 toevallig studente was. Daar was egter enkele jare gelede 'n tandarts wat sy vrou vermoor het in Kemptonpark. Hy was 'n Tuks-gegradueerde. Volgens die Rapport se redenasie, sou alle Tuks alumni dus vrouemoordenaars wees?

Die ander klaer is 'n Rastafariër, jy weet, daai ouens met 'n geweldige parasietlading in hulle hare en wat gewoonlik met bolle ganjarook geassosieer word.

Hy is verbaas omdat die polisie hom telkens uitsonder om deursoek te word. Tog vreemd dat die polisie juis vir hom sal verdink van daggabesit, nie waar nie? Gans en al onverstaanbaar - vir 'n gestremde onder 2. Hoe op dees aarde het hierdie moroon toelating tot 'n universiteit gekry as hy nie verstaan dat daggarook is ten nouste verbind word met Rastafariërs nie? Nietemin word die ganse universiteit se beeld skynbaar agv die optrede van die polisie deur die rassekwas bygekom.

Bostaande is nie nuus nie - dis goedkoop sensasiesoekery, 'n berig oor niks nie. Dis die skryfwerk van 'n verveelde joernalis wat te lui is om regte nuus te gaan uitsnuffel.

Weer eens het ons 'n voorbeeld van die glyende standaarde van "joernalistiek" waaraan Rapport hom onder leiding van Liza Albrecht toenemend skuldig maak.

Tuesday, March 17, 2009

Wanneer die feite gevaarlik is

Leon Boshoff, die Leeus-rugbyspan se voorspeler-afrigter, is geskors agv beweerde "rassistiese" aanmerkings teenoor twee spelers. 

Ek het die Beeld se berig gelees oor sy skorsing, maar ek kan nie mooi verstaan wat sodanig rassisties sou wees aan sy opmerkings soos in Beeld aangehaal nie.

Boshoff het volgens die berig bloot gesê dat Earl Rose en Lawrence Sephaka dit nog ver sal bring agv hulle velkleur.

Wat is rassisties daaraan? Dit is bloot 'n feitelike stelling, een wat uitwys hoe miljoene swartes deur regstellende aksie bevoordeel word. Dis nie nuus vir enige iemand in Suid-Afrika nie; dis inteendeel regeringsbeleid. Dit gebeur elke dag, in elke staatsdepartement, onder andere. Is dit nie juis die bedoeling van regstellende aksie om anderskleuriges op grond van hul velkleur bo blankes te bevoordeel nie?

Waarom sou die maak van 'n feitelik-korrekte stelling Boshoff dus moontlik sy werk kos? Is dit op een of ander manier gevaarlik? Verbeel die bestuur van die Goue Leeus of die owerhede dat mense dit nie weet nie? Of mag slegs blankes nie uitwys dat die regering se beleid van regstellende aksie juis effektief werk nie?

Is omkopery 'n slagofferlose misdaad?

Clive Derby-Lewis se paroolaansoek is met koste van die hand gewys. Een van die groot redes hiervoor is dat Chris Hani, sy slagoffer, se familie by die paroolverhoor beswaar aangeteken het. 

As iemand 'n politikus omkoop, is daar 'n slagoffer wat onder die misdaad gebuk gaan? Ja, ek sou dink daar is derduisende of miljoene slagoffers. Omkopery vind plaas ten koste van ewewigtigheid en regverdigheid. Jy koop 'n politikus om juis met die gedagte dat jy onbehoorlike gunsies en gawes by hom kan bekom, tot die nadeel van andere wat ewewigtige behandeling hoort te kry.

Schabir Shaik het Zuma omgekoop.

Terwyl moord en omkopery nie heeltemal vergelykbaar is nie, is die beginsel wel. Ek en miljoene ander is slagoffers van hierdie omkopery - Shaik se maatskappy kon byvoorbeeld onregverdig ten koste van myne bevoordeel word in 'n tendersituasie.

Siende dat Hani se gesin insae gehad het in Derby-Lewis se parool, waar is MY reg om protes aan te teken teen Shaik se vrylating?

Die antwoord ken ons almal.

Die arrogante, sigaarrokende Shaik word parool op 'n skinkbord gegee, want hy is glo "dodelik siek" (sy mediese toestand word uiteraard "die lewe", ook bekend as 'n gestadigde dood, genoem.) Sy misdadige maatjie, die veelwywer TMNT-lookalike Zuma, word beloon met die presidentskap.

Derby-Lewis moet bly sit.

Some animals are a lot more equal than others...

free counters Afrigator